Saturday, September 11, 2010

BEWUSMAKING TEEN MEDIA INPERKING

MY BRIEF IN BEELD: 11 SEPTEMBER
Swart strikkie moet verset teen aanslag op vrye media uitbeeld
deur Francois Bekker van Lynnwood


Die regering se planne vir ’n mediatribunaal verteenwoordig die kreeftegang van ons demokrasie.

Sonder ’n vrye media is deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die gedrang en sal onbeperkte mag in die hande van die regerende party geplaas word.

’n Openbare bewusmakingsveldtog moet dringend begin word om die burgerlike samelewing te mobiliseer teen diĆ© aanslag op ons demokrasie.

Ek stel voor dat ’n strikkie vir mediavryheid geskep word wat mense kan dra om hul verset teen die aanslag op vryheid van spraak uit te beeld.

Soos vigs- en kankerstrikkies moet so ’n strik ons elke dag daaraan herinner dat ’n vrye media noodsaaklik is.

’n Stigting vir ’n vrye media kan geld insamel met die verkoop van sulke strikkies vir hofsake waarin joernaliste in die toekoms gewikkel kan wees.

Die pen was nog altyd magtiger as die swaard.

’n Swart strik kan die ink wat nodig is vir die vrye vloei van inligting simboliseer.

Alle Suid-Afrikaners wat hierdie oortuiging deel, moet nou saamstaan om die regering se aanslag op ’n vrye media te stuit.

No comments:

Post a Comment