(My brief in vandag se Beeld)
As ’n mens doemprofete moet glo, is ons in vir ’n ding volgende jaar.
In Suid-Afrika is die winde van verandering bes moontlik ten goede aan die
opbou.
2012 sal met die moeder van alle partytjies begin.
As die oudste politieke party in die land is ’n eeufees vir die ANC nie ’n
geringe gebeurtenis nie.
Hy sal immers in die annale van die geskiedenis erken word vir sy epiese
bevrydingstryd wat die land van die juk van apartheid bevry het.
Twaalf maande later sal die vrolikheid vergete wees op die ANC se nasionale
kongres. Die interne stryd, gevoed deur eiebelang, gaan kookpunt bereik met
slagordes wat opgestel is om letterlik die bloed van aanspraakmakers op
posisies te eis.
Om nie eens van die presidensiële opvolgingskwessie te praat nie.
Die verromantisering van die ANC se bevrydingstryd sal sy laaste hoogtepunt op
die veelbesproke eeufeesviering bereik. Die werklikheid van ekonomiese
ongelykhede, korrupsie, onbekwame regering en selfverryking sal die momentum
van ontgogeling onder veral tradisionele ondersteuners van die ANC eens en vir
altyd inhaal.
Die ANC se onbeheerste hubris en verraad teenoor sy eerbare ideale van weleer
wat tydens die Groot Partytjie in Januarie besing sal word, is verdoemend vir
hom. Só beskou, sal die partypolitieke landskap veral ná 2012 ingrypend begin
verander.
Die grootste veranderinge ten gunste van die politieke normalisering wat die
weg sal baan vir ’n lewensvatbare veelpartydemokrasie

No comments:
Post a Comment