Thursday, May 26, 2011
DIT IS DIENSLEWERING WAT ANC VAN KIESERS VERVREEM, NIE JUJU
(My brief in vandag se Beeld)
Volgens die ANC “vervreem Malema se uitlatings minderheidskiesers’(Beeld, 25 Mei)
Die ANC oorskat die nadelige uitwerking van Julius Malema se uitlatings op die party se vertoning in die afgelope verkiesing.
In die politiek is Malema niks minder of meer as ‘n ‘use full idiot” nie. Toegee, sy swaapsinnige uitlatings kos ons ekonomie baie wanneer dit buitelandse beleggers afskrik, nes die rasse polarisasie wat hy aanblaas. En tog is hy ‘n nar wat nie regtig ernstig opgeneem word nie. Ek is seker daarvan dat selfs die ANC-elite lekker in hul vuiste lag vir Malema, die vreemde, irrasionele politieke verskynsel. Meer kommerwekkend egter is die feit dat sy stommiteite op die hoogste vlak van die ANC verdra word. Dit sê iets van die ANC se rassisme.
Die ANC se probleem is dieperliggend. Leierloosheid, korrupsie en gebrekkige dienslewering dwing minderheidsgroepe en tradisonele ANC kiesers om krities na die ANC te kyk.
Die stilmaak van Malema en ander beeldpoets metodes gaan kiesers nie anders laat kyk na die ANC nie. Lippediens en opswepery werk nie meer nie. Wat verlang word is verantwoordbare, deursigtige en waardegelaaide dienslewering. Die ANC is nie ernsnstig hieroor nie – dit vervreem alle kiesers.
Sunday, May 22, 2011
ROEPMAN
SPELERS: Paul Loots; Rika Sennett; John-Henry Opperman
REGIE : Paul Eilers
PUNTE : 6 UIT 10
Gebaseer op die gelyknamige boek van Jan van Tonder vertel dit die verhaal van ‘n spoorweggemeenskap wat vasgevang is in die konserwatiewe sestigs waar ontkenning van die realiteit aan die orde van die dag is.
Ons maak kennis met die elfjarige Timus en sy gesin waar godsvresendheid belangriker is as enige iets anders. Timus verpersoonlik ‘n kinderlike nuuskierigheid wat die wel en weë van sy gemeenskap gade slaan. Sy wedervaringe is soms skreeusnaaks maar nie sonder gevare nie. Hy word meesal gered deur die eenvoudige maar opregte Joon wat as roepman werk – iemand wat mense vir hulle skofte moet wakker maak. Joon verpersoonlik die egtheid en menslikheid wat skaars is in ‘n wêreld vol hubris. Maar sal Joon dit regkry om hulle uit hul wandelslaap wakker te ruk?
Dis ‘n verhaal wat gelaai is met humor, ironie en patos. Van die humoristiese tonele is werklik knap verfilm – stel jouself ‘n jong seun voor wie ‘n eksistensiele krisis beleef omdat hy “nog nie skuim kan pie nie.”
Fotografies is die rolprent goed versorg. Die spel is op peil en die regie verbeeld die verhaal van Timus en sy gesin met deernis. Wat aan die bod kom is die verlies aan onskuld. Ongelukkig spring die verhaal soms rond en betrek die kyker nooit genoegsaam by die karakters nie. Wat in die slag bly, is die geloofwaardige opbou van ‘n spanningslyn. Uiteindelik is dit ‘n verdienstelike rolprent wat bewys dat niemand so blind is as hy wat nie wil sien nie.
Monday, May 16, 2011
TRACK RECORD MAKES DA STRONGEST CONTENDER
(My letter in today's Pretoria News)
On 18 May the centre of political power will move to the voters, indeed the place where it belongs in a democracy, when they have the opportunity to vote. The power of political parties is determined by the electorate who, by making a cross on a ballot paper, determines who represents them. Let us remind ourselves that local government is the government closest to the people.
As I see it voters have three choices in this election.
There is a multitude of small parties that will not even get more than 2% of the vote. These parties elevate marginal interests while losing sight of the national context. Destined to become mere foot notes of history, their influence on the national discourse is insignificant.
The power hungry ANC is another option. With only the race card left and no service delivery successes to show this party threatens to turn our country into a failed state. Betraying its ideals of the past it is not the party of Albert Luthuli or Nelson Mandela any more. It is certainly not the party with which our future can be trusted.
As an opposition party and a party of government the DA is option number three. With an impressive track record of service delivery where it governs this is the party to be taken seriously if you want service delivery to all.
Beyond all the election clichés and promises stands the most important political role player in a democracy, namely the voter. If voters who are dissatisfied with the poor performance of the governing party turn out in high numbers at the ballot box on Election Day, they might just be rewarded with the type of local governments they deserve.
Tuesday, May 10, 2011
DA MAAK HOM DIE PARTY VAN DIE TOEKOMS DEUR AGENDA TE BEPAAL
(My brief in vandag se Beeld)
Die munisipale verkiesing wys interessante neigings wat opwindende moontlikhede vir die toekoms ontsluit.
Die grootste verrassing is die powere verkiesingsveldtog van die ANC. Baie redes word daarvoor gegee.
Binnegevegte blyk die vernaamste rede te wees.
Ander aspekte moet egter nie buite rekening gelaat word nie. Die party beskik al ’n geruime tyd nie meer oor ’n groot idee vir Suid-Afrika nie.
Wanneer die self gestel word bo die belange van die kiesers, is die verlies aan politieke relevansie ’n logiese gevolg. Voeg daarby ’n rassistiese etos wat ’n verlammende uitwerking op die party het.
Deur die verkiesingsagenda te bepaal het die DA homself as die party van die toekoms geposisioneer.
Omdat die DA weier om ’n minderheidsparty te wees, doen dié party wat suksesvolle partye behoort te doen en stel hom ten doel om betekenisvolle verkiesings¬welslae te behaal.
Die DA se groot idee vir Suid-Afrika is geskoei op ’n oopgeleentheidsamelewing vir almal waar gehalte dienslewering die grondslag vir ekonomiese groei vorm.
Opwindende moontlikhede meld hulself aan indien gemelde verkiesingsneigings aanleiding gee tot groeiende steun vir die amptelike opposisie ten koste van die regerende party.
Só beskou, staan ons aan die vooraand van ’n werklike veelpartydemokrasie wat identiteitspolitiek verruil vir ’n waardegelaaide politiek.
Subscribe to:
Posts (Atom)