Saturday, June 15, 2013
JUJU SE POLITIEKE BEWEGING IS SÓ IRONIES
( My brief wat in Donderdag se Beeld verskyn het)
Die naam van Julius Malema se politieke platform, “Economic Freedom Fighters”, is ironies.
Dit is die soort politieke beweging wat byval sal vind by die armstes van die armes. Maar pleks daarvan dat dit armes uit hul sosio-ekonomiese situasie sal “bevry”, sal hulle juis slegter daaraan toe wees as Malema se beweging sukses by die stembus behaal.
’n Verdere ironie is dat Malema nie bekend is vir sy beskeie leefstyl nie. Peperduur klere, horlosies, huise en motors pas nie by iemand wat kamtig soveel empatie met die armes het nie.
Daar is inderwaarheid nie plek vir Malema se beweging met sy rassistiese innuendo en verdwaalde ekonomiese idees in ’n moderne Suid-Afrikaanse demokrasie nie. In ’n markgedrewe omgewing waar Suid-Afrikaners toenemend ’n hoë premie op verdraagsaamheid plaas, sal Malema se uitgediende idees slegs onder ’n marginale groep Suid-Afrikaners byval vind.
Sou ’n Malema-geleide party volgende jaar aan die verkiesing deelneem, is dit net die ANC wat nog ’n bietjie steun onder ’n sekere segment van die samelewing sal verloor. Met baie ander probleme waarmee die ANC tans gekonfronteer word, sal dit ons politiek meer vloeibaar maak.
So beskou kan Malema, heel ironies, bydra om die demokrasie te versterk.
Thursday, June 6, 2013
BE GENEROUS WITH YOUR INPUT
( My brief in vandag se Pretoria News )
Any plan to improve public transport should be welcomed. If surveys are needed to determine the needs of commuters to ensure the best possible transport system, as was reported in the Pretoria News of 30 May, they must be supported. My appeal to residents is to be generous with their proposals and input - it is their needs after all that need to be addressed and this will only be possible with adequate information.
Plans informed by information collected through surveys will however, only be of value if implemented correctly. A concern in this regard is that the Tshwane Metro did similar surveys before. The most recent survey, if my memory serves me correctly, was conducted by the CSIR and to this day I cannot say what positive changes it brought about.
The situation with the Tshwane bus service is desperate. As a DA member serving on the Tshwane transport oversight committee, I receive calls almost daily from frustrated commuters from all over the city. I am cautiously exited about the survey to enable the Tshwane Metro to offer an effective public transport service.
Thursday, May 30, 2013
TOLERATING INCOMPETENT CONTRACTORS- SCANDALOUS
(My toespraak wat ek vandag in die Raad gehou het)
This report is an insult to the residents of Ward 83 and a confirmation of the ANC’S inability to use tax money wisely.
Window dressing and spin doctoring to camouflage the failures of this local government is one thing – looking at the tangibles that affect our residents directly on a daily basis is another thing altogether.
I do not wish to debate the merit of transferring funds from one project to another as such.
I want to highlight the reprehensible way in which this Metro tolerates contractors who cannot do the job assigned to them, contractors who pocket a lot of money for not delivering and then after all this the Tshwane Metro decides to abandon the project leaving it incomplete.
I refer you to point 3.4 of this report – The Garsfontein Pipe Reinforcement Project.
An incomplete construction site on the corner of Rubenstein Drive and Blouhaak Street is a monument and testimony of non delivery and wasteful expenditure.
Residents send me photos of this site almost weekly. The immediate vicinity of the site is an eyesore with old pipes and heaps of dirt abandoned for the past 2 years - a daily reminder to the residents of this Metro’s disregard for them. Incidentally, this site is bordering the Moreleta Nature reserve. Beautiful nature scenes on the one hand, depressing unsightliness caused by the Metro on the other hand.
The contractor in this instance failed to deliver and was given more chances than a cat with nine lives can ask for. Time and time again the contractor proved his inability to deliver.
Why, why, why? What systems allow such incapable businesses to get the contracts in the first place? There is no mention of penalties. Madame Speaker, the Tshwane Metro is failing the resident of this city.
Now I must take this report to the residents who complain to me every other day and say, your local government decided to transfer the remaining funds, R1.5 million rand, to another project.
I cannot give indication when the work will be completed but I can confirm that your tax money was wasted.
What an insult. Scandalous, scandalous, scandalous.
Saturday, May 25, 2013
ZUMA SE AANSIEN IS NIE HERSTELBAAR NIE
(My brief in vandag se BEELD)
Ek het nuus vir die ANC en spesifiek vir pres. Jacob Zuma.
Die beste beeldpoetsers, die mees verbete toesmeerdery van skandale en selfs meningspeilings wat Zuma se gewildheid onder sekere segmente van die samelewing aantoon, is nie genoeg om sy aansien onder die stille meerderheid Suid-Afrikaners te herstel nie.
Hoe het dit gebeur?
Militêre betrokkenheid in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Nkandla en die Gupta-fiasko is net ’n deel van die probleem.
Aan die wortel van die probleem is die verlies aan geloofwaardigheid.
Zuma se arrogansie, gebrekkige insig in wat ’n grondwetlike demokrasie beteken en algehele onverskilligheid teenoor die waardigheid en verantwoordelikheid van sy amp het mense van hom vervreem.
Die feit van die saak is dat mense Zuma, hoe sjarmant ook al, lankal nie meer ernstig opneem nie.
Monday, May 13, 2013
TUTU SE RUBICON-KRUISING BETEKENISVOL
(My brief in vandag se Beeld)
Dit is goed dat iemand met die statuur van emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu in die openbaar bekend maak dat hy nie weer vir die ANC sal stem nie. Baie mense sal vra hoekom dit Tutu so lank geneem het om hierdie besluit te neem.
In die storm-en-drang-jare van die stryd teen apartheid het Tutu ook op sy manier die strewe na gelykheid en vryheid vir alle Suid-Afrikaners verpersoonlik.
Die weë van die Tutu’s van hierdie wêreld en die ANC as ’n bevrydingsbeweging het soos een geloop in ’n narratief wat die afskaffing van rassediskriminasie bepleit het.
Die land het sedert 1994 ingrypend verander met ’n grootste poging om ’n land vir almal te wees vir hulle wat hulself Suid-Afrikaners noem.
Die ANC het ongelukkig nie verander nie. Of in ieder geval nie progressief of ten goede nie. Sonder morele kompas, sonder ’n visie en sonder leierskap het hierdie party nie net gestagneer nie, dit het degenereer tot iets destruktiefs.
Dit vat dus baie van iemand soos Tutu, wie se lewenspad nou verstrengel was met die bevrydingstryd, om oor ’n persoonlike Rubicon te kom. ’n Bevestiging van die feit dat ’n veelparty-demokrasie oor keuses gaan. En ’n wins vir andersdenkendes wat al hoe ongemakliker voel oor die verdwaalde politiek van die ANC.
Wednesday, May 8, 2013
BRIEF AAN HENNIE AUCAMP
Hierdie brief is vandag aan Hennie Aucamp gestuur.
Geagte
Hennie Aucamp
Met
waardering teenoor u goedgunstige reaksie op my versoek na u kontakbesonderhede
is dit met opgewondenheid dat ek aan u skryf.
'Mits dese wil ek vir jou sê'
het trouens die vermoë om enige
mens weer aan die skryf te kry. Dankie ook vir die vriendelike woorde oor die
telefoon vanmôre.
Dit
is die eerste 'fan' brief wat ek skryf. 'n Adolosente daad? Wat is die vereistes van 'n
bewonderaarsbrief? Die term bewonderaar
klink vreemd. Ontsag vir die bydrae wat
u op soveel gebiede van die letterkunde gemaak het is waar. Dat ek veral u
gepubliseerde dagboeke ( al drie van hulle), die memórie
'In die vroegte' asook die portrette 'Bly te kenne' onneersitbaar geniet het is waar. Amper
vergeet ek u bundel aforismes, ' Pluk die dag'. En tans u gepubliseerde briewe
- wat 'n wonderlike vreugde! Dat ek 'n
heilige respek het vir u ryk geskakeerde kuns en-literatuur kennis is waar.
Maar veral is dit die menslike aspek in u dagboeke en briewe wat my aangryp. 'n
Skrywer en opebare figuur wat, om u woorde te gebruik, 'na mens ruik'. Bewondering
dus ja, maar veral ontsag en respek.
Welwetend
dat u nie oor 'n rekenaar beskik nie en dus nie van die internet en e-posse
gebruik maak nie moet ek tydsverloop al voorlopig verreken. Ek beny u hierdie
posisie. In my werk is dit haas ondenkbaar om sonder 'n i-Pad oftewel tabletrekenaar deesdae te werk. My generasie
is vasgevang in die tegno-era. Soos die
filosoof Johann Rossouw dit treffend beskryf,
is die internet en e-posse die tiranie van die onmiddelike. Om onmiddelik kennis te neem van standpunte
en opdragte en onmiddelik te reageer. Indien niks anders nie, 'n absolute
malligheid wat nuwe betekenis aan ' 'n gejaag na wind' gee.
Dan
het u seker ook kennis geneem van Facebook, Twitter en derglike sosiale
netwerke. Oor Facebook voel ek ambivalent. 'n Mens sou kon argumenteer dat dit
weer mense aan die skryf gekry het. Nie geheel en al onwaar nie. Waaroor en hoe
geskryf word plaas die Facebook kultus egter onder verdenking. Ook is die 'kontak' wat mense met
mekaar behou via Facebook dikwels oppervlakkig, selfs vals. Tog bied dit my die geleentheid om my opinie
oor rolprente, boeke en sake van die dag met ander te deel. Sosiale media is
dus nie heeltemal sonder meriete nie.
Wat
ek van u briewe waardeer is 'n ou,wêreldse
bedagsaamheid. Met die hand geskryf nogal. In sy bundel kits-essays ( Ettienne
van Heerden se 'Stilte ná die boek'
) is daar 'n wonderlike ode aan die brief. ' Die wete dat die brief lank in 'n
kondukteurswa of op 'n stoomboot sou vertoef, het die skrywer daarvan des te
versigtiger gestem' skryf van Heerden. Stemming, gemoed, hoflikheid, ook
substansie en 'n soeke na antwoorde kenmerk u briewe.
Omdat
ek in die politiek is ( DA raadslid in Pretoria), skryf ek gereeld briewe wat
in die dagblad Beeld verskyn. Sake van die dag dus wat ek onder die loep neem.
Standpunt inname dus, politieke retoriek en skaamtelose propoganda vorm die
basis van my briewe. Dit verskaf my baie vreugde.
Ek
vertrou en hoop dat u gesondheid daar goed uitsien. Dat u nog vreugde put uit u
belangstellings in so 'n wye reeks onderwerpe. Dit sou 'n mistasting wees om 'n
enkele etiket om u nek te hang. As ek Aucamp aan die oningeligte moes beskryf
sou dit wees as Aucamp die esteet en woordkunstenaar wat 'n onskatbare bydrae
tot die Afrikaanse lettere gelewer het.
Met
baie goeie wense
Francois Bekker
Pretoria
Saturday, May 4, 2013
UNIEGEBOU MOES WEET VAN GUPTA-INVAL
My brief in vandag se BEELD
Die Gupta-sirkus wat hom in ons land afspeel, kan net aan een ding toegeskryf word: die Zumafikasie van die ANC en hierdie party se disrespek vir Suid-Afrika.
Feit is, hier is kolonisasie ’n stappie verder geneem. Met ’n prostituut-mentaliteit word ons trots, integriteit en soewereiniteit verkwansel vir Zuma-binnekring-sakekonneksies.
Enige poging om kamtige individue as skuldiges uit te wys is ’n verdere belediging vir enige Suid-Afrikaner se intelligensie.
Die Gupta-inval by die Waterkloof-lughawe sou nie plaasgevind het sonder die medewete en goedkeuring van die Uniegebou nie.
Gelukkig het ons nog ’n vrye pers wat voorvalle soos hierdie aan die groot klok hang. Wat weer bewys hoe belangrik dit is om jaloers oor persvryheid te waak.
Subscribe to:
Posts (Atom)