Wednesday, August 7, 2013

OUSTED FORMER MAYOR OF TLOKWE SHOWED POOR GRASP OF DEMOCRACY


The article "Good and bad in the Tlokwe farce" (Pretoria News, 2 August) deserves comment. The Potchefstroom face-off between the ANC and the DA is the epitome of what is wrong with our democracy and that it is possible to ensure genuine multiparty democracy.

The ANC believes it is entitled to power despite the rule of law, the democratic will of the people and policies dictating the election of office bearers.
 Hence the pathetic but failed attempt by the ANC mayor of that city to cling to power. To add insult to injury, the ousted Mayor now threatens to change the place name of Potchefstroom to Tlokwe once power is retained again. 

The name change threat is unfortunate. Not only does this confirm the suspicion held by many that the name change drive has little to do with celebrating the contributions of all in the country, but that it is a revenge-based endeavor.

A mayor, as is the case with a premier or the state president of the country, must demonstrate statesmanship by not only promoting the interests of a specific political party, but of all the residents despite political affiliation. A logical point of departure in this regard will be to ensure quality service delivery to all. 
Everything the former mayor of the Tlokwe municipality, Maphetle Maphetle, said and did over the past few weeks underlined his inability to grasp this basic truth of a genuine and mature democracy.

The Tlokwe incident also has an important message to South Africa at large. There is power mobility within the ANC and in the party political arena in general. It is up to voters to realise that they don't have to be satisfied with second-best and that they have a choice regarding the type of government they want. The power is seated with the voters, not with the politicians.

Thursday, August 1, 2013

POTCH IS 'N TOETS VIR SA SE DEMOKRASIE


POTCH IS 'N TOETS VIR ONS DEMOKRASIE 
(My brief in vandag se Beeld)

Polities onvolwasse en onverantwoordelik. 
Dít is hoe die ANC se reaksie in Potchefstroom verstaan moet word. 

Dit is verder nie 'n bemoedigende aanduiding van hoe die ANC sal reageer wanneer hy 'n nasionale verkiesingsnederlaag ly nie, wat volgens ontleders nie te ver in die toekoms lê nie.

Vraag is, moet hierdie optrede in Potchefstroom sinisme onder ons as kiesers ontketen? 
Allermins, dit beklemtoon juis die feit dat ons moet volhard in ons opeising van ons demokratiese regte.

Daarby moet ons intussen jaloers waak oor alle meganismes wat die demokrasie kan handhaaf en magsmisbruik bekamp. 
Elke andersdenkende, met anderwoorde hulle wie nie vir die ANC stem nie, moet besef dat die momentum om 'n nuwe meerderheid te vorm nou behou moet word. 
Die ANC sal nie sonder slenters afstand van hul mag doen nie. Dit strek hulle natuurlik tot skande en ontbloot hul werklike verbintenis tot die demokrasie. Soos die gerekende politieke ontleder dr. Frederik Van Zyl Slabbert destyds gewaarsku het, die ware toets vir ons demokrasie sal wees wanneer die ANC by die stembus verslaan word. Ons durf nie daardie toets druip nie.

Monday, July 8, 2013

DIE LAASTE TANGO


(My bespreking van Deon Meyer se rolprent)

Aangenaam verras. Dis hoe ek voel oor die skrywer/ regisseur Deon Meyer se Afrikaanse aksie-fliek, Die Laaste Tango. Dit vertel die verhaal van 'n psigies uitgebrande speuder wat op 'n Karoo dorp moet gaan afkoel nadat hy die kluts kwytraak op die spoor van 'n reeksmoordenaar. Op Loxton moet hy net rondvra oor 'n polisieman wat gedros het en verder probeer om te ontspan. Maar ontspan is nie juis sy ding nie. Sy pad kruis met Ella, 'n kankerlyer wat nog eenmaal die Tango wil dans, en ander dorpenaars wat kan aanspraak maak op die onskuld van die lewe. Of kan hulle?
Ek is 'n getroue leser van Meyer se aksie romans. Maar ek het ernstige voorbehoude gehad oor hom as draaiboekskrywer en regisseur. Sy Jakhalsdans was byvoorbeeld 'n groot telleurstelling. Die Laaste Tango het my egter verras. Meyer druk sy stempel duidelik af op hierdie rolprent. Hier en daar is 'n karakter en akteur wat nie oortuig nie.  Die glibberige prokureur is darem net te oordrewe. Die spel van die vroue dokter is swak. 
Wat ook opgeval het is die aanwendig van verkeerde polisie rangtekens. Wou die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie die projek ondersteun nie of is daar kortpad gevat aan die kant van die regisseur en produksiespan? Sulke detail behoort so getrou en korrek moontlik uitgebeeld te word.
Nie foutloos nie maar ek het dit nogal boeiend en onderhoudend gevind - soos sy boeke. Ek beveel dit sterk aan as 'n knap Afrikaanse aksie rolprent en gee dit 'n stewige 6 uit 10. Gaan sien dit gerus.

Monday, July 1, 2013

WOLF, WOLF

My bespreking van Eben Venter se boek

WOLF, WOLF  deur Eben Venter (Tafelberg)

VERDIENSTELIK, MAAR NIE ONVERGEETLIK NIE

Ek moet uit die staanspoor sê dat ek nie 'n getroue aanhanger van Venter se oeuvre is nie. Sy skryfstyl het my nog altyd vreemd opgeval. Tog beskou ek hom as 'n belangrike stem in die Afrikaanse letterkunde. 'Ek stamel, ek sterwe' wat die kwessie van vigs onder die loep geneem het, het wye lof ingepalm. 'Begeerte'  was vir my 'n boeiende leesondervinding. Dit was prosa met  'n lyflikheid wat enduit geboei het.

Wolf, wolf , vertel die verhaal van 'n gay man wat sy sterwende vader versorg. Tematies word die gebroke verhouding tussen 'n seun en sy vader ondersoek.  Verskeie kwessies kom aan die bod. Oorheersend is die spanning tussen die patriagale lewensbeskouing ingegee deur die Calvinisme en 'n kontemporêre lewensuitkyk ingegee deur die hedonisme. Die vader se homofobiese uitkyk plaas druk op die sukkelende verhouding tussen Mattheüs en sy lover, Jack. Mattheüs se suster wat ons net as Sissie leer ken bly op die agtergrond waar sy 'n gerieflike afstand tussen haarself en die sterwensdae van haar vader handhaaf. Mattheüs se pornografiese verslawing kompliseer sy verhouding met Jack verder. Die kwessie van geld is van meet af teenwoordig.

Venter probeer kennelik met 'n vernuwende  skryfstyl sy storie vertel. Dit adem wel iets van die hedonistiese en het ek my verbeel  'n nihilistiese ingesteldheid van die hoofkarakter. Of dit egter prosa word wat enduit slaag is iets waaroor ek nie seker voel nie.   Die dialoog tussen vader en seun en veral die vader se monoloë wat hy op band opneem is nie altyd oortuigend nie. Die afloop van die verhaal kon korter en meer kreatief  gewees het. Dit is asof die verhalende elemente sukkel om momentum te verkry.

Problematies vir my is die verband tussen titel en tema. Die wolf motief is nie duidelik nie. Eers speel Jack wolf, wolf. Later speel Mattheüs en Jack saam wolf, wolf met die idee om te treiter en die geteikendes aan die raai te hou oor hulle identiteite.

Uiteindelik vertolk ek die tema as 'n introspektiewe insig wat by Mattheüs aanklop as hy sy eie vermoë of onvermoë tot die liefde moet herken vir wat dit is of nie is nie. Dit is 'n verdienstelike leeservaring wat iets vertel van mense verhoudings. Ek twyfel of dit Venter se beste werk is, daarvoor is beide die verhalende elemente asook die tematiese motiewe nie altyd oortuigend nie.    

Saturday, June 15, 2013

JUJU SE POLITIEKE BEWEGING IS SÓ IRONIES


( My brief wat in Donderdag se Beeld verskyn het)

Die naam van Julius Malema se politieke platform, “Economic Freedom Fighters”, is ironies.
Dit is die soort politieke beweging wat byval sal vind by die armstes van die armes. Maar pleks daarvan dat dit armes uit hul sosio-ekonomiese situasie sal “bevry”, sal hulle juis slegter daaraan toe wees as Malema se beweging sukses by die stembus behaal.
’n Verdere ironie is dat Malema nie bekend is vir sy beskeie leefstyl nie. Peperduur klere, horlosies, huise en motors pas nie by iemand wat kamtig soveel empatie met die armes het nie.
Daar is inderwaarheid nie plek vir Malema se beweging met sy rassistiese innuendo en verdwaalde ekonomiese idees in ’n moderne Suid-Afrikaanse demokrasie nie. In ’n markgedrewe omgewing waar Suid-Afrikaners toenemend ’n hoë premie op verdraagsaamheid plaas, sal Malema se uitgediende idees slegs onder ’n marginale groep Suid-Afrikaners byval vind.
Sou ’n Malema-geleide party volgende jaar aan die verkiesing deelneem, is dit net die ANC wat nog ’n bietjie steun onder ’n sekere segment van die samelewing sal verloor. Met baie ander probleme waarmee die ANC tans gekonfronteer word, sal dit ons politiek meer vloeibaar maak.
So beskou kan Malema, heel ironies, bydra om die demokrasie te versterk.

Thursday, June 6, 2013

BE GENEROUS WITH YOUR INPUT


( My brief in vandag se Pretoria News )                                                                     

Any plan to improve public transport should be welcomed. If surveys are needed to determine the needs of commuters to ensure the best possible transport system, as was reported in the Pretoria News of 30 May, they must be supported. My appeal to residents is to be generous with their proposals and input - it is their needs after all that need to be addressed and this will only be possible with adequate information.

Plans informed by information collected through surveys will however, only be of value if implemented correctly. A concern in this regard is that the Tshwane Metro did similar surveys before. The most recent survey, if my memory serves me correctly, was conducted by the CSIR and to this day I cannot say what positive changes it brought about.

The situation with the Tshwane bus service is desperate. As a DA member serving on the  Tshwane transport oversight committee, I receive calls almost daily from frustrated commuters from all over the city. I am cautiously exited about the survey to enable the Tshwane Metro to offer an effective public transport service. 





Thursday, May 30, 2013

TOLERATING INCOMPETENT CONTRACTORS- SCANDALOUS


(My toespraak wat ek vandag in die Raad gehou het)

This report is an insult to the residents of Ward 83 and a confirmation of the ANC’S inability to use tax money wisely.
Window dressing and spin doctoring to camouflage the failures of this local government is one thing – looking at the tangibles that affect our residents directly on a daily basis is another thing altogether.
I do not wish to debate the merit of transferring funds from one project to another as such.
I want to highlight the reprehensible way in which this Metro tolerates contractors who cannot do the job assigned to them, contractors who pocket a lot of money for not delivering and then after all this the Tshwane Metro decides to abandon the project leaving it incomplete.
I refer you to point 3.4 of this report – The Garsfontein Pipe Reinforcement Project.
An incomplete construction site on the corner of Rubenstein Drive and Blouhaak Street is a monument and testimony of non delivery and wasteful expenditure.
Residents send me photos of this site almost weekly. The immediate vicinity of the site is an eyesore with old pipes and heaps of dirt abandoned for the past 2 years - a daily reminder to the residents of this Metro’s disregard for them. Incidentally, this site is bordering the Moreleta Nature reserve. Beautiful nature scenes on the one hand, depressing unsightliness caused by the Metro on the other hand.
The contractor in this instance failed to deliver and was given more chances than a cat with nine lives can ask for. Time and time again the contractor proved his inability to deliver.
Why, why, why? What systems allow such incapable businesses to get the contracts in the first place? There is no mention of penalties. Madame Speaker, the Tshwane Metro is failing the resident of this city.    
Now I must take this report to the residents who complain to me every other day and say, your local government decided to transfer the remaining funds, R1.5 million rand, to another project.
I cannot give indication when the work will be completed but I can confirm that your tax money was wasted.
What an insult. Scandalous, scandalous, scandalous.