Saturday, October 29, 2011
SA, VIER FEES OOR DA SE LINDIWE
(My brief in vandag se Beeld)
Waar die DA vandag is, sal Suid-Afrika môre wees. Nie-rassig, demokraties en toekomsgerig.
Met die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier, is Suid-Afrika ’n stap nader aan ’n daadwerklike grondwetlike demokrasie gerugsteun deur die oppergesag van die reg, die duidelike skeiding van magte en ’n oopgeleentheidsamelewing vir almal.
Die DA staan vir ’n nie-rassige Suid-Afrika. Om Martin Luther King by te haal, ’n land waar dit nie gaan oor die kleur van jou vel nie, maar die inhoud van jou karakter.
Waar meriete swaarder weeg as party-lojaliteite. Om Suid-Afrika ’n tuiste te maak dus vir elkeen wat hom- of haarself ’n Suid-Afrikaner noem.
Die jong en bekwame Mazibuko verpersoonlik die ideale van jong Suid-Afrikaners oor kultuurgrense heen wat werk vir ’n beter toekoms met geen erg aan futiele debatte om die verlede lewend te hou nie.
Mense op voetsoolvlak het vandag rede om fees te vier.
Die toekoms is nie meer wat dit was nie.
Dis vry, regverdig en dit werk. Viva Mazibuko, viva DA.
Tuesday, October 25, 2011
NAOMI
Die nuweling in ons lewe regverdig 'n uitsondering op die reel wat betref die artikels wat ek op my blog plaas. Alhoewel persoonlik, is ons baie bly oor Naomi. Sy was gister 'n hele week oud. Mamma herstel goed na die keiser en ons geniet elke oomblik saam met Naomi.
Sunday, October 16, 2011
GEPLUNDER WYS GRYPKULTUUR
(My brief in vandag se Rapport)
Die skaamtelose plunder van belastinggeld tydens die Wêreldjeugfees (“Vet gevreet aan belastinggeld”,(Rapport, 9 Oktober) bevestig waarom die idee van welvaartbelasting verwerp word. Daar is legio beter maniere om ‘n bydrae tot die opheffing van die land te maak sonder om swaar verdiende inkomstes aan die risiko’s van ‘n inhalige grypkultuur bloot te stel.
Die lys skades en skandes van die regerende party, wat toevallig volgende jaar sy 100ste bestaansjaar vier, word by die dag langer. Oor wat hierdie feesvieringe gaan kos kan ‘n mens maar net raai. Vir wie se rekening dit gaan wees, sal in die komende maande eweneens omstrede wees. Ware waardetoevoeging tot die gehalte van lewe van veral voorheen benadeeldes is skaamtelik ondergeskik aan die plesiersoekery van die selfverrykende elite.
Moreel bankrot en uit voeling met die mense op voetsoolvlak se stryd en strewe om ‘n beter lewe, word die gaping tussen die regering en sy kiesers al hoe groter. Die ANC het sy eie grootste vyand geword.
Die skaamtelose plunder van belastinggeld tydens die Wêreldjeugfees (“Vet gevreet aan belastinggeld”,(Rapport, 9 Oktober) bevestig waarom die idee van welvaartbelasting verwerp word. Daar is legio beter maniere om ‘n bydrae tot die opheffing van die land te maak sonder om swaar verdiende inkomstes aan die risiko’s van ‘n inhalige grypkultuur bloot te stel.
Die lys skades en skandes van die regerende party, wat toevallig volgende jaar sy 100ste bestaansjaar vier, word by die dag langer. Oor wat hierdie feesvieringe gaan kos kan ‘n mens maar net raai. Vir wie se rekening dit gaan wees, sal in die komende maande eweneens omstrede wees. Ware waardetoevoeging tot die gehalte van lewe van veral voorheen benadeeldes is skaamtelik ondergeskik aan die plesiersoekery van die selfverrykende elite.
Moreel bankrot en uit voeling met die mense op voetsoolvlak se stryd en strewe om ‘n beter lewe, word die gaping tussen die regering en sy kiesers al hoe groter. Die ANC het sy eie grootste vyand geword.
Saturday, October 15, 2011
SO WORD ONS DIE NASIE WAT ONS VERONDERSTEL IS OM TE WEES
(My brief in vandag se BY - binne Beeld)
Die onderhoudende artikel van Hermann Gilomee oor minderhede (By 8 Oktober 2011) onderstreep die belangrikheid om bedag te wees op die verskillende bydraes wat burgerregte-organisasies en politieke partye kan maak. Stilbly is beslis nie ‘n opsie nie en die regering moet verantwoordbaar gehou word dienooreenkomstig sy sosiale kotrak met al die mense, ook Afrikaanssprekendes, van Suid-Afrika. So beskou artikuleer burgerregte- organisasies soos Afriforum belange op ‘n demokratiese wyse binne die raamwerk van die Grondwet.
Die uitdaging is egter om nie vas te val in ‘n minderheidsparadigma nie. Hierin speel politieke partye ‘n kardinale rol. Om oor kultuurgrense heen te verening rondom gedeelde waardes - soos die basiese behoefte aan dienslewering van gehalte - vra nie na die taal waarin jy jou vrese en apsirasies artikuleer nie. Met onlangse verkiesingssukesse en ‘n regerende party wat voeling met mense op voetsoolvlak verloor, vorm die nie-rassige en toekomsgerigte Demokratiese Alliasnsie ‘n nuwe meerderheid. Om die regerende party geloofwaardig by die stembus uit te daag, verg ‘n nie-rassige en demokratiese poging wat die verbeelding van mense oor kultuurgrense heen aangryp.
Die uitdaging is om uit ons silo-denke te breek sonder om ons identiteite prys te gee. Met ‘n kreatiewe en konstruktiewe wisselwerking tussen burgerregte-organisasies en politieke partye kan ons die nasie word wat ons veronderstel is om te wees. Die toets is om die spesifieke en algemene met mekaar te balanseer - noem dit ‘n pragmatiese dualisme binne ‘n plurale gemeenskap. Onbeskaamd divers, maar verening rondom gedeelde waardes en ideale
Friday, October 14, 2011
MEN IN THE CITY
SPELERS: Christian Ulmen; Nadja Uhl
REGIE : Simon Verhoeven
PUNTE : 7 UIT 10
(Duits met Engelse onderskrifte)
Vyf mans se romantiese probeer-en-trefslae word onder die loep geneem in hierdie Duitse fliek. Hulle sukkel om uiting aan hulle emosies te gee of weet nie hoe om die fenomeen liefde onder woorde te bring nie. Soekend, kompeterend, wellustig, verward of bloot aweregs is waardes wat aan hierdie menere toegedig kan word.
Dit is ‘n rolprent met ‘n vinnige pas en ‘n komiese aanslag. Dit gaan oor vyf ouens se drome, ego’s en soeke na, ja kan jy glo, die liefde. Sommige ouens herken dit vir wat dit is, ander moet dit eers verloor alvorens hulle dit waardeer. Een ding is seker, daarsonder kan die lewe puntloos wees.
Dit is nie ‘n grootste fliek met swaar temas of diep motiewe nie. Dit romantiseer die lewe op ‘n nogal pittige wyse met ‘n skeut kitch en sentiment. ‘n Feel good rolprent wat bewys dat benewens testosteroon mans ook harte het. Sien dit gerus.
Friday, October 7, 2011
ANC OP DIESELFDE PAD AS DIE NATTE
(My brief in gister se Beeld)
Die een verwyt wat die huidige bewindhebbers gedurig huldig het so pas verval.
Die ANC het nie meer die reg om kolonialisasie as onwys af te maak nie. Die Dalai Lama-voorval bewys dat Suid-Afrika onder die ANC- regering opnuut gekolonialiseer word, hierdie keer deur ‘n land met ‘n skandelike menseregtegeskiedenis.
Moreel bankrot, sonder idees om ekonomiese ongelykhede uit te skakel,toenemende diensteleweringmislukkings en vasgevang in interne faksiegevegte is die ANC koersvas op pad na dieselfde prostituutbegrafnis as die van die Nasionale Party.
Subscribe to:
Posts (Atom)