The ANC cannot improve the lives of people by tinkering with the country’s provincial structure, writes DA councillor FRANCOIS BEKKER by e-mail.
(Lead letter in the Citizen)
Where the Democratic Alliance is in power good governance and real service delivery prevails. Frustrated by this, the ANC now wants to review the role of the provinces.
The ANC’s intention to meddle with the provinces is telling of the ruling party’s misguided idea about democracy.
The ANC feels, understandably, threatened by the DA. Instead of showing commitment to a multi-party democracy, it now wants to change the rules of the game to neutralise the rise of the opposition.
The real losers of the government’s destructive plans to change the roles of the provinces will be the people, who merely want service delivery, effective and accountable governance to be a reality, concepts obviously foreign to the ANC.
Let’s face it; the ANC is a power- hungry political movement that does not care about the needs of the people.
If the ANC cared about the voters it would try outsmart the DA with better policies, fit-for-purpose appointments and effective government that will provide the results our people are so desperately waiting for. But no, driven by an agenda to benefit a select few, self-interest will always be put above the needs and aspirations of the country.
Monday, October 18, 2010
Saturday, October 16, 2010
THE GIRL WITH THE DRAGON TATTOO

(Sweeds met Engelse onderskrifte)
Die skrywer Stieg Larson se trigologie: The Girl with the Dragon Tattoo, The Girl Who Played With Fire en The Girl Who Kicked the Hornets’ Nest, is ‘n internasionale letterkunde fenomeen wat nou na die wye doek verplaas is.
Dit is om baie redes ‘n rolprent bonus. Vir rolprentgangers soos ek wat net nie daarin kon slaag om my tande in die boeke geslaan te kry nie, bied dit mens die geleentheid om nou saam te gesels oor hierdie speur epog wat, veral na die afsterwe van die skywer nog voordat dit wêreldwyd ‘n wegholtreffer geword het, oornag kultus status vewerf het. Daarby is enige Sweedse rolprent altyd ‘n welkome afwisseling vir Hollywood cliche’s.
Dit vertel die verhaal van Michael Blomkvist ( Michael Nyqvist) wie se paaie kruis met Lisbeth Salander (Noomi Rapast), ‘n gekompliseerde maar knap navorser ( lees kuberkraker), as hy as kontroversiele maar gedugte ondersoekende joernalis betrek word by die ondersoek van sy broerskind se verdwyning veertig jaar gelede. Dit word ‘n intrige wat iets van die Sweedse psige blootlê wat andersins verswyg word. Ja ook in daardie mooi land met sy beskaafde reputasie is daar gierigheid, seksuele afwyking, politieke hubris en geweld teen vroue.
The Girl with the Dragon Tattoo is ‘n boeiende rolprent wat stewig ge-anker is in ‘n kontemporêre wêreld van rekenaars en die wêreldwye web wat tyd en afstand relatief maak. Die pragtige sneeu landskappe is nie bloot dekoratief nie, maar suggureer iets van die die mens se afsondering in ‘n ongenaakbare wêreld bevolk deur selfsugtige mense wat die swakkeres om hulle uitbuit.
Regisseur Niels Arden Oplev se rolprent het ‘n onderhoudende spanningslyn met karakters wat alles behalwe alledaags is. Dit word sterk aanbeveel vir liefhebbers van speurrillers en kry 7 uit 10.
Sunday, October 10, 2010
EAT PRAY LOVE

Almal kan identifiseer met die feit dat die lewe soms kruispaaie vir ons trek. Liz Gilbert (Julia Roberts) besef op ‘n dag dat sy op ‘n plek in haar lewe is waar sy nie wil wees nie. Haar huwelik is saai, haar lewe is sonder betekenis en haar toekoms lyk onseker. Die tipe gegewens waarmee baie van ons kan identifiseer. Sy sien die kruispad in haar lewe vir wat dit is en besluit om nie ongestoord voort te gaan nie. Sy kies ‘n afdraai pad wat haar op ‘n reis neem om die lewe te ontdek en weer by haar ware self uit te kom. Wie van ons het nie in ‘n mindere of meerdere mate dieselfde versugtings nie. Sy pak daar en dan die nodigste in ‘n tas en reis na Italie, Indie en Bali waar sy onderskeidelik die deugde van eet, gebed en liefde herontdek.
Wat ‘n eksistensiele verkenningstog kon wees ontaard in ‘n tipiese Hollywood drama wat eerder soetsappig is sonder om werklike lewensvrae te vra. Ja, daar is poskaart mooi tonele wat die asem wegslaan wat seker die viering van die lewe suggureer. Maar dis die invalle wat die innerlike reis tot selfontdekking lei wat ek in hierdie rolprent mis. Ek het die rolprent onsamehangend gevind. Welliswaar aanmekaar geplak sonder ‘n tematiese eenheid. Uiteindelik verloor ‘n mens kontak met die hoofkarakter. Dit is nie duidelik tot watter lewensinsigte sy kom en wat dit aktiveer nie.
Ek het die teater verlaat sonder om iets saam met my te neem. ‘n Twyfelagtige rolprentervaring wat 4 uit 10 kry.
Wednesday, September 29, 2010
TONY BLAIR - A JOURNEY
Tony Blair lyk energieryk op die omslag van sy memoir. Die vars skryf-aanslag wat dit suggureer, is nie ‘n vals belofte nie. Met Blair as ‘n woord virtuoos is dit ‘n boek wat lekker lees. Die leser word op ‘n boeiende reis geneem van ‘n politikus wat besef het dat sy party uit pas is met die kiesers se behoeftes. Blair karteer die paradigma skuif wat die Arbeiders moes maak om in pas te kom met ‘n moderne samelewing . Die zeitgeist waarmee die Arbeiders hulself moes vereenselwig, bewys hoe daar altyd ‘n wisselwerking tussen die samelewing en ‘n politieke party is. Om dit te ignoreer veronderstel stagnasie en uiteindelik irrelevansie. Met ander woorde, om die volksgemoed aan te voel. Hy besin oor waardes , sosiaal demokraties in sy geval, en die praktiese toepassing daarvan. Hy het ‘n hekel aan die ver- linkses in sy party se diktum. Terloops, sy beskrywing van die drie kategorieë Arbeiders binne sy party is fassinerend. Met die afsterwe van John Smith, Blair se voorganger, bevind die party hom by ‘n Rubicon wat oorgesteek moes word. ‘n Jare lange vriendskap met Gordon Brown het die oomblik verander toe Blair as aangewese leier na vore tree. Brown was van mening dat hy nogtans die de facto leier sou wees, iets wat Blair nooit toegelaat het nie.
As die argitek van New Labour het Blair die Arbeiders na die sentrum van Britse politiek geneem. Die breek met die verlede, die herdefiniering van ou tradisies en die omarming van die hede en die toekoms word die mantra van dit wat New Labour is. Oorweeg die slagspreuk: “Tough on crime, tough on the causes of crime.” Blair plaas ‘n besondere hoë premie op die rol en waarde van die individu. Hy respekteer aspirasie. En daarom glo hy aan ‘n samelewing wat geleenthede skep en harde werk beloon.
Die leser kry insae in moderne regerings wat soms as sofa governments beskryf word as Blair die rol van adviseurs oortuigend verduidelik. Ook die problematiek van regering word treffend beskryf. Die staatshervormings wat in die Blair jare onderneem is, is enorm. “You campaign in poetry and govern in prose.”
Daar kom baie aan die bod in hierdie nogal lywige memoir. Vrede in Noord-Ierland, Kosovo. Prinses Diana en Blair se verhouding met die vorstehuis. En natuurlik Irak en Gordon Brown.
Blair vra nie verskoning vir die oorlog in Irak nie. Oor die feit dat die inligting verkeerd was oor Weapons of Mass Destruction is hy uiteraard jammer. Hy ontken egter enige poging om intelligensie te versin om destyds ‘n oorlog te begin. Blair bely ‘n tekortkoming met die Irak kwessie. Die omvang van ‘n mislukte staat was nooit behoorlik verreken nie.
Die Blair-Brown verhouding was van meet af moeilik. Albei is van briljante kaliber. Albei ongelooflik ambisieus. En om sake net meer te kompliseer was Blair die eksponent van New Labour terwyl Brown se sentiment by die ou linkse tradisie van die Arbeiders gelê het. Wanneer jy jou van hierdie feite vergewis, verstaan jy waarom Brown as premier misluk het en waarom die Arbeiders, sonder ‘n visie om New Labour verder te neem, ‘n koue skouer by die kiesers gekry het.
Daar is heerlike anekdotes oor wêreldleiers, hul persoonlikhede, blapse en leierskapstyle. Soos George Bush wat op ‘n motorfiets by ‘n G 8 beraad ‘n polisieman raakry. Die Franse president wat Britse kos beledig. Om nie te praat van Gordon Brown wat op ‘n keer binne ‘n toilet vasgekeer is nie.
Uiteindelik ‘n sonderlinge blik op die Britse politiek, die internasionale politieke verhoog en Tony Blair die mens.
Saturday, September 25, 2010
WALL STREET: MONEY NEVER SLEEPS

Vanuit ‘n visuele oogpunt is Wall Street: Money never sleeps een van die beste rolprente wat ek in jare gesien het. Oliver Stone se rolprent verkry ‘n impresionistiese geladenheid met kameraskote wat die hebsug van geld skouspelagtig aan die kaak stel. ‘n Mens voel soms duiselig tussen die wolkekrabbers en bling wat die groot geld van Amerika aanhou skep. As gesoute regisseur laat Stone egter nooit sy karakters verdwyn teen ‘n asembenewende agtergrond nie.
Jacob (Shia LaBeouf) is die ambisieuse protégé wat ‘n waardevolle mentor verloor, een van die rolprent se aandoenlikse tonele, om daarna teen alle raad in, agter Gordon Gekko (Michael Doglas) aan te hardloop nadat hy so pas uit die tronk uitgestap het. Selfs Gordon se dogter, op wie Jacob verlief is, waarsku hom teen hierdie geldwolf.
Die deurlopende tema van die rolprent is die geldborrels wat spekulatiewe ekonomieë aanhou skep. Ook die ellende wat dit ten gevolg het. Sommiges kan hiervan wegstap, ander word magneties hiernatoe aangetrek. Dis die aard van die mens. En dis niks nuuts nie. ‘n Treffende annekdote wat Gordon Gekko met ons in hierdie verband deel is die tulpbolle eiendomslenter eeue gelede in Nederland..
Kragtige toneelspel, briljante fotografie wat simbolies gelaai is en ‘n regisseur wat weet hoe om sy storie te vertel, maak Wall Street ’n besondere rolprentervaring. Geld, sê hierdie rolprent, kraai nou maar eenmaal koning. Dit kry 8 uit 10. Francois Bekker
Sunday, September 19, 2010
NEDERLANDSE FILM ONTROER

OORLOGSWINTER
(7 UIT 10)
Dit is asof menslike deugde en swakhede meer akuut belig word tydens ‘n oorlog. In Oorlogswinter word lojaliteit, verraad en integriteit treffend aan die orde gestel. Ook die verlies aan onskuld is onafwendbaar gedurende oorloë. In hierdie rolprent sien ons die oorlog deur die oë van die tienerseun Michiel wie se pa ‘n burgemeester van ‘n klein Hollandse dorpie is. Michiel se eerste dilemma is of hy betrokke moet raak of wegkyk. Wanneer hy tot die redding van ‘n Britse vlieënier kom verander sy perspektief onherroepbaar met verreikende gevolge.
Oorlogswinter is knap verfilm en word gekomplimenteer met hoogstaande spel. Die jong akteur Martijn Lakemeier wat die rol van Michiel vertolk dra die film eiehandig met sy subtiele en gevoelvolle spel. Moenie ‘n gewone aksie belaaide oorlogprent verwag nie. Die regisseur Martin Koolhoven se aanslag is delikaat met ‘n spanningslyn wat eerder spruit uit menslike elemente as kordiet en grofgeskut. Emosioneel miskien te afgetrokke, maar nogtans ‘n treffende herinnering van die verwoestende aard van oorlog.
(Oorlogswinter is gebaseer op ‘n roman van Jan Terlouw. Baie Afrikaanssprekendes het reeds op skool met sy skryfwerk kennis gemaak met die voorgeskrewe boek Koning van Katoren)
Saturday, September 18, 2010
CASAC 'N WELKOME INISIATIEF
Niks is so kragtig soos ‘n idee waarvoor die tyd ryp is nie. Die stigting van die raad vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) is innoverend en akuut relevant. Die zeitgeist van Suid-Afrika noodsaak ‘n inisiatief van hierdie aard om tot die redding van ons jong en brose demokrasie te kom. Ofskoon Casac dit nie ten doel het om anti-ANC te wees nie, weet almal dat die wankelrige ANC-Cosatu-SAKP alliansie ‘n hoër premie op mag plaas as die beskerming en uitbouding van die demokrasie. Die party politieke landskap is die verhoog waarop politieke rolspelers hulself posisioneer om hulle ondersteuners se belange en aspirasies te artikuleer. Die grondwet is die teater waarbinne die politieke drama homself afspeel. Sonder ‘n trefseker Grondwet loop Suid-Afrika die gevaar om ‘n totalitere staat te word waarin legitieme rolspelers van die toneel af sal verdwyn. Anders gestel, Casac is ‘n insiatief wat allerweë verwelkom en ondersteun moet word om te verseker dat politieke mag
bly waar dit hoort – in die hande van die kiesers.
bly waar dit hoort – in die hande van die kiesers.
Subscribe to:
Posts (Atom)