Monday, September 9, 2013

LUGKASTELE NIE VAN NUT VIR INWONERS

(My brief in vandag se Beeld)



Die Tshwane-metro se 2055- visie is interessant, maar irrelevant. Dat dit met soveel trompetgeskal aangekondig is, spreek boekdele van beeldpoetsery wat moet vergoed vir swak diens.

DiƩ visie laat my onwillekeurig dink aan oudpres. Thabo Mbeki se Afrika-renaissannce. Sulke abstrakte konstruksies spreek nie tot mense op voetsoolvlak nie. Vra maar vir Mbeki; hy is verslaan by Polokwane ondanks lugkastele, of dalk weens die lugkastele.

Terwyl die Tshwane-metro sy pragtige visie bekend gemaak  het, was die Wonderboom-lughawe weer vandeesweek vir die hoeveelste keer die afgelope drie jaar sonder brandstof. 

Dit is maar een voorbeeld van die Tshwane-metro se mislukkings.

Brood-en-botter-sake spreek direk tot inwoners van 'n stad. Wat mense verlang, is tasbare bewyse van die politieke wil by die owerheid om deurgaans tot voordeel van inwoners te regeer.

No comments:

Post a Comment