Wednesday, September 26, 2012
STAD SE 2055-VISIE LYK NA DAGDROMERY
(My brief in vandag se Tshwane Beeld)
Kgosiento Ramokgopa, Tshwane se burgemeester se opgewondenheid oor die 2055 visie vir Tshwane ( Tshwane Beeld, 5 September), bring 'n ongemaklike de-ja-vu by 'n mens tuis.
Ek herinner my oud president Thabo Mbeki se Afrika renaissance-konsep wat nie by mense op voetsoolvlak aanklank gevind het nie. Dit is akademiese konstruksies wat nie brood-en-botter kwessies aanspreek nie. Mbeki se filosofiese insigte en impulse in stede van tasbare dienslewering het hom sy presidentskap gekos.
Die 2055 visie klink vir my na dagdromery. Hou in gedagte dat die Tshwane Metro blykbaar 'tegnies' bankrot is. Daar is geen planne op die tafel om werk te maak van onmiddelike diensleweringsprobleme nie. Om nie eens van gebrekkige infrastruktuur-onderhoud te praat nie. As daar met kaderontplooing volgehou word en deursigtige en verantwoordbare regering met slim politieke truuks omseil word, sal die 2055 visie om die groter Pretoria 'n wereldstad te maak slegs 'n droom bly.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment