Saturday, February 19, 2011

HULDEBLYK AAN LUCAS MAREE


Met die heengaan van Lucas Maree gisteraand het Afrikaanse musiek een van sy grootste stemme verloor. Hierdie woordvirtuoos het met sy voortreflike lirieke bewys wat in Afrikaans gedoen kan word. Lucas was sinoniem met gehalte en integriteit. Omdat hy nie deur kommersiële doelwitte gedryf is nie het hy nie die een album na die ander ingeryg ter wille van verkope nie. Elke woord, liriek was met oordeel geweeg, met die gevolg dat Lucas hom nooit hoef te geskaam het vir sy liedjies nie. Sy oeuvre is van die beste wat Afrikaanse musiek ons nog gebied het.
Daar is baie van sy lirieke wat ek deur die jare binne my saamgedra het. Sou ons maar nie almal kon doen met die spreekwoordelike miljoen in die bank nie. Saam met Lucas het ek ook lank gesoek na my droomvrou. En saam met hom hunker ons almal na ‘n Victoriabaai waar ons net kan kop skoonmaak om weer by onsself uit te kom. Sulke wonderlike, tydlose lirieke. En daarby het die man ‘n wonderskone stem gehad.
Lucas Maree is nie meer met ons nie. Gelukkig kan ek aanhou luister na die wonderlike liedjies wat hy geskryf het en dit binne my saamdra.

Victoriabaai
Kyk hoe sluit die son die hemel oop.
Kyk hoe wyk die nag voor die dag.
Kyk hoe word die see in goud gedoop
Kyk hoe bloos die strand vol van hoop.

Gedagtes vat my soos ‘n kolk wat draai
Deur die newels na Victoriabaai.
Waar die branders in die skuim rond waai
Styg my hart tot waar die seemeeu draai.

Ai ai ai ai ai ai ai
Ai ek wens ek was nou daar-
Ai ai ai ai ai ai ai
Op my kliptroon by Victoriabaai

Daar kan ek nog soms my siel oop knoop:
Daar verdwyn die nag en word dit dag.
Daar kan ek my kop van kommer stroop:
Op my rots, my troon, vind ek hoop.

Friday, February 18, 2011

THE KING'S SPEECH


SPELERS: Colin Firth; Geoffrey Rush; Helena Bonham Carter
REGIE : Tom Hooper
PUNTE : 8 UIT 10


Op die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog staar die Verenigde Koningkryk ‘n ernstige krisis in die gesig. Ofskoon op persoonlike vlak en meesal in die binnekamers van die koningshuis, is dit ‘n probleem wat Britanje duur te staan kan kom. Feit van die saak is, Britanje se troonopvolger, koning George VI, het ‘n spraakprobleem wat hom belemmer om sy samebindende krag onder die bevolking te laat geld. Die oplossing blyk ene Lionel Logue te wees.
Wat aan die bod kom is ‘n onwaarskynlike vriendskap tussen ‘n adelike en sy spraakterapeut. Elkeen se delikate hantering van die situasie is bepalend vir die sukses van hulle poging. Uiteindelik is dit ‘n spanpoging met een doel voor oë, om aan Bertie, dis hoe George VI onder sy familie bekend gestaan het, ‘n stem te gee, letterlik en figuurlik. Wat gesê moet word en hoe dit gesê word is vandag nog iets wat die toets van oorredeing moet slaag.
Tom Hooper se rolprent is 'n stemmingvolle karakterstudie van twee mans se vriendskap wat die amper ontmoontlike getroef het met respek, deursettingsvermoë en hulle besef dat ‘n volk se lotsbestemming op die spel is. Wat inkleding, spel en regie betref adem die rolprent ‘n aristokratiese gelandenheid wat pas by die tema en boodskap. The King’s Speech verdien al die lof wat dit tans ontvang. Moet dit nie misloop nie.

Friday, February 11, 2011

FORGET PAST LOYALTIES, VOTE FOR THE PARTY THAT DELIVERS


(My letter in today's Pretoria News)

The article by Moshoeshoe Monare, “Ideological nostalgia does not secure a future” (Pretoria News, February 7) is an insightful article that touches on the problem of South African politics, namely, traditional ANC supporter’s blind loyalty to the party.
I don’t have to convince Monare that this liberation movement failed to transform itself into a political party, subscribing to a constitutional democracy underpinned by transparency and accountability. He clearly hints at this in his justifiable critique of the ANC.
Monare’s comments about misplaced nostalgia towards the ANC, reminds me of what the late Dr Frederik van Zyl Slabbert said: as long as we are kept hostage to a racist past, we must make provision for a racist future. This is the problem with our political discourse - the ANC’s abuse of identity politics that offers them an advantage at the ballot box, despite poor service delivery, incompetence and corruption.
Monare labels the opposition as useless, with which I don’t agree. I however, share Monare’s concern about the ANC’s unjustifiable monopoly on South African politics.
What is to be done? Traditional ANC supporters should cross their own rubicon by not voting for the ruling party if it does not deliver. That is the democratic and patriotic thing to do.
The DA’s philosophy defies any racist ideas. The only criteria that applies in the DA is Fit for Purpose. Voters who are tired of the ANC’s empty promises must join the DA and outnumber the ANC at the ballot box.

Tuesday, February 8, 2011

DESPERATE ANC HET NIE MEER ANTWOORDE


(My brief in vandag se Beeld)

Die mense vra basiese dienste, maar in plaas daarvan belowe die ANC hulle die hemel.

Die ANC is desperaat. Pres. Jacob Zuma se praatjies oor die hiernamaals bewys dit.

Beloftes oor tasbare dinge soos huise en basiese dienslewering word nou vervang deur die abstrakte.

Die ewige lewe in die hemel is die beloning wat aangebied word vir steun aan die ANC.

Om godsdiens in te span vir jou verkiesingsveldtog, en so onbeskaamd, is ’n dwaling wat nie geïgnoreer kan word nie.

Kerkleiers verteenwoordig ons morele gewete. Die kerk het ’n belangrike rol gespeel om van apartheid ontslae te raak deur dit tot sonde te verklaar. Nou moet kerkleiers weer na vore tree om dwalings soos dié van Zuma aan die kaak te stel.

Wat Zuma sê, is godslasterlik en kan die weg baan vir ’n verpolitiseerde godsdiens wat polarisasie in die hand sal werk.

Niemand gaan baat vind by die ANC-lugkastele en verbeeldingsvlugte nie.

Daadwerklike dienslewering is waarna mense op voetsoolvlak smag. Jy kan mense net so lank vir die gek hou.

Ná 17 jaar van demokrasie het die ANC nie meer antwoorde vir gebrekkige dienslewering nie.

Dit verduidelik Zuma se onaanvaarbare hemelbeloftes.

Sunday, February 6, 2011

BLACK SWAN


SPELERS: Natalie Portman; Vincent Cassel
REGIE : Darren Aronofsky
PUNTE : 8 UIT 10


Wees gewaarsku, Black Swan is nie ‘n pienk versiersuiker balletrolprent nie. Dit vertel die verhaal van ‘n ballerina se innerlike reis om haar magnum opus te lewer en wat dit van haar verg om die hoogste sport te bereik.

‘n Mens kan velerlei temas of motiewe uitlig. Die fyn lyn tussen ambisie en obsessie of dat die dekadente en sublieme nie altyd onderskeibaar blyk te wees nie. Belangriker nog is om nie in jou eie pad te staan nie. Uiteindelik blyk selfverwesenliking beskore te wees vir hulle wie met passie leef, hoe pervers dit ookal blyk te wees.
Black Swan is ‘n donker rolprent, allermins veilig of vervelig. Die kamera word treffend ingespan om intensiteit te bewerkstelling. Wat kinematografie betref is dit 'n briljante werk. Wat aan die bod kom, is ballet as ‘n metafoor van die lewe se stryd en strewe, pyn en ekstase, lig en donker. ‘n Moet-sien-fliek vir die kyker wat nie wegskram van uitdagende rolprente nie.