Sunday, June 19, 2011
SOURCE CODE
SPELERS: Jake Gyllenhaal; Michelle Monaghan
REGIE : Duncan Jones
PUNTE : 6 UIT 10
Ander resensente het die rolprent groot lof toegeswaai. Ekself het dit met moeite deurgesit.
Eenvouidige storielyn: ‘n Gewonde soldaat word wakker in die gedaante van ‘n ander man op ‘n trein oppad na Chicago. Sy reisgenoot verstaan nie wat in hom ingevaar het nie en waarom hy so vreemd optree nie. Die feit van die saak is dat ‘n bom oor sowat ses minute die trein gaan opblaas. Na elke plofslag herleef hy weer die paar minute voor die ontploffing met ‘n duidelike missie, hy moet vasstel wie die bom op die trein geplaas het. Maar soos in enige Hollywood film is hart en kop nie juis in gelid nie en die gewonde soldaat wat deel is van ‘n baie gevorderde wetenskaplike projek wil al die reĆ«ls breek om sy beeldskone reisgenoot se lewe te red.
Wat in die rolprent se guns tel is asemrowende mooi arendsvlug tonele oor die stad Chicago. Andersins is die redigering en verfilming in die algemeen baie goed. Ek kan dit veral aanbeveel vir liefhebbers van wetenskapfiksie.
Ja, die rolprent konfronteer sy karakters met ‘n morele dilemma, maar andersins is die storielyn dun en voorspelbaar. ‘n Kykbare film wat ses punte verdien.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment