Thursday, May 15, 2014

POLITIEKE MOBILITEIT IS BEMOEDIGEND

 (My brief in vandag se Beeld) 

Die pas afgelope verkiesing het bewys Suid-Afrika stap nie dieselfde pad as Zimbabwe nie.

Ek is van mening dat twee trajekte hierdie stelling bewys, naamlik die ANC se afwaartse trajek en die DA se opwaartse trajek.

Hierdie neigings is nie nuut nie en dis konstant.

Wat ook bemoedigend is, is die element van politieke mobiliteit wat ons politiek kenmerk.

Twee faktore speel hier ’n rol.

Enersyds die DA se vermoĆ« om kiesers oor kultuurgrense rondom gedeelde waardes te groepeer en andersyds die feit dat die ANC ’n huis teen homself verdeel is.

Groeiende linkse politiek gaan verdere mobiliteit meebring.

Die ANC se handelsmerk rafel stadig maar seker uit en sal binne die volgende dekade nie naastenby die trekpleister wees wat dit tot nou toe was nie.

Die DA se vasberadenheid en harde werk het reeds en sal toenemend vrugte afwerp.

Feit van die saak is, ons is besig om in die rigting van ’n twee- of drieparty-staat te beweeg en die DA sal ’n beslissende mag op hierdie politieke verhoog wees.