Friday, January 28, 2011
SECRETARIAT
SPELERS: Diane Lane, john Malkovich
REGIE : Randall Wallace
PUNTE : 5 UIT 10
Dit vertel die verhaal van een van die mees legandariese resiesperde van Amerika. Hierdie Disney rolprent is veilige, voorspelbare maar nogal vervelige gesinsvermaak. Iets skort met die rolprent, dis asof die fliek nie ‘n hartklop het nie. Daar is geen chemistry tussen die karakters nie. Alhoewel op die waarheid gebaseer sou meer verbeeldingryke regie die rolprent, wat die verhaal van vasberandenheid vertel, oemf kon gee. Nie skadelik nie, maar beslis nie onvergeetlik nie.
Thursday, January 27, 2011
SA CAN'T AFFORD ANOTHER SELEBI
(My letter in today's Pretoria News)
As the country’s law enforcement agency the SAPS should be seen championing law-abiding practices, upholding the rule of law and protecting citizens from all walks of life.
National Police commissioner General Bheki Cele should be a shining example of proper conduct. However, Cele is a disappointment and surely an embarrassment to the men and women he is supposed to lead. Three incidents prove my point:
•The prime focus of the police is to prevent and investigate crime. By calling a foreign suspect a murderous monkey, Cele illustrated his disregard for the separation of powers. He may investigate but not judge. With this unfortunate incident he brought the SAPS into disrepute, not only here but also abroad.
•Allowing senior officers in Gauteng to treat junior police officers as criminals after they ‘dared’ to confront Winnie Madikizela-Mandela after wreck less driving was shocking. Are we not all equal before the law? This incident can be resolved only by an independent investigation.
•Then there is the headquarters lease deal. The proper tender process was evidently not followed. Transparency and accountability is demanded from South Africa’s top cop, but he seems reluctant to comply.
Cele must be called to account. We cannot afford a second Jackie Selebi. Our reputation as a country will suffer.
Friday, January 21, 2011
KLEUR IS G'N FAKTOR BY DA-KANDIDAAT
(My brief in vandag se Beeld)
Bespiegeling oor die DA se burgemeesterskandidaat (DA moet dink oor 1ste burger, Beeld 20 Januarie) is geheel en al voortydig. Die lys van moontlike kandidate is nog nie eens gefinaliseer nie, laat staan nog die oorweging oor wie die geskikste kandidaat uiteindelik sal wees.
Die suggestie in die gemelde artikel dat die geskikte kandidaat se kleur of kulturele agtergrond ‘n bepalende faktor is, is misplaas.
Tradisionele DA ondersteuners se stempatrone word nie deur kleur gerig nie. Die enigste kriteria is dat ‘n kandidaat fit for purpose moet wees.
Stadsregering onder die DA moet tot die beste voordeel van al Tshwane se inwoners wees. Die inwoners se belange is dus wat oorweeg sal word.
Tuesday, January 18, 2011
ONS KORT MEER SOOS CARIN VISSER
(My brief in vandag se Beeld)
Wat Suid-Afrika kortkom is meer mense soos me Carin Visser van Noordwes. Sy verpersoonlik die twee keuses wat ons in hierdie land het.
Die een keuse is om te onttrek en jou heil te soek agter hoë veiligheidsmure weg van jou buurt, jou stad en jou land se probleme, . Ook genoem interne immigrasie. Dis ‘n valse oplossing. Uiteindelik woon niemand op ‘n eiland nie. Die verval om jou gaan jou uiteindelik inhaal – niemand kan dit ontsnap nie.
Die ander opsie is om betrokke te raak soos Visser wat die verval van Sannieshof aan die groot klok gehang het, die gemeenskap gemobiliseer het en met sinvolle alternatiewe vorendag gekom het. Haar besluit om ‘n kandidaat vir die DA te wees in die komende plaaslike verkiesings sal haar nou bemagtig om met politieke oplossings vorendag te kom.
Almal se betrokkendheid kan verstaanbaar nie dieselfde wees nie. Aan die een kant van die kontinuum is daar Carin Visser wat inspring en die bul by die horings pak. Aan die ander kant is daar die kieser wat registreer en gaan stem. Dit is slegs betrokkenheid wat wanadministrasie en swak regering aan die kaak stel in die soeke na haalbare alternatiewe.
Thursday, January 13, 2011
DIT IS 'N MAGSTAAT VERSUS 'N REGSTAAT
(My brief in vandag se Beeld)
Die onvolwasse optrede van Winnie Madikizela-Mandela nadat die polisie haar motor afgetrek het, verbaas my nie. Die Gautengse polisiehoofde se kruiperige reaksie is egter skokkend.
Dit beklemtoon die dilemma waarmee Suid-Afrikaners worstel. Ons is gewikkel in ‘n stryd tussen ‘n magstaat en ‘n regstaat. In ‘n Magstaat is almal nie gelyk voor die reg nie. In so 'n staat is die politieke elite, oftewel die regerende party se kaders, verhewe bo die wet.
In ‘n regstaat is almal gelyk voor die reg. Daar is ‘n behoorlike skeiding van magte en jou politieke lidmaatskap bepaal nie die mate waarin jy jouself aan die wette van die land hoef te onderwerp nie.
Enige optrede teen die polisiebeamptes wat net hulle pligte uitgevoer het,skreeu ten hemele. Dit sal ‘n aanklag wees teen die polisie as onafhanklike wetstoepassingsagentskap. Dit is nie die soort land waarin ons wil woon nie. As die polisiebeamptes, wat net hulle werk gedoen het, aan die pen gaan ry, is dit duidelik dat die regerende party nie verbind is tot ‘n grondwetlike demokrasie nie.
Die onvolwasse optrede van Winnie Madikizela-Mandela nadat die polisie haar motor afgetrek het, verbaas my nie. Die Gautengse polisiehoofde se kruiperige reaksie is egter skokkend.
Dit beklemtoon die dilemma waarmee Suid-Afrikaners worstel. Ons is gewikkel in ‘n stryd tussen ‘n magstaat en ‘n regstaat. In ‘n Magstaat is almal nie gelyk voor die reg nie. In so 'n staat is die politieke elite, oftewel die regerende party se kaders, verhewe bo die wet.
In ‘n regstaat is almal gelyk voor die reg. Daar is ‘n behoorlike skeiding van magte en jou politieke lidmaatskap bepaal nie die mate waarin jy jouself aan die wette van die land hoef te onderwerp nie.
Enige optrede teen die polisiebeamptes wat net hulle pligte uitgevoer het,skreeu ten hemele. Dit sal ‘n aanklag wees teen die polisie as onafhanklike wetstoepassingsagentskap. Dit is nie die soort land waarin ons wil woon nie. As die polisiebeamptes, wat net hulle werk gedoen het, aan die pen gaan ry, is dit duidelik dat die regerende party nie verbind is tot ‘n grondwetlike demokrasie nie.
Wednesday, January 12, 2011
"HEILIGE ONRUS OOR EIE STANDPUNTE"
Ons moet oppas vir die slimpraatjies van selfversekerde glans orators se alwetendheid wat as wysheid paradeer, waarsku Wilhelm Jordaan in sy Van mens tot mens rubriek in vandag se Beeld. Ek stem saam met Jordaan dat ‘n vergelyking tussen Oprah Winfrey en Sokrates lagwekkend is.
Sokrates se dialogiese metode behels iets anders as ‘n eindelose selfversekerde geklets. Sokrates het immers verklaar dat sy enigste wysheid juis dit is dat hy niks weet nie. Voeg hierby N.P. van Wyk Louw se idée van ‘n “heilige onrus” oor eie standpunte. Oorweeg byvoorbeeld Louw se uitspraak in Groot ode:
“Ons weet nie ons weet nie..../ die wat sê die weet nie / die wat weet die sê nie.”
Ek lamenteer saam met Wilhelm Jordaan dat “die werklik (self)kritiese Sokratiese stemme al hoe minder en stiller word.
Saturday, January 8, 2011
THE CONCERT
SPELERS: Alexei Guskov; Melanie Laurent; Dimitri Nazarov
REGIE : RUDU MICHAILEANU
PUNTE : 10 UIT 10
(Russies/Frans met Engelse onderskrifte)
Dertig jaar gelede was Andrei Filipov (Guskov) die voortreflike dirigent van die Bolshoi simfonie orkes. Die onverskrokke bewind van Brezhnev het korte mette gemaak met mense wat gewaag het om regeringsbeleid teen te gaan. Omdat Andrei destyds geweier het om van Jode in die orkes ontslae te raak, is hy vandag ‘n skoonmaker en dus ‘n ongeagte toeskouer by hierdie simfonie orkes wat eens as die beste ter wêreld geag is.
Op ‘n dag onderskep hy ‘n uitnodiging aan die Bolshoi simfonie orkes om in die Chatelet teater in Parys op te tree. Hy besluit op die plek om wraak te neem vir die onreg wat hom aangedoen is. Hy sal met sy eie ‘ Bolshoi simfonie orkes’, welliswaar lede van die destydse orkes, na Parys gaan om ‘n meesterlike vertoning te lewer. ‘n Betowerende kinkel in die kabel is sy aandrang om Tchaikovsky se Concerto for Violin and Orchestra te speel met as soliste die beeldskone Paryse violis, Anne-Marie Jacquet (Laurent). Die verhaal van Anne-Marie Jacquet vertel die storie van onsterflike drome, die krag van die estetika te midde van uiterste beproewing en die kunstenaar as skepper van die sublieme.
The Concert is ‘n tragie-komedie wat bewys hoe belangrik wilskrag is om bo wat as onmoontlik voorkom, uit te styg. By tye skreeu snaaks. Ook melodramaties en nie sonder ‘n streep sentiment nie. ‘n Sprokie wat nie toelaat dat realisme ‘n goeie storie bederf nie. Musikaal betowerend. En wanneer die grand finale vermeng word met die dramatiese, sny die musiek tot op die been. Het musiek al ooit so bevrydend geklink? Voorwaar ‘n voortreflike rolprent. Bewys jouself ‘n guns en gaan sien hierdie meesterlike rolprent.
Friday, January 7, 2011
YOU WILL MEET A TALL DARK STRANGER
SPELERS: Anthony Hopkins; Helena Jones
REGIE : WOODY ALLEN
PUNTE : 7 UIT 10
Dit is net Woody Allen wat verbrokkelde verhoudings en lewens wat op die afgrond is eksentriek, skalks en aweregs kan uitbeeld.
‘n Viertal paartjies word gekonfronteer met hul neuroses in siniese vehoudings. Die bejaarde Alfie (Hopkins) se lewe stort amper skouspelagtig in duie as hy sy vrou (Jones) die trekpas gee om kort daarna met ‘n dame van twyfelagtige afkoms en karakter te trou. Alfie se dogter is in ‘n huwelik met ‘n niksnut wat sy dae (of is dit jare) verwyl met die skryf van ‘n boek. Hierdie aspirant skrywer se oë dwaal na ‘n beeldskone komponis om haar byna reg voor die kansel af te rokkel. Sal Alfie se dogter uitkoms vind in die kunsgalery eienaar se arms vir wie sy werk? Wat hou die toekoms vir hierdie sterflinge in?
You Will Meet a Tall Dark Stranger is nie hoofstroom fliek vermaak nie.
Selfbedrog word hier heerlik aan die kaak gestel met ‘n sjarmante en lighartige komedie oor mense se rampspoedige flirtasie met die onbekende. Sterk aanbeveel vir Woody Allen aanhangers.
Sunday, January 2, 2011
APATIE VYAND NOMMER EEN
(My brief in vandag se Rapport)
Jacob Rooi wys die DA aan as dié politieke party van 2010. (Rapport, 26 Desember 2010). Hierdie vriendelike beoordeling verdien verdere kommentaar. Die DA is sinoniem is met skoon regering en vreeslose opposisie onder leiding van me. Helen Zille.
Die DA se poging om Suid-Afrika weg te stuur van ‘n dikdatuur word onderlê deur die feit dat die politiek oor keuses gaan. Dit vorm die grondslag van ‘n veelparty demokrasie. Om inhoud hieraan te gee is dit nodig dat kiesers wat nie met die verdwaalde sienings van die ANC saam stem nie hulle nie skuldig maak aan die grootste politieke sonde nie. Apatie moet dus as vyand nommer een verklaar word.
Waarin die DA slaag is om ‘n lewensvatbare opposisie kultuur te skep met die vooruitsig om die regerende party geloofwaardig by die stembus uit te daag. Natuurlik is daar baie uitdagings vir die DA. Geirriteerd met die beginsels van ‘n liberale demokrasie, sal die ANC so lank as hy kan die rassekaart speel en swart nasionalisme gewetenloos uitbuit vir politieke gewin. Dis ‘n onvolhoubare politieke truuk. ‘n Waardegerigte politieke benadering vra nie na die kleur van jou vel nie. Dit is daarop ingestel om mense oor kultuurgrense heen se brood-en-botter behoeftes te takel. Doeltreffende dienslewering is die kernkwessie.
Die DA se belangrikste boodskap aan die kiesers van Suid-Afrika is dat die mag uiteindelik in hul hande lê. Die trek van ‘n kruis op ‘n stembrief, ‘n voorreg en ‘n verantwoordelikheid, bemagtig jou om te bepaal in watter tipe land jy woon.
Subscribe to:
Posts (Atom)