Thursday, January 9, 2014
WEES SELF VERANDERING IN SUID-AFRIKA
( My brief in vandag se Beeld)
Wat moet ons verwag van die jaar voorhande?
Gaan die ANC verder steun verloor? Hoe lank gaan Zuma uithou en teen watter prys vir die ANC?
Sal die DA in so ’n mate bly groei dat veelparty-demokrasie verseker word?
Oor al hierdie vrae kan ons net bespiegel en dié kant toe of daai kant toe hoop. Niks verkeerd hiermee nie.
Fataal egter sal wees om te verwag dat iemand anders iets moet doen om hierdie land waarin ons woon ’n beter plek te maak. Verandering ten goede begin by elkeen van ons.
Met erkenning aan Mahatma Gandhi moet elkeen self die verandering uitleef en teweegbring wat ons in Suid-Afrika wil sien. En die metode om dit ’n werklikheid te maak is betrokkenheid.
Betrokkenheid by dit wat vir mens belangrik is, is wat van ons vereis word – taalregte, sosiaal- maatskaplike projekte, sport, jou kinders se opvoeding of wat ook al belangrik is in jou leefwêreld.
Maar veral betrokkenheid by die demokrasie deur ten minste seker te maak jy is geregistreer om te kan stem.
Omdat elke stem tel, is dit verraad teenoor jou eie toekoms om nie te gaan stem nie.
Die jaar 2014 moet in die teken van betrokkenheid staan. Elkeen van ons moet eienaarskap aanvaar van die verandering wat ons graag wil sien.
Dit is slegs met betrokkenheid dat ons vir onsself opwindende nuwe moontlikhede sal ontsluit.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment