Friday, August 15, 2014

LETTERKUNDIGE GEBEURTENIS

 My indrukke van Harry Kalmer se "' n Duisend stories oor Johannesburg."

Dít moet uit die staanspoor oor Harry Kalmer se ''n Duisend stories oor Johannesburg' gesê word: enersyds is dit 'n 'page turner' - 'n boeiende en onweerstaanbare teks. Viriele Afrikaans, maklik leesbaar.
Andersyds het die boek ongelooflike letterkundige diepgang.
Stilisties kan die boek onder die ensemble genre bespreek word. Die aaneen gehegde brokkies stories kon, min of meer, in enige volgorde gerangskik gewees het.
Uiteenlopende verhale wat met interessante spel 'n aangrypende sintese vorm. Dis die verhaal van 'n stad en sy mense. Vraag is, is Zweig van Niekerk, die man wat dit gedurf het om oor die kleurgrens lief te hê toe sulke liefde strafbaar was, of is Johannesburg as stad die hoofkarakter? Moeilik om te sê. Watter rol ruimtelikheid oftewel milieu in 'n storie speel, kom hier op uitsonderlike wyse aan die bod. Die verlede en hede, verskillende mense ( en sjoe, daar is interessante karakters), asook verskillende plekke in Johannesburg, soms ander wêreldstede ook, wissel mekaar arbitrêr af.
Die sleutelsin van die boek, soos ek dit sien, is op p 37 :"Mag die stad waarheen jy terugkeer, mooier wees as die stad waarvan jy droom," het Kaleb is sy sagte, aksentlose Frans gesê.
'n Boek oor hoop, drome, verlies, swaarkry en geweld. Maar veral is dit 'n boek oor die veganklikheid van hierdie ding wat ons lewe noem.
''n Duisend stories oor Johannesburg' is 'n letterkundige gebeurtenis. Die beste wat ek in jare gelees het.

Tuesday, August 12, 2014

TIRZA - 'n persoonlike distopie

TIRZA - Arnon Grunberg ( Uit Nederlands vertaal deur Lina Spies)


Dat dit 'n belangrike Nederlandse boek is, is duidelik - dit is in 2010 in 'n rolprent verwerk om 'n groter gehoor te bereik. Dit is in Nederland met die De Gouden Uil-letterkundeprys en die Libris-letterkundeprys bekroon.
Danksy die bekroonde Suid-Afrikaanse digter, Lina Spies, is dit nou ook toeganklik vir 'n Afrikaaanse leserspubliek gemaak.

In breë trekke vertel dit die verhaal van Jörgen Hofmeester wat in 'n spogbuurt van Amsterdam woon met 'n uitsig oor Vondelpark.
Die leser maak met hom kennis terwyl hy sy geliefde dogter, Tirza, se vriende onthaal na haar eindeksamen. Met moeite sorg hy dat die kos reg is en dat alles in die algemeen vlot verloop.
Die leser verken saam met hom deur middel van herinneringe die ontsporing van sy lewe op professionele vlak, sy ongelukkige huwelik, en hoe Tirza deur dit alles die ligpunt van sy lewe was en is. Die onthaal vind plaas op die vooraand van Tirza se vertrek na Afrika met haar vriend wie Jörgen nog nie ontmoet het nie.Wanneer hy haar vriend tydens die onthaal ontmoet steier nog 'n skans tussen Jörgen en die samelewing, en word sy klassistiese en rassevooroordele skaamteloos blootgelê. Tirza se vertrek na Afrika het gevolge waarop nog Jörgen of die leser voorberei is. Die afloop van die verhaal staan in die teken van die makabere . Ook aktiveer dit die ontbloting van die Westerse siel wat bewys hoe 'n dun vernis lagie daardie ding is waarna ons as 'beskawing' verwys. Die verhaal van Tirza, oftewel die gesin Hofmeester, en spesifiek Jörgen, is niks anders as 'n persoonlike distopie nie.

Die boek beslaan 'n hele 506 bladsye. Ek moet eerlik wees, dit het nogal vasbyt gekos om die boek klaar te lees. Die geladenheid van die vertelling is langsaam, amper lomp. Ek is nie heeltemal daarvan oortuig dat  komposisie en stilering  altyd ewe suksesvol is nie. Uiteindelik is die afloop van die verhaal skokkend en die verhaal onvergeetliks - iets wat nog lank na die lees van die boek verreken sal word met allerlei eksistensiële vrae. Aanbeveel vir liefhebbers van ernstige letterkunde.

Saturday, August 9, 2014

(My speech during the snap debate in the Tshwane Council meeting on 31 July regarding the Middle East crisis)

(My toespraak oor die Israel-Palestynse krisis wat ek tydens die Tshwane raadsvergadering van 31 Julie gehou het.)


GIVE PEACE A CHANCE

Words fail us when we confront the events taking place in the Middle East and the way these events have unfolded over the past months, indeed over many years.

We watch in horror how people die in this violent conflict between Israel and Palestine.

Allow me to borrow words from one of South Africa’s most acclaimed play wrights, Athol Fugard:

“There are people staying there.”

On both sides you will find fathers and mothes;

Brothers and sisters;

Small children and newborns whose only experience of the world and life is one of conflict and bloodshed.

It breaks my heart when young children’s lives are ended in a conflict they don’t even understand.

It is for them, the innocent casualties of war, that I  have this message:

"No person deserves to be caught in the line of fire,

every person deserves a world where he or she can pursue their dreams without the fear of bullets, rockets and missiles."

 They deserve all the peace the world can offer them.

To be clear – the Israeli-Palestine conflict situation is a tragedy. As Shakespeare said so vividly, “Blood will have blood”.

Taking sides is a fruitless exercise. Let us refrain from using this tragedy for cheap political point scoring in local politics. Also to be avoided is a dogmatic approach on the issue.

These are my specific thoughts on this very complex issue:

• The DA is on record of favouring a negotiated two state- solution for Israel-Palestine;
• Without mutual recognition of sovereignty, no Middle East peace can become reality;
• The levels of violence – on both sides - must be drastically reduced to end the violence all together.
• Negotiations, based on unselfish statesmanship must guide the search for solutions for this conflict.
• Extremism on both sides will only fuel the conflict further.


The one lesson I learnt in life is that if I don’t get the desired results I must reassess the way I do things.

I hope and pray the leaders on both sides of this tragic conflict will find it in their hearts to genuinely pursue innovative ways to end the violence. Both sides have to move from entrenched positions to re-imagine their futures. I trust that they will give peace a chance in pursuing their destinies without doing so at the cost of one another.