Thursday, December 29, 2011

SA KAN ANC-PARTYTJIE NIE BEKOSTIG NIE


(My brief in vandag se Beeld)
Beeld se waarskuwing gister in ‘n hoofartikel oor ‘n donker eknomiese prentjie vir 2012 laat ‘n mens wonder of die ANC bewus is van die huidige ekonomiese realiteite.
Suid-Afrika gaan gewis nie dié keer lig afkom van die internasionale ekonomiese krisis wat besig is om te ontvou nie.
Daarom is die beplande ANC eeufeespartyjie wat die belastingbetaler na raming R 100 miljoen gaan kos ‘n dekadente uitlewing in onsensitiewe politieke selfverheerliking.
Suid-Afrika kan nie so ‘n duur partyjie bekostig nie.
Die ANC moet eerder met eerlike selfondersoek maniere vind om belastinggeld
produktiewer aan te wend, korrupsie te bestry en die land beter te regeer.

Monday, December 26, 2011

THE IDES OF MARCH


SPELERS: Philip Seymour Hoffman; Ryan
Gosling; George Clooney
REGIE : George Clooney
PUNTE : 8 UIT 10
Die mate waartoe die politieke verhoog hom tot ambisie, selfsug en lang messe leun, is
alom bekend. Dit is hierdie siniese blik op die Amerikaanse politiek wat op ‘n
spannende en boeiende wyse in Clooney se The Ides of March onder die loep geneem
word.
Goewerneur Mike Morris se hoop om die Wit Huis te betrek, hang af van hoe die Demokrate in
die Ohio voorverkiesing sal stem. Twee mense wat sy veldtog tot dusver suksesvol
bestuur, is sy veldtogbestuurder, Paul Zara (Hoffman) en sy media adviseur, die
jong Ryan Goslyng( Meyers). Totdat Goslyng ‘n misstap begaan en die harde les
leer dat die algabra van politiek niks met aanvaarde formules te make het nie.
Die veelseggende openingstoneel kontrasteer ‘n idealistiese, naiewe Goslyng en dieselfde karakter aan die einde, maar nou ‘n geslepe politieke medespeler waar
politieke oorlewing aan die orde van die dag is ongeag die lyke, letterlik en
figuurlik, agter hom. Ek het lanklaas so ‘n oortuigende karakterontwikkeling
gesien.
Dit is ‘n politieke drama gelaai met intrige so reg uit die Shakespeare stal en ingegee
deur die dramatisering van die sameswering teen Ceaser. Op die keper beskou verloop die politieke spel selde sonder die idus van Maart, oftewel onheilsdae wanneer die lang messe met opponente afreken.
‘n Knap en boeiende rolprent wat veral die Amerikaanse politiek as genadeloos ontbloot.


Saturday, December 17, 2011

MISSION IMPOSSIBLE- GHOST PROTOCOL


FILM: MISSION IMPOSSIBLE – GHOST
PROTOCOL
SPELERS: Tom Cruise; Paula Patton
REGIE : Brad Bird
PUNTE : 7 UIT 10
‘n Kernwapen deskundige wil die globale ekwilibrium herstel deur dit paradoksaal met ‘n kernwapenoorlog te versteur. Agent Ethan Hunt (Cruise) en sy span wat die booswig wil stuit, bevind hulself egter in die koue nadat die Amerikaanse president hulle operasionele eenheid gesluit het. Maar iemand moet die rampspoed afweer en Hunt, desnieteenstaande wat
ookal, is altyd gereed vir ‘n uitdaging.
Skop-skiet, klim-en-klouter, en naelbyt-aksietonele word tot nuwe hoogtes gevoer met
hierdie tegno-verbeeldingsvlug wat jou vasgenael hou van begin tot einde. Dit
is nie ‘n fliek wat vra om die toets van waarskynlikheid te slaag nie. En waarom
sal ‘n mens nou tob oor die verhaallyn as so ‘n visuele fees voor die oog
afspeel?
Die vierde Mission Impossible rolprent is ‘n waardige toevoeging tot die aksie fliek genre
en ideale vakansie fliekvermaak vir aksievrate.

Wednesday, December 14, 2011

HOU SA POLITIEK DOP IN KOMENDE JAAR


(My brief in vandag se Beeld)


As ’n mens doemprofete moet glo, is ons in vir ’n ding volgende jaar.
In Suid-Afrika is die winde van verandering bes moontlik ten goede aan die
opbou.
2012 sal met die moeder van alle partytjies begin.
As die oudste politieke party in die land is ’n eeufees vir die ANC nie ’n
geringe gebeurtenis nie.
Hy sal immers in die annale van die geskiedenis erken word vir sy epiese
bevrydingstryd wat die land van die juk van apartheid bevry het.
Twaalf maande later sal die vrolikheid vergete wees op die ANC se na­sionale
kongres. Die interne stryd, gevoed deur eiebelang, gaan kookpunt bereik met
slagordes wat opgestel is om letterlik die bloed van aanspraakmakers op
posisies te eis.
Om nie eens van die presidensiële opvolgingskwessie te praat nie.
Die verromantisering van die ANC se bevrydingstryd sal sy laaste hoogtepunt op
die veelbesproke eeufeesviering bereik. Die werklikheid van ekonomiese
ongelykhede, korrupsie, onbekwame regering en selfverryking sal die momentum
van ontgogeling onder veral tradisionele ondersteuners van die ANC eens en vir
altyd inhaal.
Die ANC se onbeheerste hubris en verraad teenoor sy eerbare ideale van weleer
wat tydens die Groot Partytjie in Januarie besing sal word, is verdoemend vir
hom. Só beskou, sal die partypolitieke landskap veral ná 2012 ingrypend begin
verander.
Die grootste veranderinge ten guns­te van die politieke normalisering wat die
weg sal baan vir ’n lewensvatbare veelpartydemokrasie

Thursday, December 8, 2011

BUS CRISIS NEEDS DESPERATE MEASURES

(My letter in today's Pretoria News)

The outcry among commuters about the collapsing bus service resonated recently in media
reports and discussions in Tshwane Metro meetings.
The executive mayor was quite frank about the state of affairs at the bus service during last
month’s council meeting. He admitted that the bus service is experiencing an unprecedented
crisis.
The DA is in agreement with the mayor – the sorry state of affairs is indeed a crisis. The crisis in fact a desperate situation that necessitates desperate measures to avoid a public transport disaster.
The DA welcomes the fact that consultants were appointed to identify key challenges
and suggest solutions to get the bus service back on track.
Worrying, however, is the inconvenience experienced by commuters on a daily basis. These
commuters, of whom many are elderly people, people with disabilities and pupils,
do not want to see Power point flight of fantasy presentations and hear promises
that their plight will not be ignored. They want tangible results. The risk of
not taking into consideration their needs will soon forever alienate this
client base. Without a reliable client base the bus service will not be viable.
Losing the bus service all together will paralyse any attempt to get the public
to switch to public transport.
The DA has repeatedly indicated its willingness to assist with fixing the problem. True
leadership and the political will to address the issues contributing to the bus
service, is what it will take to get this service back on track. We owe it to
residents of our city, especially those commuters who rely on public transport
daily.
Even those of us who do not use the bus service subsidise it through our rates and taxes;
buses are paid for by residents and are contractually owed the service by the
municipality; the courts would agree with this line of argument.

Friday, November 25, 2011

ANC SE GEBREKKIGE INSIG GEE OPPOSISIE 'N GULDE GELEENTHEID





(My brief in vanda se Beeld)

Die ANC het sy eerbare ideale finaal die rug toegekeer deur ten gunste van die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te stem.

’n Vrees vir die waarheid het die regerende party genoop om sy hegemonie te gebruik ten koste van redelikheid, deursigtigheid en verantwoordbaarheid. Soveel stemme vanuit uit¬- eenlopende oorde het opgegaan teen hierdie wetsontwerp. Om bloot sy meerderheidstem in die parlement te gebruik, druis in teen die gees van ’n werklik lewensvatbare demokrasie.

Wat hou die toekoms in? Myns insiens het die ANC die geveg gewen terwyl hy die oorlog verloor.

Die ANC besit nie meer die morele hoë terrein nie. Gewone Suid-Afrikaners voel al hoe meer vervreemd van hierdie party, wat slegs in eiebelang regeer. Dis ’n sukkelende party wat gekortwiek word deur binnegevegte, korrupsie en die onvermoë om basiese dienste van gehalte te lewer. En nou het die ANC die duidelikste sein nog gegee dat hy nie verbind is tot ware demokrasie nie.

Opposisiepolitiek het nog nooit so ’n gulde geleentheid gehad om munt te slaan uit die ANC se gebrekkige insig in die waarde wat Suid-Afrikaners aan ’n lewensvatbare demokrasie heg nie.

My voorspelling is dat die finale oordeel by die stembus gevel sal word en dat die regerende party baie spyt gaan wees omdat hy die geskiedenis verkeerd vertolk het.

Monday, November 21, 2011

DIE ANC KORT 'N MORELE KOMPAS


(My brief in vandag se Beeld)

Die stortvloed berigte oor ANC politici wat hulle aan vergrype skuldig maak, laat die vraag by die siniese leser ontstaan of die regerende party enigsins ernstig is oor ‘n skoon, deursigtige en verantwoordbare regering.
Verskoon my sinisme, maar ek kan nie anders as om te vermoed dat politieke rampokkers soos mnr. Julius Malema eers hulle rieme styfloop as hulle ‘n bedreiging vir die politieke ambisies van iemand in die ANC word. Wat ‘n treurige toedrag van sake.
Kan iemand ‘n dringende e-pos aan Kersfeesvader stuur om ‘n morele kompas by Luthuli-huis af te lewer? Die ANC is lank al nie meer sinoniem met beginselvaste besluite wat in die beste belang van gewone Suid-Afrikaners geneem word nie.

Thursday, November 17, 2011

7 DAE


Skrywer: Deon Meyer
Uitgewer: Human & Rousseau



Sewe dae in die lewe van kaptein Bennie Griesel, verbonde aan die Valke, die polisie se spesiale ondersoekeenheid, bied ‘n insiggewende blik op meedoënlose speurwerk wat die labirint van georganiseerde misdaad in ‘n kontemporêre Suid-Afrika verken. Sy doelwit is om ‘n sluipskutter wat polisiemanne skiet vas te trek. Sy tweede doel is om die moord op Hanneke Sloet op te los. Die sluipskutter sal immers toeslaan totdat die Sloet-moord opgelos is. Tussendeur moet Griesel met sy eie verlede en demone worstel om kop bo water te hou.
Deon Meyer aanhangers weet wat om te verwag met elke nuwe boek uit sy spanning-en-misdaad pen. Lewensgetroue karakterisering, filmiese aksie-tonele en 'n boeiende speurtog teen die agtergrond van ‘n multikulturele Suid-Afrika.
Wat aan die bod kom in 7 DAE is die anatomie van ‘n polisieondersoek wat ‘n moord en ekstremistiese waansin moet blootlê ten einde vas te stel wie het gemoor en waarom. Dis ‘n oeroue verhaal wat die mensdom nooit verveel nie.
Meyer is ‘n meester stilis wat die alledaagse, spanningelemente en die ding van gewoon menswees onderlê deur ‘n vrees vir mislukking, jaloesie, hebsug en wraak op ‘n verhalende manier opstel om die leser by die intrige te betrek en enduit te boei.
Volgens Meyer se eie erkentenis aspireer hy nie om hogere letterkunde te skep nie. Soos die res van sy oeuvre is 7 Dae egter ontspanningslektuur uit die boonste rakke. Dis intelligent en hoogs vermaaklik.
Lees dit en geniet dit.

Saturday, October 29, 2011

SA, VIER FEES OOR DA SE LINDIWE


(My brief in vandag se Beeld)


Waar die DA vandag is, sal Suid-Afrika môre wees. Nie-rassig, demokraties en toekomsgerig.

Met die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier, is Suid-Afrika ’n stap nader aan ’n daadwerklike grondwetlike demokrasie gerugsteun deur die oppergesag van die reg, die duidelike skeiding van magte en ’n oopgeleentheidsamelewing vir almal.

Die DA staan vir ’n nie-rassige Suid-Afrika. Om Martin Luther King by te haal, ’n land waar dit nie gaan oor die kleur van jou vel nie, maar die inhoud van jou karakter.

Waar meriete swaarder weeg as party-lojaliteite. Om Suid-Afrika ’n tuiste te maak dus vir elkeen wat hom- of haarself ’n Suid-Afrikaner noem.

Die jong en bekwame Mazibuko verpersoonlik die ideale van jong Suid-Afrikaners oor kultuurgrense heen wat werk vir ’n beter toekoms met geen erg aan futiele debatte om die verlede lewend te hou nie.

Mense op voetsoolvlak het vandag rede om fees te vier.

Die toekoms is nie meer wat dit was nie.

Dis vry, regverdig en dit werk. Viva Mazibuko, viva DA.

Tuesday, October 25, 2011

NAOMI

Die nuweling in ons lewe regverdig 'n uitsondering op die reel wat betref die artikels wat ek op my blog plaas. Alhoewel persoonlik, is ons baie bly oor Naomi. Sy was gister 'n hele week oud. Mamma herstel goed na die keiser en ons geniet elke oomblik saam met Naomi.

Sunday, October 16, 2011

GEPLUNDER WYS GRYPKULTUUR

(My brief in vandag se Rapport)

Die skaamtelose plunder van belastinggeld tydens die Wêreldjeugfees (“Vet gevreet aan belastinggeld”,(Rapport, 9 Oktober) bevestig waarom die idee van welvaartbelasting verwerp word. Daar is legio beter maniere om ‘n bydrae tot die opheffing van die land te maak sonder om swaar verdiende inkomstes aan die risiko’s van ‘n inhalige grypkultuur bloot te stel.
Die lys skades en skandes van die regerende party, wat toevallig volgende jaar sy 100ste bestaansjaar vier, word by die dag langer. Oor wat hierdie feesvieringe gaan kos kan ‘n mens maar net raai. Vir wie se rekening dit gaan wees, sal in die komende maande eweneens omstrede wees. Ware waardetoevoeging tot die gehalte van lewe van veral voorheen benadeeldes is skaamtelik ondergeskik aan die plesiersoekery van die selfverrykende elite.
Moreel bankrot en uit voeling met die mense op voetsoolvlak se stryd en strewe om ‘n beter lewe, word die gaping tussen die regering en sy kiesers al hoe groter. Die ANC het sy eie grootste vyand geword.

Saturday, October 15, 2011

SO WORD ONS DIE NASIE WAT ONS VERONDERSTEL IS OM TE WEES





(My brief in vandag se BY - binne Beeld)

Die onderhoudende artikel van Hermann Gilomee oor minderhede (By 8 Oktober 2011) onderstreep die belangrikheid om bedag te wees op die verskillende bydraes wat burgerregte-organisasies en politieke partye kan maak. Stilbly is beslis nie ‘n opsie nie en die regering moet verantwoordbaar gehou word dienooreenkomstig sy sosiale kotrak met al die mense, ook Afrikaanssprekendes, van Suid-Afrika. So beskou artikuleer burgerregte- organisasies soos Afriforum belange op ‘n demokratiese wyse binne die raamwerk van die Grondwet.
Die uitdaging is egter om nie vas te val in ‘n minderheidsparadigma nie. Hierin speel politieke partye ‘n kardinale rol. Om oor kultuurgrense heen te verening rondom gedeelde waardes - soos die basiese behoefte aan dienslewering van gehalte - vra nie na die taal waarin jy jou vrese en apsirasies artikuleer nie. Met onlangse verkiesingssukesse en ‘n regerende party wat voeling met mense op voetsoolvlak verloor, vorm die nie-rassige en toekomsgerigte Demokratiese Alliasnsie ‘n nuwe meerderheid. Om die regerende party geloofwaardig by die stembus uit te daag, verg ‘n nie-rassige en demokratiese poging wat die verbeelding van mense oor kultuurgrense heen aangryp.
Die uitdaging is om uit ons silo-denke te breek sonder om ons identiteite prys te gee. Met ‘n kreatiewe en konstruktiewe wisselwerking tussen burgerregte-organisasies en politieke partye kan ons die nasie word wat ons veronderstel is om te wees. Die toets is om die spesifieke en algemene met mekaar te balanseer - noem dit ‘n pragmatiese dualisme binne ‘n plurale gemeenskap. Onbeskaamd divers, maar verening rondom gedeelde waardes en ideale

Friday, October 14, 2011

MEN IN THE CITY


SPELERS: Christian Ulmen; Nadja Uhl
REGIE : Simon Verhoeven
PUNTE : 7 UIT 10

(Duits met Engelse onderskrifte)


Vyf mans se romantiese probeer-en-trefslae word onder die loep geneem in hierdie Duitse fliek. Hulle sukkel om uiting aan hulle emosies te gee of weet nie hoe om die fenomeen liefde onder woorde te bring nie. Soekend, kompeterend, wellustig, verward of bloot aweregs is waardes wat aan hierdie menere toegedig kan word.
Dit is ‘n rolprent met ‘n vinnige pas en ‘n komiese aanslag. Dit gaan oor vyf ouens se drome, ego’s en soeke na, ja kan jy glo, die liefde. Sommige ouens herken dit vir wat dit is, ander moet dit eers verloor alvorens hulle dit waardeer. Een ding is seker, daarsonder kan die lewe puntloos wees.
Dit is nie ‘n grootste fliek met swaar temas of diep motiewe nie. Dit romantiseer die lewe op ‘n nogal pittige wyse met ‘n skeut kitch en sentiment. ‘n Feel good rolprent wat bewys dat benewens testosteroon mans ook harte het. Sien dit gerus.

Friday, October 7, 2011

ANC OP DIESELFDE PAD AS DIE NATTE


(My brief in gister se Beeld)

Die een verwyt wat die huidige bewindhebbers gedurig huldig het so pas verval.
Die ANC het nie meer die reg om kolonialisasie as onwys af te maak nie. Die Dalai Lama-voorval bewys dat Suid-Afrika onder die ANC- regering opnuut gekolonialiseer word, hierdie keer deur ‘n land met ‘n skandelike menseregtegeskiedenis.
Moreel bankrot, sonder idees om ekonomiese ongelykhede uit te skakel,toenemende diensteleweringmislukkings en vasgevang in interne faksiegevegte is die ANC koersvas op pad na dieselfde prostituutbegrafnis as die van die Nasionale Party.

Thursday, September 29, 2011

DA AKKOMMODEER MENSE VAN VERSKILLENDE TALE EN GODSDIENSTE



(My brief in vandag se Beeld)

As Afrikaner en trotse lid van die Tshwane DA-koukus het ek ‘n plig om te reageer op die berig “DA sê oor taal en hoekom hy nie bid” (Beeld, 28 September). Hierdie berig, wat gebaseer is op ‘n kwaadwillige en anonieme e-pos, wek ‘n wanindruk van die positiewe gees in hierdie koukus.
‘n Minuut stilte vir elkeen van die 82 koukuslede om elkeen vir sy of haar God te bid, is in pas met die grondwet wat geloofsvryheid waarborg. Omdat die DA ‘n nie-rassige Suid-Afrikaanse party is wat die ANC toenemend geloofwaardig by die stembus uitdaag, is die DA uiteraard nie ‘n eksklusiewe Christen of Afrikaner party nie. Desnieteenstaande voel ek as Afrikaanssprekende my volkome tuis in hierdie koukus wat dikwels my saak in Afrikaans stel, maar in Engels genotuleer word sodat al my kollegas verstaan wat gesê word. Dit is ook so dat ek my dikwels in Engels uitdruk sodat almal my argument volg. Stel jou voor as my Xhoza- kollega aandring om in Xhoza te praat, want ek moet erken ek kan nie Xhoza praat nie. Hierdie taaldilemma is nie eie aan die DA se Tshwane-koukus nie, maar word soos in elke denkbare Suid-Afrikaanse werksomgewing pragmaties gehanteer. So word alle lede van die span wat gemeenskaplike doelwitte nastreef, geakkommodeer .
Onder die bekwame leierskap van die Engelsprekende Brandon Topham, wat met ‘n Afrikaanse vrou getroud is en pragtige Afrikaans met sy Afrikaanssprekende kollegas praat, beywer die DA in die Tshwane- koukus hom vir gehaltedienslewering aan alle inwoners van die stad om uiteindelik ‘n haalbare alternatief vir die ANC te wees.

Thursday, September 22, 2011

UITTREKSEL UIT 'N BRIEF AAN MY KIND


Oor net bietjie meer as 'n maand word ons eerste kind gebore. Ek is besig om 'n brief vir haar te skryf wat sy eendag as volwassene kan lees. Hieronder die gedeelte waarin ek in 'n neutedop ons politieke situasie beskryf:

'Belangrike datums op die politieke kalender is 1652, 1948, 1990, 1994. Aanvanklik kolonialisme, toe ‘n blanke( Afrikaner) heerskapy, later die aanbreek van die sogenaamde nuwe Suid-Afrika en 17 jaar gelede ons eerste volwaardige demokratiese verkiesing.
Ek is twintig jaar na die amptelike instelling van apartheid gebore. Teen die tyd wat ek stemgeregtig was het ek ‘n progresiewe Nasionale Party ondersteun wat minderheidsoorheersing wou beëindig omdat apartheid nog moreel verdedigbaar, nog volhoubaar was.
Rasgebaseerde politiek gerugsteun deur getalle politiek bedreig egter ‘n grondwetlike demokrasie gebaseer op ‘n regstaat waarbinne die magte van die wetgewende, uitvoerende en regsgesag duidelik geskei is. Voeg hierby die gaping tussen die ‘haves’ en die ‘have nots’ en jy snap iets van die geweldige uitdaging wat hierdie land in die gesig staar. Ekonomiese ongelykhede is die teelaarde vir verdwaalde revolusionêre ideale.
Die volgende belangrike datum sal die dag wees waarop die te magtige ANC skeur. ‘n Nie-rassige veelparty demokrasie sal slegs lewensvatbaar wees as een party nie ongeveer sewentig persent van die steun (ras gebaseerd) het en die ander partye meeding vir die oorblywende dertig persent steun nie. Alleen wanneer die regerende party nie seker is of hy die volgende verkiesing sal wen nie, kan ons hoop op goeie en effektiewe regering.'

Monday, September 12, 2011

RYKIE - 'n Lewe Met WOORDE



Skrywer:Lizette Rabe
Uitgewer: Tafelberg


Omdat Rykie van Reenen baanbrekerswerk in die Suid-Afrikaanse joernalistiek gedoen het regverdig dit ‘n boek wat haar loopbaan huldig. Vroue in die joernalistiek vandag se skatpligtheid teenoor hierdie nuuspionier word met hierdie boek beklemtoon. Veral die hoofstuk waarin die vrou se mindere rol destyds in die Suid-Afrikaanse media belig word, is om dit sagkens te stel, skokkend. Van Reenen se bydrae tot die emansipasie van die vrou in hierdie omgewing, wat tot onlangs toe nog deur mans oorheers is, is insiggewend en aangrypend. Die leser kom in hierdie verband diep onder die indruk watter rol haar mentor, Maria Elizabeth Rothman, oftewel M.E.R, gespeel het. Formidabele vroue wat met hul liefde vir die waarheid, onafhanklike denke en woord virtuositeit, die weg gebaan het sodat vroue volwaardige medeskrywers aan die “first rough draft of history” in Suid-Afrika kan wees.
Rabe se boek moes egter ‘n struikelblok te bowe kom, naamlik van Reenen se lewe wat in die teken van ‘n amper heilige privaatheid gestaan het. Hierdie privaatheid belemmer die boek in sy ideaal om ‘n volwaardige biografiese gelandenheid te verwerf. Dus word daar onophoudelik verwys na van Reenen se buitengewone skryftalent. Ek het die herhaalde lofsang sonder ophou steurend gevind. Nadat ek die boek gelees het, het die onderwerp van die biografie – van Reenen - om Hennie Aucamp by te haal, nooit vir my na mens kon ruik nie – daar is net te min substansie in hierdie lewenskets.
Dit is nogtans ‘n insiggewende kyk na die Suid-Afrikaanse joernalistiek met sy gender politiek. Kan enigeiemand , per slot van sake, hom of haarself ‘n wêreld sonder woorde voorstel?

Tuesday, September 6, 2011

WAAR IS DIE ANC SE VAN ZYL SLABBERT


(My brief in vandag se Beeld)

Me. Helen Zille se bereidwilligheid om in 2010 terug te staan vir mnr. Trevor Manuel as DA-leier (Beeld, 5 September) bewys onweerlegbaar dat dit by die DA nie oor eiebelang gaan nie.

Die DA is ernstig daaroor om ’n nie-rassige veelparty-demokrasie te bevorder. Manuel se vasklou aan sy pos in die ANC het die hoop op sy bydrae tot die DA se ideaal laat beskaam.

Wat my betref, is die ANC ’n groot struikelblok op pad na ’n veelparty¬demokrasie. Interessant is dat die DA intussen die mees nie-rassige party op die Suid-Afrikaanse politieke toneel geword het.

Die ANC en die land is wagtend op die ANC se dr. Frederik Van Zyl Slabbert, wat die party se rasse-ideologie kan blootlê en dit verwerp om só kragte los te laat wat die partypolitieke toneel vir altyd kan verander. Slabbert het die verstokte Afrikaner-politiek in 1986 ten goede geskud toe hy die irrelevansie van die parlement se driekamerstelsel die rug toegekeer het.

Hy was toe nie juis ’n gewilde man nie, maar sy visioenêre vermoë het die weg gebaan vir werklike hervorming om ’n ware demokrasie te verseker.

Iewers onder die gematigde ANC-lede, weet ek, is iemand met gravitas wat sekerlik nie gemaklik is met die huidige rasgebaseerde diskoers onderlê deur ’n verdwaalde hunkering na revolusie nie.

Wie dié persoon is, kan ons maar net raai, maar hy/sy is daar.

Hopelik maak die ANC se Slabbert eersdaags sy verskyning.

Intussen verdien die DA lof vir die dapper wyse waarop die party die kultuur van veelparty-demokrasie lewend hou.

Thursday, August 25, 2011

PARKING BAY LEVY WILL HIT CONSUMERS HARD

(MY MEDIA VERKLARING WAT VANDAG UITGESTUUR IS)

The DA warned today that the proposed Parking Bay Levy will put further pressure on consumers in Pretoria. This proposed levy will probably be applicable to all commercial and industrial parking areas throughout the whole metro if the municipality gets its way. Only residential parking will be exempt.
The scope can be very wide, indeed to the extent that where businesses provide parking facilities free of charge, such parking bays will be taxed for the account of the business owner who on his part will be forced to recover the costs from his customers in one way or the other.
The proposed Parking Bay Levy is, according to the report that served at today’s monthly Council meeting, a concealed toll tariff to be imposed on the city’s motorists. The row over the Ben Schoeman toll system has barely calmed down and here we are faced with another taxation of which the legality is open to challenge.
“It is all fair and well to encourage people to use public transport and at the same time generate funds to upgrade roads.” said councillor Francois Bekker “What is worrying is the fact that such an alternative toll tariff system is implemented while no significant public transport system exists.” Bekker added.
The DA cannot support the proposed Parking Bay Levy in the absence of an effective and reliable public transport system. “Amidst challenging economic times, high fuel prices and high taxes, an additional Parking Bay Levy will have a negative ripple effect on the economy.” Bekker said.
This is an unfair and insensitive way to generate income for the Tshwane Metro. The DA strongly condemns this type of money making ploy and will strongly oppose it.

Sunday, August 21, 2011

NET 'N LEWE



Skrywer: Fransi Phillips
Uitgewer: Lapa uitgewers


Ligvoets, tong-in-die kies en sommer net aweregs is hoe hierdie baie vermaaklike boek van Fransi Phillips beskryf kan word.
Die hoofkarakter wie se naam onbekend bly, kry gestalte aan die hand van haar dagboek wat deur haar vriendin Heleen verwerk word na haar ”relatief ordentelike moord, gemeet aan Suid-Afrikaanse standaarde.” Die resultaat is ‘n eksentrieke lewenskroniek gevul met politieke, sosiale en eksistensiële kommentaar wat strek oor min of meer vier dekades binne die bestek van 248 bladsye. My raad aan voornemende lesers dus, gordel vas, want die pas is vinnig, die storie is interessant en onvoorspelbaar en die waarneming van hierdie land waarbinne ons leef, vlymskerp.
Wat aan die bod kom is die ironie van die lewe, die clichés waarteen ons ons moet verweer, en ‘n vrou wie se skans teen die aanslae van hierdie ding wat ons lewe noem, kreatiwiteit is. Op die keper beskou, die lewe en die wêreld soos ons dit ken, al erken ons dit nie altyd so eerlik soos die heldin van hierdie snaakse, by tye siniese maar strykdeur onweerstaanbare verhaal nie.
Oor hierdie boek voel ek lus om op die dak te klim en hardop te skreeu, KRY DIT EN LEES DIT!

Tuesday, August 16, 2011

TE BETWYFEL OF WELVAARTBELASTING VERSKIL AAN ARMES SE LOT SAL MAAK


(My brief in vandag se Beeld)

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se sekerlik goed bedoelde voorstel dat wit mense oorweging aan welvaartbelasting skenk, sal om verstaanbare redes nie gunstig ontvang word deur die wit mense wie Tutu in gedagte het nie.
Wat minder opspraak wek, is dat hy op dieselfde geleentheid voorgestel het dat kabinetsministers hulle luukse ampsmotors verkoop.
Ek vermoed ‘n opregte bekommernis by die aartsbiskop oor die ekonomiese ongelykhede van die land wat nie heeltmal losgemaak kan word van die apartheid-nalatenskap nie. Ons behoort almal hierdie bekommernis te deel. Die gaping tussen die haves en die have nots is ‘n vrugbare teelaarde vir revolusionêre invloede wat ons eerder gespaar kan bly.
Tutu se voorgestelde welvaartbelasting sal om die volgende redes teenproduktief wees:
• Dit is nie lewensvatbaar of volhoubaar as die gedagte daarmee is om die ekonomiese ongelykhede uit te wis nie. Dit is kotstondig en kan nie werklik bydra om ekonomiese groei te stimuleer nie.
• Wie sal die belastingopbrengs administreer? Dieselfde mense onder wie se toesig die Lotto-geld vir verdwaalde revolusionere partytjies gebruik word? Onbevoegde en korrupte politici en amptenare wat luukse lewens lei? So beskou is dit te betwyfel of welvaartbelasting enige verskil aan die armes se lot sal maak.
• Welvaartbelasting hou die risiko in dat welvaartskeppers eerder hul kapitaal en kundigheid elders sal neem waar ondernemingsgees nie voortdurend gestraf word nie.

Verskillende mense lewer verskillende bydraes om Suid-Afrika ‘n beter plek te maak. Kom ons kapitaliseer eerder op almal se individuele vermoëns om so bo ons omstandighede uit te styg sonder om die verlede lewend te hou ten koste van ‘n voorspoedige toekoms.


Thursday, August 11, 2011

SKOONHEID



SPELERS: Deon Lotz, Charlie Keegan
REGIE : Oliver Hermanus
PUNTE : 5 UIT 10


Ofskoon Skoonheid ‘n kontroversiële fenomeen onder die loep neem sonder om doekies om te draai, weerhou ek myself daarvan om met ‘n ander oog na die rolprent te kyk net omdat dit Suid-Afrikaans, spesifiek Afrikaans is. Ja, ek haal my hoed af vir die vervaardigers om ‘n taboe kwessie na die grootdoek te neem – dit dui op ‘n goeie tendens in ons rolprentbedryf, maar ek hou my nie blind vir die rolprent se tekortkominge nie.
Dit vertel die verhaal van Francois en sy op die oog af tipiese Afrikaanse gesinslewe. Maar Francois leef ‘n leuen. Sy frustrasie bereik kookpunt wanneer hy op sy dogter se troue ‘n crash ontwikkel op sy beste vriend se aantreklike seun. Francois, soos soveel ander mans van sy generasie, is vasgevang binne ‘n lewe van voorgee om met die samelewing se voorskrifte te konformeer.
Die storie ontwikkeling is verbeeldingloos en die ontginning van motiewe en temas val iewers vas tussen swak redigering ( daar is soveel ongemotiveerde lang tonele) en ‘n gebrekkige storie lyn. Saam met die verkenning van nuwe verhaal moontlikhede op die grootdoek sal ons rolprentmakers moet leer hoe om subteks en suggestie in te span wanneer ‘n storie soos hierdie vertel word.
Skoonheid (sekerlik nie die verbeeldingrykste titel nie) verdien lof vir ‘n nuwe bries wat dit in die plaaslike rolprentbedryf bring. Die storie ontwikkeling is egter nie oortuigend nie. Die slottoneel waarin die hoofkarakter se eksistensiële krisis ‘n elegiese hoogtepunt bereik sou soveel meer impak gehad het as die verhaallyn met slimmer redigering en ‘n kreatiewer draaiboek vooraf gegaan is.
Uiteindelik ‘n gemiddelde rolprent wat wel ons rolprent grense verskuif. Hopelik dui dit op opwindende moontlikhede in ons rolprentbedryf vir die toekoms.



Saturday, August 6, 2011

SUCCESSFUL BRT NEEDS URGENT ACTION




(My letter in the Pretoria News of Thursday 4 August)

Recent fuel shortages caused by a labour dispute in the energy industry caused panic among motorists and forced us to assess our ability to be mobile. It also highlighted the need for adequate public transport.
Fewer than a third of South Africans own private vehicles, a fact successive governments have seemingly forgotten.
History is not on the side of our public transport dispensation. The apartheid legacy left us with a city that favoured a privileged group who took full advantage of separate development by settling in suburbs near their places of work.
Our challenge is to undo apartheid’s legacy, rethink spatial development and city planning and to introduce a viable and sustainable public transport system that will support economic development. A public-transport system serving commuters across cultural boundaries will go a long way in fostering social cohesion.
I foresee the key mode of urban transport to be an efficient, flexible and reliable bus service supported by a bus rapid transport (BRT) system.
The National Department of Transport, among others, has proposed developing an overarching strategic transport plan for the Tshwane Metro> This would compare bus, BRT, rail and private transport requirements in the city and determine the sphere of operations for each.
There is also much unfinished business. Where is the Hammanskraal rail link, discussed for more than five years? Where is the Metrorail (now Prasa) upgrade promised to the metros many years ago?
A deteriorating bus service hampers The Tshwane Metro’s ability to provide a reliable public –transport service to city commuters. This directly affects pensioners, disabled persons, scholars and people without private transport. Bus services are limited and unreliable. The service runs the risk of losing its clientele because many commuters choose alternative means of transport such as taxis. Punitively high bus fares in the past financial year nudged even more commuters towards other forms of transport.
The bus service deteriorated over the past years due to labour disputes, poor management, inadequate maintenance, a misguided service delivery culture and lack of political will to assure a public-transport service.
The envisaged BRT system will require even more careful planning, extended negotiation with the taxi industry and adequate capital support. But Tshwane’s progress is way behind schedule. The BRT system may never materialize unless the correct steps are taken urgently, supported by the political will to make it succeed.

Too much time has been lost and we must decide whether we have the right people to do the job.

Thursday, July 28, 2011

BIUTIFUL


SPELERS: Javier Bardem; Maricel Alvarez
REGIE : Maricel Alvarez
PUNTE : 7 UIT 10

(Spaans met Engelse onderskrifte)


Die doek waarteen hierdie verhaal van ‘n desperate stryd om oorlewing vertel word kan nie anders beskryf word as die gatkant van Barcelona nie. Op die periferie van hierdie pragtige wêreldstad is mense wie se lewens gereduseer is tot die uitskot van die samelewing. Daar word op die bodem gekrap vir krummels om liggaam en gees bymekaar te hou. ‘n Hoogs ironiese titel dus omdat daar absouluut niks moois in hierdie mense se lewens is nie.
Wanneer Uxbal (Javier Bardem lewer ‘n tour de force vertoning as ‘n liefdevolle pa wat uit nood op onkonvensionele wyse sy daaglikse brood moet verdien) hoor dat hy sterwend is, besef hy dat sy sake nie in orde is nie. Dat hy kwalik kos op die tafel vir sy twee kinders vir wie hy ontesettend lief is kan sit, is ‘n mindere kwelling vergeleke die besef dat hy hulle met te min sal agter laat. Behalwe die wil om te oorleef is die tweede tema van die rolprent gelaai met die elegiese bestekopname van hoe kortstondig die lewe is, wat ons agter laat en die ewige band tussen hulle wat sterf en hulle wat agter bly.
Wat onder die loep geneem word in hierdie rolprent is die fin de siècle as uitsigloosheid mense oorrompel.
Biutiful is nie ‘n maklike rolprent om na te kyk nie. Die tema is allermins opbeurend. Om te lewe moet ‘n mens oorleef. Om te sterf moet jy kan los, dinge laat gaan. Of jy lewe of sterf, albei verg baie van jou, dikwels meer as wat jy het om te bied.
Biutiful word slegs aanbeveel vir ernstige liefhebbers van die rolprent as ‘n kunsvorm. ‘n Kunsfliek wat nie doekies omdraai oor die elegie van lewe en dood nie.

Saturday, July 23, 2011

NIEMAND WEN MET DIE EIENDOMSBLASTINGPLAN

(My brief in vandag se Beeld)

Die beoogde wetgewing wat residensiële eiendom swaar sal belas in gevalle waar eienaars twee of meer eiendomme besit, word om verskseie redes nie gunstig ontvang nie en smeek om dringende heroorweging.

Die volgende aspekte moet in ag geneem word:

• Belasting moet ingevolge die wet verhaal word dienooreenkomstig die gebruik van so ‘n eiendom. Omdat residensiële eiendom nie soos sake-eiendomme verdere druk op infrastruktuur plaas nie, is dit verkeerd om residensiële eiendomme aan hoër belasting te onderwerp.
• Dit sal mense wat daarvoor voorsiening maak om na aftrede nie van die staat afhanklik te wees nie ontmoedig om verder in die eiendomsmark te belê. Kort voor lank sal die staat dus self ‘n swaarder las hê weens mense se onvoldoende pensioen by aftrede.
• Mense met agterstallige verbande sal onmiddelik negatief geaffekteer word wat weer ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie sal hê.
• Die onbedoelde gevolg van hoër belasting sal verhoogde huurgeld wees sodat eienaars nie slagoffers van slegte skuld word nie en om genoegsaam voorsiening te maak vir pensioenwaardes.
• Omdat huurders hoër huur sal moet betaal, sal die aandrang op hoër besoldiging groter druk op werkgewers plaas. Hou ingedagte dat die vernaamste werkgewer in hierdie kategorie juis die staat is. In stede van hoër inkomste deur middel van verhoogde belasting sal die staat onder druk wees om hoër salarisse te betaal. Uiteindelik is daar net verloorders en geen wenners nie. Die ekonomie sal in geheel negatief geraak word.

Die eerste linie slagoffers van die beoogde wetgewing sal die huurders wees en daarna sal werkgewers, wat die staat insluit, die negatiewe gevolge moet verdiskonteer. So beskou blyk die voortselle om die wetgewing te wysig in alle opsigte teenproduktief te wees.

Friday, July 15, 2011

THE PERFECT HOST


SPELERS: David Hyde Pierce; Clayne Crawford

REGIE : Nick Tomnay
PUNTE : 6 UIT 10


Na ‘n mislukte bankroof doen ‘n booswig homself as iemand anders voor om toegang by die eksentrieke Warwick Wilson se huis te verky. Die besoek is ongeleë want Warwick is besig om ‘n soepee voor te berei vir vriende wat enige oomblik hul opwagting gaan maak.
Die skobbejak neem Warwick gyselaar voor sy gaste opdaag maar die bordjies word gou verhang en wat volg, verras die booswig sowel as die kyker.
The perfect host is ‘n dekadente hutspot wat die spot dryf met die lewenswaarheid van stille waters, onder draai die duiwel rond. Alhoewel die humor gitswart is, is die storielyn verfrissend.
Die probleem met die rolprent is egter dat dit nie kon besluit of dit ‘n swart komedie of ‘n sielkundige riller is nie. Amper ‘n geval van nog vis, nog vlees. Alhoewel enduit boeiend is die hele petalje op die ou einde net te dik vir ‘n daalder. Wees gewaarsku, dis nie hoofstroom vermaak nie. Uit ‘n eksentrieke oogpunt ‘n verdienstelike rolprent.

Wednesday, July 13, 2011

DEMOCRACY HANGS IN THE BALANCE


(My letter published in today's Pretoria News)

Our constitutional democracy is in peril. Democracy is not only about holding elections. In a genuine democracy, that is a constitutional democracy where the rule of law is clearly enshrined, the power of the state is limited by various mechanisms that limit power abuse by the ruling party.
The government of President Jacob Zuma has propelled cronyism and moral decay to new, unfortunate heights. Corrupted by a police chief who has no regard for the law, our society finds itself at the mercy of a bully law enforcer who cannot distinguish between authority and power abuse. The declaration of war against Public Protector Thuli Madonsela is alarming and illustrates the government’s irritation with independent institutions that are supposed to protect the interests of the public.
National Police Commissioner General Bheki Cele personifies the police’s transformation of a cop culture into a mob culture. The police’s reputation as a trustworthy law enforcing agency is in serious jeopardy. No respectable democratic country will tolerate the likes of Cele in a senior govern position –least of all in the position of top cop.
By failing to intervene in the Cele / public protector stand-off, Zuma will confirm his unwillingness to uphold the rule of law. Siding with a senior civil servant who is clearly out of line will cast a shadow of doubt over the governments’ commitment to clean governance. The leadership void at the highest level of government threatens to destroy our constitutional democracy. To echo Alan Paton, cry, our beloved country.

Wednesday, July 6, 2011

ONS HET INISIATIEF NODIG WAT DIE POLITIEKE DISKOERS KAN STUUR



(My brief in vandag se Beeld)

Is Suid-Afrika se brose demokrasie besig om die kreeftegang te gaan?

Nie ’n onbillike vraag nie in ag genome gesaghebbende persoonlikhede se onlangse uitsprake oor die bedenklike stand van sake. Min mense sal verskil met oudpres. FW de Klerk se woorde dat ons op die rand tussen sukses en mislukking staan. In sy wyd gepubliseerde toespraak maan hy teen die verreikende gevolge van die ANC se nasionaal-demokratiese revolusie.

In ’n onlangse toespraak lamenteer prof. Nina Overton-De Klerk die gebrek aan denkende leierskap wat tot etiese verval lei. Asof in aansluiting by Overton-De Klerk stel die gesaghebbende politieke kommentator Moeletsi Mbeki in ’n onlangse koerantonderhoud dit prontuit dat mnr. Julius Malema die ANC is en dat pres. Jacob Zuma hom volg – nie andersom nie.

Die burgerregte-organisasie Solidariteit stel hom ten doel om die Malema-spook in die bek te ruk. Die organisasie se strategie maak my enersyds opgewonde, maar andersyds mismoedig.

Loop ons die gevaar om in die hand van die revolusionêre magte te speel deur op rassegrondslag te mobiliseer en dus te polariseer?

Dat vooraanstaande Suid-Afrikaners hul stilswye oor die treurige toedrag van sake verbreek, is bemoedigend.

My versugting is egter dat alle Suid-Afrikaners, waarskynlik die stille meerderheid, wat ’n grondwetlike demokrasie ondersteun, by mekaar uitkom om wal te gooi teen verdwaalde revolusionêre ideale.

Wat ons dringend nodig het, is ’n inisiatief wat kan resoneer oor partypolitieke grense heen wat die nasionale politieke diskoers stuur. Dit is die vestiging van ’n radikale middelgrond wat ’n kragtige, innoverende en inklusiewe bymekaarkomplek kan word van alle gematigde Suid-Afrikaners.

So ’n radikale middelgrond moet robuus wees in sy aanspraak op die handhawing en uitbouing van ’n grondwetlike demokrasie, aansienlike steun kan mobiliseer en verdwaalde revolusionêre idees suksesvol stuit.

Thursday, June 30, 2011

COUNCIL SPEECH

MARKETING THE BRT SYSTEM NOW IS AN EMPTY PROMISE

My speech held at the Council meeting held on 30 June 2011)


Madam Speaker.

This item must be viewed with great caution if not with a certain degree of suspicion.

Before I elaborate on the reasons why the DA question the timing and the sensibility – or lack thereof, of approving a marketing strategy for the BRT system at this point and time, let me first and foremost reaffirm the DA’s support for the BRT system. The Bus Rapid Transit system will be an essential part of public transport in addressing the needs of commuters to travel between home and workplace. The Tshwane Metro needs the BRT system if it wants to grow its economy by mobilising its workforce effectively.

The report asks for the approval of a Marketing Communication Strategy for the Tshwane BRT that was developed by Phenyo In Media Consultancy.
This marketing strategy comprises of the following elements: Stakeholder Relations Management, Public Relations and Media, Events Management, Inter-governmental Relations and Corporate Identity Management.

A reality check forces one to seriously question the need to approve this marketing strategy. How can one entertain marketing ideas if the BRT system itself is far from ready to be implemented? We all know that the BRT system will not be ready soon – in fact, some predictions indicates that it will not even be ready for a number of years. Sound marketing principles dictate that you first produce the product or service and then design the marketing strategy thereof. Let me put it plainly, any marketing endeavour of the BRT system at this point of time will in actual fact be misleading and a misrepresentation of the reality. Indeed an empty promise if nothing else. At costs that are not indicated in this report – and who will foot the bill? The rates and taxpayers of course.

The DA cannot support a marketing strategy of a service that does not exist. It will be much wiser to use our energy and resources to rescue the basic bus services and to prevent the complete collapse of public transport services rendered by the Tshwane Metro.

Let us restore a reliable bus service. Let us do the right things first to ensure the actual realisation of the BRT system. In this respect I want to make a request that the Strategic Integrated Transport Plan be tabled as a matter of great urgency – we need to know how we are going forward with Transport in general.
In conclusion, the DA is appealing to you that we revisit this report and reconsider the way forward with ` public transport. Commuters and the public at large deserve tangible service delivery results, not empty promises.

Wednesday, June 29, 2011

TOAST OF OWN CHOICE

TOAST TO THE LUMIERE BROTHERS ( Presented at the charter meeting of the Open Society Toastmasters Club) The meeting was held on 28 June 2011

Offering escapism, true life drama, tragedy, horror or delight.
In reality or fantasy, our lives would not be the same without them.
By re-enacting the past, depicting the present and predicting the future,
They transport us back and forth in time.

Whether you prefer mainstream cinema or art movies, I am sure that we all have a favourite director, actor or movie.

Movies help us to understand the world we live in. It mirrors our fears, believes and dreams.

Where did it all start?

It was the Frenchmen, Louis and Antoine Luimiere, who developed the first motion pictures in 1895. What were screened were merely a few minutes of a scene at the Luimiere factory showing people exiting and entering the factory.

Today the film industry is the youngest, yet most influential entertainment and art form. Indeed the most profitable ever invented.

I cannot imagine my life without movies.

Therefore I would like to propose a toast to the remarkable Luimiere brothers who introduced motion pictures to the world.
Please rise and make sure that your glasses are charged,
And drink with me a toast to the Luimiere brothers.

Tuesday, June 28, 2011

DIE VERSTE UUR

Deur Steve Hofmeyr

Zebra Press



Steve Hofmeyr se debuut novelle verlede jaar , Vier briewe vir Jan Ellis het oor die algemeen gunstige resensies ontvang – selfs van die literêre rissiepit, Joan Hambidge. Met sy nuwe roman, Die verste uur, bewys Hofmeyr dat hy tot meer in staat is as Bloubuliedjies.

Die Verste uur is alles behalwe konvensioneel. Tematies verken dit eksistensiële moontlikhede met behulp van time travel as die eerstejaar student, Jamie van der Merwe, in 'n voorvader se lyf beland, ‘n yslike glipsie maak en siedaar, die ganse gang van die Boerevolk se geskiedenis in ‘n ander ringting stuur. Stel jouself voor ‘n Pretoria in 2011 sonder Jakaranda bome, Engelse straatname en die Afrikaner ideaal wat gedy sonder mededinging of uitdagers. Is dit ‘n neo-regse hallusinasie of ‘n kreatiewe verkenning van ‘n alternatiewe Suid-Afrikaanse geskiedenis? Utopie of distopie – ek is nie seker nie.

Struktureel is Die verste uur ‘n boeiende literere eksperiment. Daar is verskillende storielyne wat op verskillende tye en plekke parallel vertel word. Die verhaal van die komponis Jean-Philippe Rameau ( 1683 – 1764) is die sleutel tot die wetenskapfiksie van die verhaal. Ofskoon Rameau se verhaal interessant is, word daar te veel vertelruimte aan hom afgestaan. As ‘n kant aantekening net dit, Hofmeyr se kennis oor klassieke musiek en filosofie is indrukwekkend – om Hofmeyr net te assosieer met gewilde liefdesliedjies is ‘n fout.

Die verhaal van Jamie van der Merwe wat per toeval ‘n tydsreis onderneem, ‘n historiese glipsie maak en in ‘n ander 2011 homself bevind sal enige leser se verbeelding prikkel. Hofmeyr se satiriese vermoë is indrukwekkend. Sy speelse vrae betreffende die volk, godsdiens en politiek is by tye skreeusnaaks.

‘n Dun boek van net meer as eenhonderd bladsye. En dankie tog dis nie ‘n lywige bundel nie want dit was nie vir my van dieselfde kaliber prosa as Vier briewe vir Jan Ellis nie. Tog is dit 'n interessante literêre eksperiment.


Naskrif:
Alhoewel mooi uitgegee deur Zebra Press (treffende voorblad) laat die lofsang van Deon Meyer en Dana Snyman op die agterblad ‘n wrang smaak in die mond. Meyer se pretensieuse brabbel is genoeg om enige voornemende leser koue voete te gee. Voeg hierby Snyman se goedkeurende opmerkings terwyl beide Meyer en Snyman binne die boek deur die outeur bedank word vir hulle ondersteuning tydens die skryfproses – ‘n mens kan nie anders as om die gunstige kommentaar met suspisie te bejeen nie.

Wednesday, June 22, 2011

BELEGGING EN OPHEFFING SAL TOT STILSTAND RUK


(My brief in vandag se Beeld)

Van Mandela tot Malema - ‘n treuriger oorgang kan ek my nie voorstel nie. Is dit regtig wat die ANC en die land in die gesig staar? Ofskoon Malema so onvoorspel is soos die weer laat sy uitsprake by die ANC –jeugliga se pas afgelope nasionale konferensie mens tog wonder oor hierdie politieke enigma se ambisies en moontlike steun onder eie geledere.
Hierdie rassis en opruier se simplistiese siening van ons land se uitdagings en sy verdwaalde idees oor hoe probleme hanteer moet word, stuit teen die bors. Net sy ekonomiese insig opsigself verraai groot onkunde. Al wat hy sal reg kry met onteiening en nasionalisering is om almal ewe brandarm te maak. Die opheffing van gemeenskappe sal volstrek tot ‘n einde kom onder ‘n Malema presidentskap. Boonop sal buitelandse beleggers nie ‘n sent waag in ‘n land waar die reinkarnasie van Idi Amin ‘n moontliklhied blyk te wees nie.
Vraag is: moet mens hom ernistg opneem of moet hy geignoreer word? Ek was vir lank ‘n ondersteuner van laasgenoemde opsie. Maar die nasionale ANC-konferensie in 2012 wink en die onvoorspelbare Malema se ambisie ken blykbaar geen perke nie.
Die Malema-kwessie mag nie in ‘n wit-versus-swart kwessie ontaard nie. Wat gebiedend noodsaaklik is, is kritiese denke in ANC-geledere. Alle redelike en gematigde Suid-Afrikaners moet saamstaan om ‘n Malema-ramp te voorkom. Miskien is Malema die katalisator wat die Suid-Afrikaanse politieke landskap sal herskik, want ek kan nie glo dat die stille meerderheid Suid-Afrikaners katestrofe bo voorspoed verkies nie.

Sunday, June 19, 2011

SOURCE CODE


SPELERS: Jake Gyllenhaal; Michelle Monaghan
REGIE : Duncan Jones
PUNTE : 6 UIT 10


Ander resensente het die rolprent groot lof toegeswaai. Ekself het dit met moeite deurgesit.
Eenvouidige storielyn: ‘n Gewonde soldaat word wakker in die gedaante van ‘n ander man op ‘n trein oppad na Chicago. Sy reisgenoot verstaan nie wat in hom ingevaar het nie en waarom hy so vreemd optree nie. Die feit van die saak is dat ‘n bom oor sowat ses minute die trein gaan opblaas. Na elke plofslag herleef hy weer die paar minute voor die ontploffing met ‘n duidelike missie, hy moet vasstel wie die bom op die trein geplaas het. Maar soos in enige Hollywood film is hart en kop nie juis in gelid nie en die gewonde soldaat wat deel is van ‘n baie gevorderde wetenskaplike projek wil al die reëls breek om sy beeldskone reisgenoot se lewe te red.
Wat in die rolprent se guns tel is asemrowende mooi arendsvlug tonele oor die stad Chicago. Andersins is die redigering en verfilming in die algemeen baie goed. Ek kan dit veral aanbeveel vir liefhebbers van wetenskapfiksie.
Ja, die rolprent konfronteer sy karakters met ‘n morele dilemma, maar andersins is die storielyn dun en voorspelbaar. ‘n Kykbare film wat ses punte verdien.

Sunday, June 5, 2011

HANLIE RETIEF GESELS MET


BOEK: HANLIE RETIEF GESELS MET deur Hanlie Retief
UITGEWER: Protea (R180)
PUNTE: 8 UIT 10


In sy boek Oor en Weer spreek Hennie Aucamp die versugting uit dat Suid-Afrikaanse uitgewers die verkoopsmoontlikhede van voortreflike onderhoude sal raaksien. ‘n Versugting wat kennelik nie op dowe ore geval het nie. Hanlie Retief Gesels Met onderstreep Aucamp se betoog oor waarom die onderhoud as genre erken moet word.
Volgens Aucamp is die onderhoud oftewel “interview” waarskynlik een van die twintigste eeu se belangrikste bydraes tot sowel die joernalistiek as die letterkunde. Alhoewel kontemporêr skemer iets van die onderhoud volgens Aucamp alreeds deur in Die Simposium van Plato en N.P van Wyk Louw se Swaarte- en ligpunte.
In die voorwoord van Hanlie Retief Gesels Met, skryf Anne Marie Mischke, Retief se sukses daaraan toe dat sy haarself, haar eie menings en haar merkwaardige skryftalent nooit op die voorgrond dwing nie. Dit is die mens met wie die onderhoud gevoer word wie self na vore kom.
Die persoonlikhede met wie onderhoude gevoer word is so uiteenlopend soos die mensdom self. Wat aan die bod kom is ironie, patos en bloot gewone humor.

Ek noem enkele voorbeelde:

Die hartchirurg Chris Barnard verwoord sy selftwyfel met die vraag wat hy soms aan sy jong vrou, Karin, vra: “... voel jy nie nou en dan lus om met ‘n mooi jong man in die kooi te klim nie?”
‘n Voormalige presidentsvrou se broosheid vasgevang in ‘n diep menslike drama was Marike de Klerk wie se huwelik op die rotse beland het.
Steve Hofmeyr sê hy “het ‘n Chromosoom vir kak maak.”
Louis Luyt beskou homself nie juis as ‘n wenner nie.
Op tagtigjarige ouderdom met sy houvrou besig om hom te verlaat vir ‘n Duitse man is die eertydse Broederbonder en ambassadeur, Piet Koorhof, vreeslik gesteld op hoe hy sy sigaretstompies orden vir die uiteindelike weggooi.
Die menseregte-aktivis Rhoda Kadalie het haar ANC lidmaatskapkaart opgeskeur die dag toe die ANC Tony Yengeni skouer omhoog Polsmoor ingedra het.
Sandra Prinsloo glo in die liefde maar nie in die huwelik nie.
Met hierdie boeiende bloemlesing word Hanli Retief se onderhoude bestendig om nooit verlore te gaan nie. ‘n Onvergeetlike blik op interessante mense en die lewe in die algemeen.

Wednesday, June 1, 2011

LOST GROUND



BOEK: LOST GROUND deur Michiel Heyns
PUNTE: 7 UIT 10


Peter Jacobs keer na 22 jaar terug na sy geboortedorp om te besin oor die politieke impulse rondom die moord op sy niggie met die oog daarop om ‘n artikel vir ‘n buitelandse blad te skryf. As ‘n gay joernalis wat London sy tuiste gemaak het, is hy die ideale buitestaander waardeur die leser kan kennis maak met dit wat onveranderd gebly het of dit wat met die tye aanbeweeg het.
Alfredville, ‘n fiktiewe dorp iewers in die Karoo, is die palet waarteen die ontrafeling van ‘n moord enersyds en die uitwerking van transformasie in Suid-Afrika op ‘n gemeenskap andersyds verreken word.
Lost Ground sluit aan by die ex-pat literêre tradisie wat temas soos verdwaalde patriotisme, ontheemding, paradokse binne veranderde gemeenskappe asook die hede versus die verlede onder die loep neem.
Op ‘n simboliese vlak is daar, alhoewel ietwat pretensieus, interessante intertekstuele verwysings soos die Othello motief tydens die ontrafeling van die moord op Peter se niggie - haar bruin man word van die moord verdink. Peter self is besig om Rian Malan se My Traitor’s Heart te lees – ‘n aanduiding van sy eie worsteling omdat hy na soveel jare min raakpunte het met die gemeenskap waarvan hy eens deel was.
Dit is ‘n verhaal wat boeiend ontvou met interessante karakters. ‘n Punt van kritiek egter is sy ongenadiglike beskrywing van die Afrikaner kultuur as eng en agterlik. Hier maak die skrywer hom self skuldig aan engheid as hy van die karakters eendimensioneel stereotipeer. Daar is darem die veearts, Henk Pretorius, sy vermoorde niggie Desiree en selfs die hotel eienaar wat die stereotipes troef.
Peter se jeug herinneringe en ongemaklike interaksie met sy eertydse skoolvriend, Bennie Nienaber, word uiteindelik die katalisator wat die verbinding tussen die hede en die verlede op ‘n boeiende, tragiese en ironiese wyse blootlê. Verwydering, verlies en verspeelde kanse ruk die leser, soos vir Peter Jacobs, tot nadenke.
Die woordryke teks wat gevul is met ironie en patos maak dit boeiende prosa. Beslis die moeite-werd om te lees.

Thursday, May 26, 2011

DIT IS DIENSLEWERING WAT ANC VAN KIESERS VERVREEM, NIE JUJU


(My brief in vandag se Beeld)

Volgens die ANC “vervreem Malema se uitlatings minderheidskiesers’(Beeld, 25 Mei)
Die ANC oorskat die nadelige uitwerking van Julius Malema se uitlatings op die party se vertoning in die afgelope verkiesing.
In die politiek is Malema niks minder of meer as ‘n ‘use full idiot” nie. Toegee, sy swaapsinnige uitlatings kos ons ekonomie baie wanneer dit buitelandse beleggers afskrik, nes die rasse polarisasie wat hy aanblaas. En tog is hy ‘n nar wat nie regtig ernstig opgeneem word nie. Ek is seker daarvan dat selfs die ANC-elite lekker in hul vuiste lag vir Malema, die vreemde, irrasionele politieke verskynsel. Meer kommerwekkend egter is die feit dat sy stommiteite op die hoogste vlak van die ANC verdra word. Dit sê iets van die ANC se rassisme.
Die ANC se probleem is dieperliggend. Leierloosheid, korrupsie en gebrekkige dienslewering dwing minderheidsgroepe en tradisonele ANC kiesers om krities na die ANC te kyk.
Die stilmaak van Malema en ander beeldpoets metodes gaan kiesers nie anders laat kyk na die ANC nie. Lippediens en opswepery werk nie meer nie. Wat verlang word is verantwoordbare, deursigtige en waardegelaaide dienslewering. Die ANC is nie ernsnstig hieroor nie – dit vervreem alle kiesers.

Sunday, May 22, 2011

ROEPMAN



SPELERS: Paul Loots; Rika Sennett; John-Henry Opperman
REGIE : Paul Eilers
PUNTE : 6 UIT 10


Gebaseer op die gelyknamige boek van Jan van Tonder vertel dit die verhaal van ‘n spoorweggemeenskap wat vasgevang is in die konserwatiewe sestigs waar ontkenning van die realiteit aan die orde van die dag is.
Ons maak kennis met die elfjarige Timus en sy gesin waar godsvresendheid belangriker is as enige iets anders. Timus verpersoonlik ‘n kinderlike nuuskierigheid wat die wel en weë van sy gemeenskap gade slaan. Sy wedervaringe is soms skreeusnaaks maar nie sonder gevare nie. Hy word meesal gered deur die eenvoudige maar opregte Joon wat as roepman werk – iemand wat mense vir hulle skofte moet wakker maak. Joon verpersoonlik die egtheid en menslikheid wat skaars is in ‘n wêreld vol hubris. Maar sal Joon dit regkry om hulle uit hul wandelslaap wakker te ruk?
Dis ‘n verhaal wat gelaai is met humor, ironie en patos. Van die humoristiese tonele is werklik knap verfilm – stel jouself ‘n jong seun voor wie ‘n eksistensiele krisis beleef omdat hy “nog nie skuim kan pie nie.”
Fotografies is die rolprent goed versorg. Die spel is op peil en die regie verbeeld die verhaal van Timus en sy gesin met deernis. Wat aan die bod kom is die verlies aan onskuld. Ongelukkig spring die verhaal soms rond en betrek die kyker nooit genoegsaam by die karakters nie. Wat in die slag bly, is die geloofwaardige opbou van ‘n spanningslyn. Uiteindelik is dit ‘n verdienstelike rolprent wat bewys dat niemand so blind is as hy wat nie wil sien nie.

Monday, May 16, 2011

TRACK RECORD MAKES DA STRONGEST CONTENDER



(My letter in today's Pretoria News)

On 18 May the centre of political power will move to the voters, indeed the place where it belongs in a democracy, when they have the opportunity to vote. The power of political parties is determined by the electorate who, by making a cross on a ballot paper, determines who represents them. Let us remind ourselves that local government is the government closest to the people.
As I see it voters have three choices in this election.
There is a multitude of small parties that will not even get more than 2% of the vote. These parties elevate marginal interests while losing sight of the national context. Destined to become mere foot notes of history, their influence on the national discourse is insignificant.
The power hungry ANC is another option. With only the race card left and no service delivery successes to show this party threatens to turn our country into a failed state. Betraying its ideals of the past it is not the party of Albert Luthuli or Nelson Mandela any more. It is certainly not the party with which our future can be trusted.
As an opposition party and a party of government the DA is option number three. With an impressive track record of service delivery where it governs this is the party to be taken seriously if you want service delivery to all.
Beyond all the election clichés and promises stands the most important political role player in a democracy, namely the voter. If voters who are dissatisfied with the poor performance of the governing party turn out in high numbers at the ballot box on Election Day, they might just be rewarded with the type of local governments they deserve.

Tuesday, May 10, 2011

DA MAAK HOM DIE PARTY VAN DIE TOEKOMS DEUR AGENDA TE BEPAAL


(My brief in vandag se Beeld)

Die munisipale verkiesing wys interessante neigings wat opwindende moontlikhede vir die toekoms ontsluit.

Die grootste verrassing is die powere verkiesingsveldtog van die ANC. Baie redes word daarvoor gegee.

Binnegevegte blyk die vernaamste rede te wees.

Ander aspekte moet egter nie buite rekening gelaat word nie. Die party beskik al ’n geruime tyd nie meer oor ’n groot idee vir Suid-Afrika nie.

Wanneer die self gestel word bo die belange van die kiesers, is die verlies aan politieke relevansie ’n logiese gevolg. Voeg daarby ’n rassistiese etos wat ’n verlammende uitwerking op die party het.

Deur die verkiesingsagenda te bepaal het die DA homself as die party van die toekoms geposisioneer.

Omdat die DA weier om ’n minderheidsparty te wees, doen dié party wat suksesvolle partye behoort te doen en stel hom ten doel om betekenisvolle verkiesings¬welslae te behaal.

Die DA se groot idee vir Suid-Afrika is geskoei op ’n oopgeleentheidsamelewing vir almal waar gehalte dienslewering die grondslag vir ekonomiese groei vorm.

Opwindende moontlikhede meld hulself aan indien gemelde verkiesingsneigings aanleiding gee tot groeiende steun vir die amptelike opposisie ten koste van die regerende party.

Só beskou, staan ons aan die vooraand van ’n werklike veelpartydemokrasie wat identiteitspolitiek verruil vir ’n waardegelaaide politiek.

Saturday, April 23, 2011

VIER WêRELDBOEKEDAG SO


Hulle staan op my boekrak ingeryg. Karel Schoeman, Andre P Brink, Ettiene van Heerden, Deon Meyer, Marita van der Vyver, Hennie Aucamp, Ingrid Winterbach en baie ander. Wonderlike fiksie wat bewys waartoe Afrikaans in staat is. Boeke wat ek as my jare lange vriende ag en wat my op my lewensreis vergesel. Ek stem saam met wyle prof Elize Botha dat die vernaamste waarheid wat die lettere duidelik by jou tuisbring die ironie is. Staan die lewe tog nie in die teken van die ironie nie?
Politieke dier wat ek is, is daar ook ‘n skatkis politieke boeke op die rak, veral memoirs en outobiografieë. Dit vertel van voorlopers wat leiding geneem het om vir ons ‘n toekoms hier aan die suidpunt van Afrika te beding. FW de Klerk, Frederik van Zyl Slabbert, Tony Leon en ander.
Met wêreldboekedag op 23 April in gedagte, herinner ek my die dag toe ek as laerskoolseun die vreugde van wat Adrey Blignault die ‘Die eindelose avontuur’ noem, ontdek het. Tydens ‘n skoolvakansie was ek nogal verveeld by die huis. ‘n Staptog deur ‘n veldjie naby ons huis het ‘n wonderlike ontdekking opgelewer. Topsy Smith se Trompie – die Waaghals het die ure vir my skielik laat omvlieg. Woord vreugde wat die verbeelding vlerke gee.
Ek voel nou nog ontstig oor wat die essayis en rubriekskrywer, Cecile Cilliers, jare gelede iewers geskryf het: ”Ons is ‘n volk van poësie skrywers, maar kan ons onsself ‘n volk van poësie lesers noem?”
Haar versugting oor die poësie kan net sowel prosa, koerante en tydskrifte insluit. Gimnasiums is gewilder as biblioteke – dit gaan mos oor die uiterlike. Televisie voer kykers met ‘n teelepel - nuanse en ironie verg te veel van die kyker - alles moet maklik en vinnig gesnap word.
Wêreldboekedag mag nie net nog ‘n dag op die kalender wees nie. Sonder boeke, woorde of idees staar ons ‘n geestelike bankrotskap in die gesig. Boekeliefhebbers moet juis op hierdie dag besin oor hoe daar uitgereik kan word na hulle wat nie die vreugde van lees ken nie. Woorde, idees, boeke. Ek kan my ‘n lewe daarsonder nie voorstel nie.

Friday, April 22, 2011

UNKNOWN




SPELERS: Liam Neeson; Diane Kruger
REGIE : Jaume Collet-Serra
PUNTE : 7 UIT 10


As die Amerikaanse bioloog, doktor Martin Harris, in Berlyn aankom vir ‘n internasionale kongres loop ding lelik skeef wanneer hy in ‘n motor ongeluk betrokke is. As hy vier dae later uit ‘n koma wakker word, begroet ‘n nare onwerklikheid hom as hy skielik nie meer Martin Harris is nie en vind dat iemand anders sy plek by die kongres ingeneem het, selfs met sy vrou aan die vreemdeling se sy. Wat op dees aarde het gebeur dat selfs sy vrou hom verwerp as die regte Dr Harris? Sy naarstiglike soektog na antwoorde word ‘n geweldadige bloedspoor wat al hoe gevaarliker word as hy weier om tou op te gooi.
‘n Grys en koue Berlyn bied die ideale palet waarteen die verhaal van ‘n raaiselagtige identiteits verlies en frenetiese geveg om oorlewing afspeel. Fotografies is die rolprent meesterlik versorg om die dramatiese en naelbyt aksietonele treffend tot hul reg te laat kom. Die spanningslyn hou jou enduit op die punt van jou stoel.
Dit is ‘n rolprent wat jou aan die raai hou tot reg aan die einde. Beslis die moeite-werd om te sien.

Saturday, April 9, 2011

WAAK MET TWEE STEMME OOR DEMOKRASIE


(My brief in vandag se Beeld)

Omdat plaaslike owerheid die regering naaste aan die mense is, bied dit kiesers ’n unieke en belangrike inspraak in sake wat hulle direk raak. My antwoord aan Cobus Claassen se vraag “Gaan my stem help?” (Beeld, 8 April), is dus ’n klinkklare “ja”.

Met die dubbeldoor-kiesstelsel het kiesers hul broodjie aan albei kante gebotter. Hulle stem vir die party van hul keuse (proporsioneel) en hulle het ’n tweede stem direk vir hul wyksraadslid. So beskou, kan die kieser ’n naam en gesig koppel aan die mens wat direk sal omsien na die kwessies en aspirasies van die gemeenskap wat hy of sy verteenwoordig.

Om enigsins daaraan te dink om hierdie stelsel te verwater of selfs te skrap sal ’n mistasting wees wat ons brose demokrasie nadelig sal beïnvloed. Waaroor egter besin moet word, is vir wie ’n mens stem.

Veral op voetsoolvlak in Suid-Afrika gaan dit oor basiese dienslewering. Brood-en-botter-politiek met ander woorde. Dink maar aan straatligte, soneringsregte, vullisverwydering en veiligheid en sekuriteit.

Vraag is, watter party is ernstig oor dienslewering? Die Demokratiese Alliansie het ’n bewese diensleweringsgeskiedenis waar hy regeer. Selfs DA-wyke in ANC-beheerde stede kan getuig van raadslede wat omsien na die belange van die gemeenskap.

Een van die redes waarom die DA ’n waarde-gelaaide verteenwoordiging kan verseker, is die prestasiemetingsmeganisme wat hy het om te verseker sy raadslede is nie daar vir ’n salaristjek nie.

Apatie is nie ’n opsie nie. Gemeenskappe moet openbare verteenwoordigers verantwoordbaar hou. Demokrasie is iets om jaloers oor te waak.

Thursday, March 31, 2011

DA KAN TSHWANE IN MUNISIPALE VERKIESING VEROWER,MNR.BEYERS


(My brief in vandag se Beeld)

Mnr. Conrad Beyers se aanspraak in sy brief in Beeld van 29 Maart dat die DA nie die Tshwane-metro kan wen in die munisipale verkiesing nie, getuig van algehele onkunde oor kontemporêre Suid-Afrikaanse politiek.

Soos dit ’n tradisionele VF+-ondersteuner betaam, poog Beyers om die Afrikaanse kultuur as vernaamste verkiesingskwessie uit te lig.

Die feit is dat kwessies soos vullisverwydering, diensterekeninge, sigbare polisiëring en talle ander wat kiesers oor kultuurgrense heen raak, nie vra om die taal waarin jy jou frustrasies en aspirasies artikuleer nie. As straatligte buite werking is, is jy in donkerte gehul, ongeag of jy Afrikaans, Engels of Xhosa is.

Die DA het bewys dinge werk waar hy aan die bewind is. Neem die Wes-Kaap, Kaapstad en Midvaal in Gauteng as voorbeelde.

’n Ander belangrike faktor is die algehele ontgogeling onder tradisionele ANC-ondersteuners. As ’n selfdienende party wat net ’n geselekteerde binnekring verryk en bevoordeel, is die ANC nie meer ’n opsie vir sy tradisionele kiesers op voetsoolvlak nie.

Die komende munisipale verkiesing bied ’n historiese geleentheid aan die DA om die Tshwane-metro te verower. Met ’n verkiesingsmanifes wat die verbeelding van kiesers oor kultuurgrense heen aangryp, is die DA gunstig geposisioneer om vriend en vyand te verras.

Tuesday, March 29, 2011

NEVER LET ME GO


SPELERS: Carey Mulligan; Andrew Garfield
REGIE : Mark Romanek
PUNTE : 6 UIT 10


Van buite lyk hulle leefwêreld normaal. Erger nog, die kinders self ken geen ander realiteit nie. Hulle is gebreinspoel om geen vrae te vra nie en daarom aanvaar hierdie kinders van die Hailsham koshuis in die Engelse platteland dat hulle enigste nutswaarde op aarde is om orgaanskenkers te wees. Wat as ‘n salige pastorale prentjie paradeer word ‘n eksistensiële nagmerrie as twee van die kinders in hulle volwasse lewe hulle liefde vir mekaar bely en gekonfronteer word met die feit dat hulle dalk nie sielloos is nie.
Die probleem met hierdie knap vervaardigde rolprent (uitstekende rolverdeling, slim kinematografie en intelligente regie) is dat dit uitsluitlik met jou brein werk sonder om jou hartsnare te roer. Ja die verhaalgegewe is baie somber en angswekkend sonder om ooit melodramaties te wees. Tog mis ‘n mens daardie iets wat jou aan die keel gryp.
Die verhaal kan uiteraard op baie vlakke geinterpreteer word. Dit belig die etiese kwessies rondom orgaanskenkings. Op ‘n eksistensieel filosofiese vlak is die rolprent ‘n metafoor van mense wat nooit grense oorsteek nie en as nutsobjekte hulle lewens lei sonder om ooit waarlik te leef. So beskou is Never let me go ‘n verdienstelike rolprent wat ek slegs kan aanbeveel vir ernstige liefhebbers van die kunsfliek.