My Brief in By (Beeld) 4 September
Gebruik elke druppel ink - die nuwe protesletterkunde is hier
Die skrywer John Miles lamenteer tereg die de-ja-vu gevoel met die regering se beoogde Wet op die Beskerming van Inligting (By 28.8.2010). Miles bevind hom in die uitgelese geselskap van mense soos Andre P Brink, J.M Coetzee en Nadine Gordimer, wat hulle onlangs in die openbaar uitgespreek het teen die regering se voorneme om vryheid van spraak aan bande te lê. Hierdie skrywers beskik oor die morele hoëgrond omdat hulle juis deur middel van die geskrewe woord en aandrang om te weet wat van Jan Publiek weggehou word, ‘n onskatbare bydrae gemaak het om ‘n moreel onverdedigbare politieke stelsel omver te werp.
Die huidige aanslag op vryheid van spraak is die duidelikste boodskap nog dat die ANC nie werklik verbind is tot die demokrasie nie. Daarom is dit my vermoede dat ons op die drumpel van ‘n nuwe protesletterkunde staan. Sogenaamde betrokke letterkunde was mos juis die mantra van die Sestigers. Om weer betrokke te skryf en die huidige regering se magsvergrype bloot te lê, bied weereens oneindige uitdagings sowel as inspirasie aan die veterane en nuwe stemme van die Afrikaanse letterkunde. Kuns en die lettere is weereens alles behalwe ‘n luukse, dis ‘n noodsaaklikheid om ‘n regverdige samelewing te help skep. Die fascistiese ondertone van die huidige bewind is onmiskenbaar met planne vir ‘n media tribunaal en staatsbeheer oor inligting om so onbeperkte mag in die hande van die regering te plaas.
Sonder vryheid van spraak stuur ons op ‘n polities maatskaplike ramp af wat ons drome van ‘n vry en regverdige Suid-Afrika vir al sy mense vir eens en altyd in die wiele sal ry. Waar ‘n ondemokratiese minderheidsregering nie staande kon bly teen die aanslag teen hom nie, het swart nasionalisme ‘n dekmantel geword om ‘n soort legitimiteit aan ‘n ewe ondemokratiese meerderheidsregering te verleen. So beskou is vryheid van spraak die belangrikste skans teen ‘n outokrasie wat, alhoewel vroom voorkom as gevolg van ‘n geromantiseerde bevrydingstryd, dieselfde hubris as ‘n onwettige wit minderheidsregering vertoon.
Deur die eeue heen was die pen nog altyd magtiger as die swaard. Om ‘n ware grondwetlike demokrasie te bestendig moet nou die muse wees vir kunstenaars van alle genres, veral die geskrewe woord.
Nog ‘n magtige pen in die hande van gewone mense is die een waarmee kiesers aanstaande jaar ‘n kruis by die stembus trek. Skrywers en kiesers kan nie bekostig om ‘n druppel ink te vermors nie. Kritiese denke het weer nuwe betekenis verkry. Ons moet almal, terwyl ons nog die geleentheid het, outokrasie afskryf en uit stem.
Monday, August 30, 2010
Sunday, August 29, 2010
TSHWANE BUSDIENS FIASKO
DIE REDAKTEUR
REKORD
NOG 'N VERSPEELDE KANS VIR PRETORIA BUSDIENS
Die weiering van die Tswane raad om die amptelike opposisie se mosie oor ernstige probleme by die busdiens te laat dien vir bespreking by die pas afgelope maandelikse raadsvergadering was ‘n verspeelde kans om oor sinvolle oplossings te besin.
Sedert 1 Julie vanjaar heers daar groot verwarring en gepaardgaande ongelukkigheid onder pendelaars oor die nuwe kaartjiestelsel wat die Tshwane raad sonder vooraf konsultasie of kommunikasie met belanghebbendes geimplementeer het.
Die ongelukkige toedrag van sake benadeel nie alleen pendelaars wat afhanklik is van openbare vervoer nie, dit maak ook geen bydrae vanuit ‘n besigheidsoogpunt tot die busdiens nie.
Die stad se busdiens is ‘n brood-en-botter aangeleentheid wat nie ‘n party politieke kwessie behoort te wees nie. Die amptelike opposisie vind dit daarom onbegryplik waarom die Tshwane raad ‘n eensydige en hardvogtige benadering tot hierdie kwessie inneem.
Omdat alle pogings om met die Tshwane raad in gesprek te tree oor die busdiens op niks uit geloop het nie, oorweeg die amptelike opposisie sy opsies om die saak verder te neem met die oog daarop om die publiek se belange te bevorder. Soos hulle in engels se, watch the space.
Vriendelik, die uwe
Francois Bekker
REKORD
NOG 'N VERSPEELDE KANS VIR PRETORIA BUSDIENS
Die weiering van die Tswane raad om die amptelike opposisie se mosie oor ernstige probleme by die busdiens te laat dien vir bespreking by die pas afgelope maandelikse raadsvergadering was ‘n verspeelde kans om oor sinvolle oplossings te besin.
Sedert 1 Julie vanjaar heers daar groot verwarring en gepaardgaande ongelukkigheid onder pendelaars oor die nuwe kaartjiestelsel wat die Tshwane raad sonder vooraf konsultasie of kommunikasie met belanghebbendes geimplementeer het.
Die ongelukkige toedrag van sake benadeel nie alleen pendelaars wat afhanklik is van openbare vervoer nie, dit maak ook geen bydrae vanuit ‘n besigheidsoogpunt tot die busdiens nie.
Die stad se busdiens is ‘n brood-en-botter aangeleentheid wat nie ‘n party politieke kwessie behoort te wees nie. Die amptelike opposisie vind dit daarom onbegryplik waarom die Tshwane raad ‘n eensydige en hardvogtige benadering tot hierdie kwessie inneem.
Omdat alle pogings om met die Tshwane raad in gesprek te tree oor die busdiens op niks uit geloop het nie, oorweeg die amptelike opposisie sy opsies om die saak verder te neem met die oog daarop om die publiek se belange te bevorder. Soos hulle in engels se, watch the space.
Vriendelik, die uwe
Francois Bekker
Monday, August 16, 2010
BRIEF IN BEELD
As ANC stemme verloor, word sy verbintenis tot demokrasie getoets
Francois Bekker van Lynnwood skryf
Absolute mag is die ANC se mantra om swart nasionalisme te bevorder ten koste van ’n diverse gemeenskap met verskillende belange en aspirasies.
Dié toedrag van sake word vererger deurdat ’n elite in die regerende party swart nasionalisme vir eie gewin misbruik. Oorweeg die volgende in dié verband:
• Die huidige aanslag op ’n vrye media en beoogde wetgewing wat daarop gemik is om inligting te beheer, is simptomaties van ’n regerende party wat besef hy is besig om steun te verloor.
• Die skeiding tussen party en staat vervaag met politieke aanstellings om onafhanklike instellings te koöpteer ten einde diensbare instrumente vir die regerende party te wees.
• Die leuen wat die ANC/Cosatu/SAKP-alliansie is, word al hoe moeiliker om te bestuur weens onversoenbare ideologieë wat kunsmatig bymekaargehou word ter wille van mag. Dit vererger binnegevegte met ’n verlammende uitwerking op dienslewering.
• ’n Historiese geheueverlies ten opsigte van die Afrikaner se bydrae tot die land met moedswillige pleknaamveranderings werk vervreemding in die hand.
• Eurosentriese invloede word as uitheems afgemaak as sou dit nie versoenbaar met ’n demokratiese Suid-Afrika wees nie.
Wyle dr. Frederik Van Zyl Slabbert het daarop gewys dat die ANC se verbintenis tot die demokrasie getoets sal word as hy verkiesings begin verloor.
Die ANC het reeds ’n provinsie en talle munisipaliteite oor Suid-Afrika heen aan die amptelike opposisie afgestaan. Alles dui daarop dat die ANC betekenisvolle verkiesingsverliese in volgende jaar se munisipale verkiesing gaan ly.
Skielik pas demokratiese elemente soos ’n vrye media die regering nie meer nie.
Die ANC van vandag is nie die ANC van Nelson Mandela wat ’n hoë premie op vryheid, verdraagsaamheid en nasiebou gestel het nie.
Friday, August 13, 2010
DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM
SPELERS: ANNA-MART VAN DER MERWE; GYS DE VILLIERS
REGIE: REGARDT VAN DEN BERGH
PUNTE: 7 UIT 10
Resensent: Francois Bekker
Gebaseer op Marita van der Vyver se gelyknamige roman vertel dit die verhaal van ‘n tienermeisie wie graag haar fantasievlugte op papier neerpen. Dit bied haar ideale ontvlugting van haar gesinslewe, nie ‘n vreemde versugting vir tieners nie. Wanneer die gesin, ‘n tipiese uitgebreide gesin, gaan vakansie hou op ‘n afgeleë plek, word Hanna gekonfronteer met haar gesin se onwaarskynlike sjarmes om uiteindelik met deernis na haarself en haar familie te kyk.
Hanna Hoekom is ‘n wonderlike fliek gebeurtenis. Die rolverdeling is nommerpas, die situasieskepping is geloofwaardig, en die storie se hart sit op die regte plek.
Van der Vyver se verhaal het wonderlike metafisiese nuanses. Die fantasie elemente is knap verfilm en ondersteun Hanna se geestelike reis oortuigend.
Die toneelspel is baie goed en regisseur Regardt van den Bergh bevestig waarom hy as een van ons land se beste rolprentregisseurs beskou word.
Dit is ‘n rolprent wat homself nooit te ernstig opneem nie. Hanna Hoekom is so Afrikaans soos snoek en soetpatats. Nie sentimenteel nie, nie over the top nie. Net ‘n lekker storie met verrassende motiewe wat bewys dat jy nie uitspattige stories met Hollywood begrotings nodig het om ‘n goeie fliek te maak nie.
Tuesday, August 3, 2010
BACK TO FINGER-WAGGING (My letter in Business Day)
The oppressive circumstances of the 1980s were well encapsulated by Pieter Dirk Uys’s satirical portrayal of PW Botha, a finger-waving autocrat declaring: “The army is here, the police are here, and the press is not here. Therefore we are in charge.”
Who thought we would return to those days?
The late Dr Frederik Van Zyl Slabbert warned that the African National Congress’s (ANC’s) commitment to democracy would be tested once they started losing elections. The ANC has already lost a province and municipalities throughout SA to the official opposition, and seen a decline in support during last year’s general election.
Placing a higher premium on power and control, the ANC feels uncomfortable with institutions such as opposition parties and the media calling it to account and insisting on effective and transparent government.
Failing the Slabbert test regarding its commitment to democracy, the ANC is now calling for totalitarian measures that remind one of a finger-waving PW Botha rejoicing at the absence of the media. Freedom of speech and a free media are the oxygen of a viable democracy. Any attempt to suppress it must be met with fierce resistance.
The introduction of a media tribunal and legislation for the protection of information will be a slide back to the dark days of apartheid. With the ANC reluctant to provide opposition parties in Parliament with adequate answers when asked about the way Cabinet ministers conduct their business, it is often only the press that stops at nothing to expose incompetence, corruption and skewed ideological objectives promoting hidden agendas.
Media restrictions must be declared the number one enemy of a free society and resisted at all costs. Let independent thinkers, opposition parties, etc offering alternative ideas to the ruling party’s policies be labelled and insulted as much as the ANC likes, but heaven forbid the erosion of our hard-earned freedom, underscored by a constitutional democracy. Never again must the people be delivered to the whims of a self-serving government. If the ANC waves its PW finger, it must be answered with the middle finger.
Francois Bekker
Via e-mail
Subscribe to:
Posts (Atom)