Die pas afgelope verkiesing het bewys Suid-Afrika stap nie dieselfde pad
as Zimbabwe nie.
Ek is van mening dat twee trajekte hierdie stelling bewys, naamlik die
ANC se afwaartse trajek en die DA se opwaartse trajek.
Hierdie neigings is nie nuut nie en dis konstant.
Wat ook bemoedigend is, is die element van politieke mobiliteit wat ons
politiek kenmerk.
Twee faktore speel hier ’n rol.
Enersyds die DA se vermoë om kiesers oor kultuurgrense rondom gedeelde
waardes te groepeer en andersyds die feit dat die ANC ’n huis teen homself
verdeel is.
Groeiende linkse politiek gaan verdere mobiliteit meebring.
Die ANC se handelsmerk rafel stadig maar seker uit en sal binne die
volgende dekade nie naastenby die trekpleister wees wat dit tot nou toe was
nie.
Die DA se vasberadenheid en harde werk het reeds en sal toenemend vrugte
afwerp.
Feit van die saak is, ons is besig om in die rigting van ’n twee- of
drieparty-staat te beweeg en die DA sal ’n beslissende mag op hierdie politieke
verhoog wees.
No comments:
Post a Comment