Thursday, December 30, 2010

PEOPLE HAVE THE VOTING POWER TO HEAD OFF ONE-PARTY STATE

(My letter in today's Pretoria's News)

Your editorial with the heading’ Time’s up for Zimbabwe’ (28 December 2010) is spot on. The police chief in that country recently stated that the police will only accept one election result, a ZANU PF victory. If this is so, why have elections in any event? This situation cannot be condoned and it is time that that the South African government take a harsh stance against Mugabe and he’s henchmen. We must learn from Zimbabwe if we want to prevent a similar catastrophe.
What is to be avoided is a one party state; Zimbabwe has proven beyond any doubt how disastrous things turn out if the ruling party cannot be challenged at the ballot box.
How do we take the Zimbabwean lesson to heart? By realising that a viable multiparty democracy is paramount to an effective, transparent and accountable government. In our diverse society we must, with acknowledgments to Martin Luther King, remind ourselves constantly that a free and fair political dispensation is not about the colour of your skin but about the content of your character. Any political party playing the race card must be viewed with utmost suspicion.
South Africa saw a miraculous liberation process. The privilege of voting, however, is also an enormous responsibility. The power is still with the people. Let us not allow it to slip through our fingers.

Monday, December 20, 2010

NUWEJAARSBOODSKAP


Hetsy u gelowig is of sekulêr lewe, die feesseisoen gaan by niemand verby nie. Die einde van ‘n jaar noop ons om te reflekteer op wat was en wat voorlê.
Die nasiebou waarde wat die sokker Wêreldbekertoernooi ons gebied het, het wyd geresoneer in die samelewing en Afro-optimisme ‘n hupstoot gegee. Die woord ‘Vuvuzela’ is vanjaar in die Oxford Dictionary of English opgeneem.
Die afsterwe van die über liberaal, Frederik van Zyl Slabbert, het ‘n groot leemte gelaat. Met sy besondere analitiese vermoë het hy ‘n groot bydrae gelewer tot die vestiging van ‘n oop samelewing. Slabbert verdien ‘n ereplek in die Afrikaner Pantheon.
Polities is Suid-Afrika verdeel tussen twee pole. Enersyds is die DA verbind tot ‘n regsstaat wat die oppergesag van die reg erken. Die DA wil die mag van die staat beperk met, onderandere, onafhanklike instellings. Dit word onderlê deur ‘n oop geleentheidsamelewing wat die regte van die individu beskerm. Die ANC verkies ‘n magsstaat met geen skeiding tussen party en staat nie. Hierdie party beklemtoon die kollektiewe wat eintlik ‘n eufemisme vir swart nasionalisme is. Die ANC se voorneme om media vryheid te beperk is ‘n wekroep dat ons grondwet nie veilig in die hande van die ANC is nie.
Die gesaghebbende ontleder, Clem Sunter, wys tereg daarop dat geweldsmisdaad in Suid-Afrika simptomaties is van ‘n gevaarlike retoriek wat, indien dit nie polities beveg word nie, ons op die glybaan na selfvernieting sal plaas.
Met Facebook wat reeds meer as 400 miljoen aktiewe gebruikers het, en ander sosiale netwerke soos blogs, Twitter en YouTube, gee die kommunikasiesfeer die pas aan oor hoe ‘n post-moderne samelewing in ‘n globale interaktiewe era homself definieer. Hoe jy ookal oor WikiLeaks voel, een ding is seker, regerings en internasionale instellings se mag word aan bande gelê deur ‘n tegnologies gedrewe samelewing wat aandring op deursigtigheid en verantwoordbaarheid. ‘n Kreatiewe uitvloeisel van WikiLeaks is die Vrye Woord se pas gelanseerde WikiLigni in Suid-Afrika. Met hierdie inisiatief wil ‘n groep vrydenkende skrywers ‘n teenfoeter bied vir enige poging van die regering om die vrye vloei van inligting te belemmer. Mag in die hande van gewone mense is waar ons heil lê.
Die 2011 plaaslike regeringsverkiesing kan ’n waterskeidingsmoment vir Pretoria wees. Met ANC/Cosatu/SAKP binnegevegte en ‘n ontgogeling oor party grense heen oor die regerende party se swak prestasie, besef al hoe meer mense dat politiek oor keuses gaan. Die DA is gereed om te reageer op die zeitgeist van die dag. Apatie is ons grootste vyand. Elke stem vir die DA sal help om ‘n DA oorwinning in Pretoria te verseker.
My wens vir u is vrede en voorspoed vir 2011.

Sunday, December 19, 2010

COPE NOU 'N TERLOOPSE VOETNOTA VAN DIE GESKIEDENIS

Van ‘n party wat die veelparty politieke landskap in Suid-Afrika kon herdefinieer het Cope nou ‘n terloopse voetnota van die geskiedenis geword. Lewensvatbare opposisiepolitiek word deur die volgende aspekte onderle:
• Duidelike beleid en filosofie. Daarsonder het ‘n party geen bestaansreg nie.
• ‘n Demokratiese verkose leierskap om legitimiteit te verseker.Sonder legitimiteit funksioneer ‘n party binne ‘n vakuum.
• Funksionele party strukture en dissipline gerugsteun deur goeie organisasie.
• ‘n Opposisie party moet ‘n duidelike alternatief vir die regerende party verskaf.
• Daar moet ‘n ‘mark’ wees vir so party. Andersdenkende kiesers met ander woorde wat nie met die regerende party se doen en late saam stem nie.
• ‘n Lewensvatbare opposisie party sal die werklikhede van ‘n diverse gemeenskap erken en nie die veelrassigigheid van Suid-Afrika ontken nie.
Wat gevra word is ‘n party wat opreg die belange van sy ondersteuners bevorder om so Suid-Afrika ‘n tuiste te maak vir al sy mense, hoe uiteenlopend ookal. Gemeet aan hierdie kriteria het Cope geheel en al misluk. Dit het by hierdie party nooit oor die ondersteuners gegaan nie maar eerder oor twee leiers se ego’s wat bevredig moes word.
Cope het sy kans om iets vir ons land te doen jammerlik verbeur. So beskou is die enigste relevante politieke gesprek die een tussen die ANC wat ‘n geslote samelewing voorstaan en die DA met sy oop geleentheidsamelewing wat betekenisvolle inhoud aan demokrasie wil gee.

Tuesday, December 14, 2010

NOW MASSES NEED TO BE SAVED FROM THEIR LIBERATORS

(My letter in Pretoria News)

Political vultures deprived the vulnerable from kindness at a time when goodwill usually prevails. Where is the ANC of yesteryear who championed a better life for all?
Taking R40 million rand from the Lotto to fund the World Youth and Student Festival (Read ANC bash) is loathsome. These are trying times for charitable organisations attempting to make a difference in the lives of the less fortunate. These organisations rely on donations from the National Lottery.
A sense of community is needed to keep society together. If my neighbour goes to bed hungry I cannot have a good night’s rest. Just how self-righteous can the ANC still become? The ANC clearly lost touch with the people at grassroots level.
Although the ANC liberated the people, ironically, the masses now need to be rescued from their liberators, who became self obsessed and arrogant. Are we still a caring society? The government certainly don’t care anymore. To take so much money for a dubious event is to disregard South Africans from all walks of life. They who give generously will ask themselves in future why they should bother to continue. They who are supposed to benefit from the lottery are shamefully betrayed.
All we can hope for is that when the up-and-coming leaders of the ruling party consume high volumes of beverages and decadent cuisine at the Youth Festival they will spare a thought for the less privileged. Expecting anything more from them is like playing the lottery with your chances less than one in a million.

Thursday, December 9, 2010

SPUD


Spelers: Troye Sivan; John Cleese
Regie: Donovan Marsh


Die boek Spud deur John van der Ruit het die afgelope twee jaar kultusstatus bereik. ‘n Rolprent verwerking daarvan was onvermydelik. Vir mense soos ek wat nie die boek(e) gelees het nie - nie juis my voorkeur genre nie –het daar ‘n heerlike verrassing op die grootskerm gewag.
Wat aan die bod kom is seunskind dinge by ‘n elite kosskool in Natal. Was puberteit teen ‘n eg Suid-Afrikaanse agtergrond al ooit so kostelik, humoristies en getrou uitgebeeld? Van der Ruit het met Spud karakters geskep waarmee ons kan identifiseer. Die nuuskierigheid en onbeholpenheid van die jeug word met soveel deernis geskets.
‘n Persoon wat ‘n besondere invloed op veral Spud het, is die Engelse onderwyser, the Guv , so genoem deur die seuns. Hy maak staat op die lettere en sy eie lewenservarings om die seuns voor te berei vir die grootmenslewe.
Die kyker kan Spud op twee vlakke geniet. Ondeund, meermaal stuitig en uitbundig – ideale Slush Puppy vermaak vir ‘n Saterdagaand. Wat my egter opgeval het is die terloopse intertekstualiteit met letterkundige werke soos Samuel Beckett se Waiting for Godot. So beskou het Spud ‘n eksistensiële subteks vir die oplettende kyker wie dieper wil analiseer. Hoe ookal, Spud is rolprentvermaak uit die boonste rakke. Moet dit nie misloop nie. Spud kry 8 uit 10.

Wednesday, December 8, 2010

BOLD STAND AGAINST CHILD PORNOGRAPHY ASKED


By Cllr Francois Bekker

The eight suspects who are implicated in a child pornography case that shocked South Africa in the past few days appeared in the Pretoria North Magistrate court yesterday.

The DA gathered outside the court to show its support to the 16 days of activism against women and child abuse. The DA called on the community to take a bold stand against child abuse.

DIS NIE DEWANI WAT DIE AAP IS NIE

Die polisie hoof, Genl Bheki Cele, het na die moordverdagte Mnr Shrien Dewani, as ‘n aap verwys. Wat ‘n smaaklose uitspraak.
Menige mense het onmiddelik vrae gevra oor die vreemde omstandighede rondom die moord op Dewani se vrou verlede maand. Wat verstommend is, is die feit dat die Suid-Afrikaanse owerheid dit onomwonde uitbasuin het dat Dewani nie ‘n verdagte is nie. Gewoonlik beroep misdaadondersoekers hulle op die veilige cliché dat geen moontlikhede uitgesluit word nie. En ondersoek die saak as sulks
Indien daar nie ‘n verrassende bekentenis was nie sou die polisie nou nog kop gekrap het oor die moord. Die vraag is, waarom is Dewani nie hier in Suid-Afrika gearresteer nie. Onbeholpe polisiewerk en ‘n uitleweringsproses wat maande kan duur kan geregtigheid weereens dwarsboom. Dewani kapitaliseer op ‘n dubbele voordeel wat Suid-Afrika bied; ‘n land met ‘n hoë geweldsmisdaadvoorkoms waar ‘n vrou op haar wittebrood vermoor kan word en ‘n polisiemag wat nie een en een bymekaar kan sit nie. So beskou is dit nie Dewani wat die aap is nie.

Monday, December 6, 2010

REGTE MAN BY DIE VERKEERDE PARTY

“Sputla, ek hou van jou maar nie van jou party nie.” is wat ek gedink het met die lees van Anim van Wyk se onderhoud met Pretoria se nuwe burgemeester (Sputla ‘amper’ in Bafana Bafana, Beeld 4 Desember 2010).
Op 35 het Kgosientsho Ramokgopa ‘n reputasie wat respek afdwing. Sy sake kennis en ondervinding sal hom uitstekend te pas kom by die Tshwane Metro wat slegs as ‘n ongelukkige toedrag van sake beskryf kan word. Dienslewering het oor die afgelope jare erg agteruitgegaan as gevolg van kortsugtige politieke opportunisme wat voeling met die mense op voetsoolvlak verloor het. Anders gestel, die brood en botter politiek van die stad is in ‘n bedenklike toestand.
Ja, Sputla maak al die regte geluide, asof iemand ‘n DA toespraak in sy hand gedruk het. Net die tyd sal leer of al die praatjies met dade opgevolg word. En hoeveel beweegruimte die ANC hom as individu sal gun om die regte besluite te neem wat nie noodwendig stemme vir die ANC sal wen nie. Vraag is, waarom het die ANC toegelaat dat die hoofstad van Suid-Afrika so agteruitgegaan het. Nou met ‘n munisipale verkiesing op hande en bekommerd oor die feit dat die DA die hoofstad van Suid-Afrika kan inpalm, stel hulle ‘n burgemeester aan wat ‘n verskil wil maak.
Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie. Sputla Ramokgopa is ‘n lid van die party waaraan Julius Malema behoort. Die ANC se planne met media Vryheid en die beheer oor inligting is skrikwekkend. Die ANC praat al hoe meer oor nasionalisering. Die ANC wil aan die provinsies karring om te verseker dat hulle ‘n monopolie op die politiek verkry ten koste van veelparty demokrasie. So beskou is Sputla die regte persoon by die verkeerde party. ‘n Party wat nie met Pretoria of die land se toekoms vertrou kan word nie.

Friday, November 26, 2010

AFRIKAANSE FLIEKS KORT REGTE VERSPREIDING

(My brief in vandag se Beeld)

Daar is wel ’n mark vir die Afrikaanse rolprent. Die fliek Liefling (met Bobby van Jaarsveld) se sukses by die loket bewys dit.

Daar is dus ’n mark wat wag om ontgin te word. Tog moet die volgende oorweeg word om hierdie tendens vol te hou:

Doeltreffende verspreiding en bemarking bepaal flieks se sukses.

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (myns insiens ’n briljante fliek wat baie beter as Liefling is) se kort speelvak was te wyte aan gebrekkige verspreiding – dit het in een, miskien twee teaters in die ganse Pretoria gedraai.

Fliekgehore stel nie belang in politieke rolprente nie. Gewone stories waarmee mense kan identifiseer, vind groot byval. Platvloersheid gelaai met toilethumor is geen suksesresep nie.

Moenie Afrikaanse gehore se intelligensie onderskat nie.

Liefling is nie ’n foutlose fliek nie, daarvoor is die draaiboek darem net te yl.

Maar omdat dit ’n ode is aan geliefde liefdesliedjies van gister, het dit daarin geslaag om die hartsnare te roer. Ons land het baie stories om te vertel.

RESCUE BUS SERVICE FROM COLLAPSING

(My second speech in Council yesterday)

The Transport Month Programme can only be lamented for its inability or lack of intention to involve the relevant role players in this field. It can safely be stated that the public at large did not even know about Transport month.
An important point mentioned in the report is Tshwane bus service campaigns.
The year 2010 can only be described as an Annus horibilis for the bus service which forms the most basic and vital component of the city’s public transport system. Consider the following facts:

•Changing the bus ticketing system without consulting political role players or the public saw the most irrational ticket system forced on commuters.
•According to our information close to half of the bus fleet is stranded in workshops due to financial and other problems.
•The road worthy status of many busses seem to be in jeopardy due to non-compliance with provincial regulations
•The morale of personnel at the bus service is at an all time low
• Regular bus service disruptions
•Labour disputes accompanied by violent threats to personnel who either expose corruption practices or personnel who simply want to carry on with their daily task.

The bus service is evidently in trouble. The contributing factors to this sorry state of affairs are either ignorance or arrogance or both. Who is in charge of the bus service, management or elements with a hidden agenda? What is needed to address the situation is the political will to do the right thing and to call management to account. Ignoring this call to rescue the bus service from collapsing will be at our own peril and at the cost of a reliable, accessible and affordable public transport system.

Thursday, November 25, 2010

FLIGHT OF FANTASY

(My speech in Council today)

The DA recognises the importance of Transport as a key factor in economic development. Whilst tempted to be impressed by the feasibility studies regarding the Tshwane Inter Modal Freight hub, we suggest a reality check in this regard.
The freight hub will be extremely expensive. The estimated amount mentioned in the report is R7bn to R8bn, with the emphasis on estimated – in reality the costs are usually much more. The fact of the matter is that the Tshwane Council does not have the money.
The future of the Wonderboom airport is linked to the freight hub. In fact, we must seriously consider the state of affairs at the Wonderboom airport.
The Wonderboom airport is not utilized to its full potential. It experienced many challenges and problems this year that casted a shadow of doubt on the Council’s ability to manage a facility of this magnitude. If the Wonderboom airport is anything to go by, we should be worried about the Tshwane Council’s ability to handle a bigger airport that will require even more specialist management skills.
The recent fuel shortage blunders at the Wonderboom airport clearly illustrated the fact that sound business and managerial practices are not in place to assure the smooth operation of this facility. As we speak the Wonderboom airport is not an income generating entity for the Tshwane Metro. Why not? The DA is very concerned about the new fuel supplier to the airport- which was changed due to reasons unknown to us – and we are not convinced that the new fuel supplier is geared to render a sustainable service to the airport.
The DA suggests a back to basics approach. Make basic transport systems like the busses a success. The BRT system requires urgent attention. And let us seriously consider a feasible way forward for the Wonderboom airport.
The freight hub seems like a very expensive flight of fantasy that simply will never take off. We don’t have the money and our basic transport services must be sorted out first before we entertain idealistic transportation dreams.

Wednesday, November 24, 2010

LIEFLING - DIE MOVIE



Spelers: Bobby van Jaarsveld; Lika Berning
Regie: Brian Webber


Liefling is ‘n ode aan gister se liefdesliedjies. Toegegee, die storielyn is yl. ‘n Tipiese boy meets girl verhaal met ‘n goeie dosis sentiment. Die spel is van wisselende gehalte. ‘n Vak wat prominente aandag in drama kursusse behoort te geniet is die kuns van onderspeel. Die een probleem met Afrikaanse rolprente is dat die akteurs dikwels over act. Die kuns is dat die kyker nie eens bewus moet wees van die spel as sodanig nie.
By tye kitch, kommin en strykdeur onskuldig. Die dramatiese aspekte word nie na behore ontgin nie. Die antagonis in die verhaal word as ‘n karikatuur uitgebeeld. Wanneer sy teen die einde van die verhaal tot selfontdekking kom, is dit onoortuigend. ‘n Ander irriterende aspek is randfigure soos Kurt Darren wat net ingegooi is om te sing – hulle karakters dra nie by tot die verhaal nie.
Die rolprent slaag egter ‘n belangrike toets deurdat dit jou voete laat jeuk vir Afrikaanse musiek. Die repertoire liedjies in die rolprent bewys dat Afrikaanse musiek oor ‘n wye register beskik wat die nuanses van die liefde ondervang. Jy sal saam met Rouel Beukes ‘n lied oor die lewe wil sing, want dit gaan so gou verby......
Liefling- die movie kry 6 uit 10.

UNSTOPPABLE



Spelers: Denzel Washington; Chris Pine
Regie: Tony Scott


Hollywood is nou maar eenmaal gerat om rampflieks tot hul reg te laat kom, veral omdat dit groot begrotings verg om sulke flieks te maak.
Wanneer ‘n onbemande wegholtrein met ‘n gevaarlike vrag chemikalië op volle vaart alles voor hom weg veeg, sit die eienaars van die trein met hulle hande in hulle hare. En om te dink die verhaal is op ‘n ware insident gebaseer.
Die trein ingenieur Frank Barnes ( Washington) en sy protégé, Will Colson (Chris Pine) sukkel om mekaar te vind op hulle eerste skof saam. Met die nuus dat die wegholtrein op hulle spoor (aankomend) is, noop dit die twee om anders na mekaar te kyk. Dis by die dramaties gelaaide ontvouing van ‘n onwaarskynlike kameraadskap waarin die rolprent se trefkrag lê, en natuurlik die bedreiging van ‘n naderende ramp. Die rolprent word ‘n knap metafoor van lewens wat soms dreig om te ontspoor en die menslike wilskrag om koersvas deur die lewe te gaan.
Briljant verfilm met naelbyt spanning tot reg aan die einde. Net jammer vir die tipiese Hollywoond einde wat deurdrenk is met melodramatise sentiment. Hierdie rolprent word sterk aanbeveel vir liefhebbers van spanningsflieke en kry 7 uit 10.

.

Sunday, November 14, 2010

VRYE POLITIEK IS ALMAL SE KEUSE

(My gepubliseerde brief in gister se Beeld bylaag: BY)

Ons kan nie meer verwag dat politiek mense bevry nie. Die tyd het aangebreek dat mense die politiek bevry. Hierdie waarheid word bevestig deur beide Max du Preez (“Wat beteken ‘n naam? Wat beteken ‘kokkerot’?”) en Michiel le Roux (‘n Doodskoot vir wegbreek-politiek”) vir se artikels oor onderskeidelik die onbeskofte Malema en Cope wat in ‘n oorlewingstryd gewikkel is.
Eers iets oor Cope.
Ek is nie ‘n lid of ‘n ondersteuner van hierdie party nie. Tog hou ek my duime styf vas dat die party sy mojo sal herwin en sy leierskapsverskille sal bylê om uiteindelik ‘n sinvolle bydrae tot ‘n veelparty politieke stelsel te lewer. Voor dit egter kan gebeur, sal die party daadwerkilk moet demokratiseer waartydens ondersteuners sê wat hulle wil hê met die ego’s van die party se leiers vêr op die agtergrond. Slaag Cope nie die toets nie, is die party gedoem tot ondergang.
Om ‘n politieke opponent ‘n kokkerot te noem is primitief. Om deur jou party toegelaat te word om dit te sê, is skandalig. Waarom, vra ons almal, doen die ANC sulke dinge. Die antwoord is voor die hand liggend; want hy kan. Die magsbalans is mos in die ANC se guns.
Die DA se liberale waardes, wat gestalte kry in sy idee van ‘n oop samelewing, behoort byval te vind by kiesers oor ras- en kultuurgrense heen. Die ANC besef dit en sal daarom swart nasionalisme uitbuit solank hy kan. Die prys wat die ANC hiervoor gaan betaal is stagnasie omdat progressiewe politiek wat aanpas by die vereistes van die tyd nie tuishoort by hierdie beperkte tipe politiek nie.
Uiteindelik egter, hopelik gouer eerder as later, sal kiesers in groterwordende getalle besef dat die mag lê in hulle hande. Veral swart kiesers, meer as ooit, bevind hulle by ‘n politieke Rubicon. Ware bevryding gebeur wanneer mense besef dat die politiek oor keuses gaan. Kokkorot-politiek hoort nie tuis in ‘n progressiewe samelewing waar die belange van die mense deur politici gedien word nie.

Wednesday, November 10, 2010

Let's hope the new broom sweeps the city clean

My letter to the Tshwane mayor in the Pretoria News - 11 November

Dear Mr Mayor, please accept my congratulations on your election as mayor of Tshwane. By all accounts you are a man with a plan. Your statements regarding service delivery and rooting out corruption are truly inspiring.
But our beloved city has gone through a bad patch over the past few years. Voters across the political spectrum are disillusioned with outdated political rhetoric, empty promises and power games that are only about the positioning of politicians and politically connected civil servants. The number one casualty of this dismal situation is effective service delivery to our residents, many of whom are paying their rates and taxes religiously.
The transport and roads portfolio on which I serve is so neglected that any reasonable dialogue reaches an impasse that can only be rescued with an intervention from the top. This is the only way forward to find sustainable solutions for the many challenges in this field, the mainstay of economic development. Changing the bus ticketing system, without consultation with political role players or the public, saw the most irrational ticket system forced on commuters. People who depend on a reliable and affordable public transport system are calling us daily expressing their frustration with the transport services, or lack thereof. Considering all the problems at the bus service and the metro’s refusal to tackle the problems , we are risking losing the bus service. The long awaited BRT system more than ever seems only a pipedream.
The Melgisedek Christian Centre in Riviera -council property - is fast becoming another Schubart Park disaster. This facility has been functioning for more than two years in a vacuum posing many social, health and safety threats. My motion that was accepted at the June Council meeting called on council to draw up an action plan indicating what measures will be taken to take control over this facility. With no plan forthcoming, I had to compile questions ( to be tabled at the this month’s council meeting) asking if the motion is receiving any attention, and when an action plan can be expected.
There are scores of other problems that have been ignored for too long: lawlessness on our roads; incorrect billing; a dysfunctional helpdesk, streetlights not working, messy parks and sidewalks, neglected graveyards, illegal businesses, inadequate infrastructure, squatters, regular power supply failures, to mention but a few.
As a member of the official opposition, I hope that your approach will be different from your predecessor’s. While wishing you all the best with a mammoth challenge I am fearful that you will be confronted with your own party’s destructive forces choosing to ignore diversity, lacking the political will to do what is right and placing a higher premium on selfish party political goals at the expense of the greater community.

Monday, November 1, 2010

DEON MEYER SE NUUTSTE BOEK NIE SY BESTE


Deon Meyer se jongste werk, Spoor, beslaan ‘n allemintige 541 bladsye. Konseptueel sien die boek anders daar uit as sy vorige werke. Die boek is in 4 boeke ingedeel wat uiteindelik 109 hoofstukke beslaan.
Meyer kies ‘n wye doek om sy verhaal, weereens sterk geanker in ‘n kontemporêre Suid-Afrika van georganiseerde misdaad en internasionale terreur, te vertel. In Boek 1: Milla (Komplot), word ‘n alledaagse huisvrou betrek by die binnekringe van ons land se spioenasie agentskappe as daar vermoed word dat ‘n groep Moslem- ekstremiste ‘n terreurdaad in die aanloop van die sokkerwêreldbeker wil pleeg. In Boek 2: Lemmer (Die Swart Swaan), is ons vriend Lemmer, daardie onstuitbare lyfwag van Onsigbaar,terug. Hy word gevra om hulp te verleen met die vervoer van renosters, ‘n ekspedisie wat onaangename verrassings oplewer. Boek 3 Milla (‘n Teorie van chaos), hervat Milla se verhaal as haar voorstedelike bestaan vir eens en altyd op sy kop gekeer word wanneer die enigma Lucas Becker haar pad kruis. In Boek 4: Mat Joubert (Form 92), maak nog ‘n ou staatmaker sy opwagting om die verdwyning van ‘n bestuuder by ‘n busdiens te ondersoek. Verrassende aanknopingspunte met die vorige verhaalyne , alhoewel skraps en toevallig, meld hulself aan tydens die knap speurwerk van Joubert.
Alhoewel ambisieus in omvang het iets van die impetus, outentieke situasies en spanningslyn van Meyer se vroeëre werke verlore gegaan met hierdie boek. Daar is verskeie redes hiervoor.
Die boek is hopeloos te lank. Meyer maak homself skuldig aan die kofferboek-sindroom,om te kyk hoeveel hy in een werk ingepak kan kry. Wat gevolglik in die slag bly is fokus en ritme. Ek wil my verstout om te sê dat daar met ‘n goeie twee honderd bladsye gesny kon word.
Die spioenasiewêreld wat Meyer oproep is verbeeldingloos en vervelig. Daar is eindelose jargon en onnodige dialoog om bladsyruimte te wen.
Die gebruik van spoorsny-aanhalings bokant elke nuwe hoofstuk in boek 2 (die leitmotif van die boek is inderdaad om spore te laat of te volg) is pretensieus en irriterend.
Daar is ook ander lastige foefies wat afbreuk doen aan Meyer se letterkundige vermoëns.
Al die karakters is nie ewe geloofwaardig nie en sommige situasies en ontknopingspunte is niks anders as onwaarskynlik en vergesog nie.
Meyer is op sy beste met ‘n goeie speurverhaal met ‘n minimalistiese styl. Spoor kan allermins as ‘n waardige toevoeging tot hierdie meester van die speurroman se oeuvre beskryf word. Francois Bekker

Monday, October 18, 2010

ANC's PLANS BORDER ON DESPERATE MEDDLING

The ANC cannot improve the lives of people by tinkering with the country’s provincial structure, writes DA councillor FRANCOIS BEKKER by e-mail.

(Lead letter in the Citizen)

Where the Democratic Alliance is in power good governance and real service delivery prevails. Frustrated by this, the ANC now wants to review the role of the provinces.
The ANC’s intention to meddle with the provinces is telling of the ruling party’s misguided idea about democracy.
The ANC feels, understandably, threatened by the DA. Instead of showing commitment to a multi-party democracy, it now wants to change the rules of the game to neutralise the rise of the opposition.
The real losers of the government’s destructive plans to change the roles of the provinces will be the people, who merely want service delivery, effective and accountable governance to be a reality, concepts obviously foreign to the ANC.
Let’s face it; the ANC is a power- hungry political movement that does not care about the needs of the people.
If the ANC cared about the voters it would try outsmart the DA with better policies, fit-for-purpose appointments and effective government that will provide the results our people are so desperately waiting for. But no, driven by an agenda to benefit a select few, self-interest will always be put above the needs and aspirations of the country.

Saturday, October 16, 2010

THE GIRL WITH THE DRAGON TATTOO


(Sweeds met Engelse onderskrifte)
Die skrywer Stieg Larson se trigologie: The Girl with the Dragon Tattoo, The Girl Who Played With Fire en The Girl Who Kicked the Hornets’ Nest, is ‘n internasionale letterkunde fenomeen wat nou na die wye doek verplaas is.
Dit is om baie redes ‘n rolprent bonus. Vir rolprentgangers soos ek wat net nie daarin kon slaag om my tande in die boeke geslaan te kry nie, bied dit mens die geleentheid om nou saam te gesels oor hierdie speur epog wat, veral na die afsterwe van die skywer nog voordat dit wêreldwyd ‘n wegholtreffer geword het, oornag kultus status vewerf het. Daarby is enige Sweedse rolprent altyd ‘n welkome afwisseling vir Hollywood cliche’s.
Dit vertel die verhaal van Michael Blomkvist ( Michael Nyqvist) wie se paaie kruis met Lisbeth Salander (Noomi Rapast), ‘n gekompliseerde maar knap navorser ( lees kuberkraker), as hy as kontroversiele maar gedugte ondersoekende joernalis betrek word by die ondersoek van sy broerskind se verdwyning veertig jaar gelede. Dit word ‘n intrige wat iets van die Sweedse psige blootlê wat andersins verswyg word. Ja ook in daardie mooi land met sy beskaafde reputasie is daar gierigheid, seksuele afwyking, politieke hubris en geweld teen vroue.
The Girl with the Dragon Tattoo is ‘n boeiende rolprent wat stewig ge-anker is in ‘n kontemporêre wêreld van rekenaars en die wêreldwye web wat tyd en afstand relatief maak. Die pragtige sneeu landskappe is nie bloot dekoratief nie, maar suggureer iets van die die mens se afsondering in ‘n ongenaakbare wêreld bevolk deur selfsugtige mense wat die swakkeres om hulle uitbuit.
Regisseur Niels Arden Oplev se rolprent het ‘n onderhoudende spanningslyn met karakters wat alles behalwe alledaags is. Dit word sterk aanbeveel vir liefhebbers van speurrillers en kry 7 uit 10.

Sunday, October 10, 2010

EAT PRAY LOVE


Almal kan identifiseer met die feit dat die lewe soms kruispaaie vir ons trek. Liz Gilbert (Julia Roberts) besef op ‘n dag dat sy op ‘n plek in haar lewe is waar sy nie wil wees nie. Haar huwelik is saai, haar lewe is sonder betekenis en haar toekoms lyk onseker. Die tipe gegewens waarmee baie van ons kan identifiseer. Sy sien die kruispad in haar lewe vir wat dit is en besluit om nie ongestoord voort te gaan nie. Sy kies ‘n afdraai pad wat haar op ‘n reis neem om die lewe te ontdek en weer by haar ware self uit te kom. Wie van ons het nie in ‘n mindere of meerdere mate dieselfde versugtings nie. Sy pak daar en dan die nodigste in ‘n tas en reis na Italie, Indie en Bali waar sy onderskeidelik die deugde van eet, gebed en liefde herontdek.
Wat ‘n eksistensiele verkenningstog kon wees ontaard in ‘n tipiese Hollywood drama wat eerder soetsappig is sonder om werklike lewensvrae te vra. Ja, daar is poskaart mooi tonele wat die asem wegslaan wat seker die viering van die lewe suggureer. Maar dis die invalle wat die innerlike reis tot selfontdekking lei wat ek in hierdie rolprent mis. Ek het die rolprent onsamehangend gevind. Welliswaar aanmekaar geplak sonder ‘n tematiese eenheid. Uiteindelik verloor ‘n mens kontak met die hoofkarakter. Dit is nie duidelik tot watter lewensinsigte sy kom en wat dit aktiveer nie.
Ek het die teater verlaat sonder om iets saam met my te neem. ‘n Twyfelagtige rolprentervaring wat 4 uit 10 kry.

Wednesday, September 29, 2010

TONY BLAIR - A JOURNEY


Tony Blair lyk energieryk op die omslag van sy memoir. Die vars skryf-aanslag wat dit suggureer, is nie ‘n vals belofte nie. Met Blair as ‘n woord virtuoos is dit ‘n boek wat lekker lees. Die leser word op ‘n boeiende reis geneem van ‘n politikus wat besef het dat sy party uit pas is met die kiesers se behoeftes. Blair karteer die paradigma skuif wat die Arbeiders moes maak om in pas te kom met ‘n moderne samelewing . Die zeitgeist waarmee die Arbeiders hulself moes vereenselwig, bewys hoe daar altyd ‘n wisselwerking tussen die samelewing en ‘n politieke party is. Om dit te ignoreer veronderstel stagnasie en uiteindelik irrelevansie. Met ander woorde, om die volksgemoed aan te voel. Hy besin oor waardes , sosiaal demokraties in sy geval, en die praktiese toepassing daarvan. Hy het ‘n hekel aan die ver- linkses in sy party se diktum. Terloops, sy beskrywing van die drie kategorieë Arbeiders binne sy party is fassinerend. Met die afsterwe van John Smith, Blair se voorganger, bevind die party hom by ‘n Rubicon wat oorgesteek moes word. ‘n Jare lange vriendskap met Gordon Brown het die oomblik verander toe Blair as aangewese leier na vore tree. Brown was van mening dat hy nogtans die de facto leier sou wees, iets wat Blair nooit toegelaat het nie.
As die argitek van New Labour het Blair die Arbeiders na die sentrum van Britse politiek geneem. Die breek met die verlede, die herdefiniering van ou tradisies en die omarming van die hede en die toekoms word die mantra van dit wat New Labour is. Oorweeg die slagspreuk: “Tough on crime, tough on the causes of crime.” Blair plaas ‘n besondere hoë premie op die rol en waarde van die individu. Hy respekteer aspirasie. En daarom glo hy aan ‘n samelewing wat geleenthede skep en harde werk beloon.
Die leser kry insae in moderne regerings wat soms as sofa governments beskryf word as Blair die rol van adviseurs oortuigend verduidelik. Ook die problematiek van regering word treffend beskryf. Die staatshervormings wat in die Blair jare onderneem is, is enorm. “You campaign in poetry and govern in prose.”
Daar kom baie aan die bod in hierdie nogal lywige memoir. Vrede in Noord-Ierland, Kosovo. Prinses Diana en Blair se verhouding met die vorstehuis. En natuurlik Irak en Gordon Brown.
Blair vra nie verskoning vir die oorlog in Irak nie. Oor die feit dat die inligting verkeerd was oor Weapons of Mass Destruction is hy uiteraard jammer. Hy ontken egter enige poging om intelligensie te versin om destyds ‘n oorlog te begin. Blair bely ‘n tekortkoming met die Irak kwessie. Die omvang van ‘n mislukte staat was nooit behoorlik verreken nie.
Die Blair-Brown verhouding was van meet af moeilik. Albei is van briljante kaliber. Albei ongelooflik ambisieus. En om sake net meer te kompliseer was Blair die eksponent van New Labour terwyl Brown se sentiment by die ou linkse tradisie van die Arbeiders gelê het. Wanneer jy jou van hierdie feite vergewis, verstaan jy waarom Brown as premier misluk het en waarom die Arbeiders, sonder ‘n visie om New Labour verder te neem, ‘n koue skouer by die kiesers gekry het.
Daar is heerlike anekdotes oor wêreldleiers, hul persoonlikhede, blapse en leierskapstyle. Soos George Bush wat op ‘n motorfiets by ‘n G 8 beraad ‘n polisieman raakry. Die Franse president wat Britse kos beledig. Om nie te praat van Gordon Brown wat op ‘n keer binne ‘n toilet vasgekeer is nie.
Uiteindelik ‘n sonderlinge blik op die Britse politiek, die internasionale politieke verhoog en Tony Blair die mens.

Saturday, September 25, 2010

WALL STREET: MONEY NEVER SLEEPS


Vanuit ‘n visuele oogpunt is Wall Street: Money never sleeps een van die beste rolprente wat ek in jare gesien het. Oliver Stone se rolprent verkry ‘n impresionistiese geladenheid met kameraskote wat die hebsug van geld skouspelagtig aan die kaak stel. ‘n Mens voel soms duiselig tussen die wolkekrabbers en bling wat die groot geld van Amerika aanhou skep. As gesoute regisseur laat Stone egter nooit sy karakters verdwyn teen ‘n asembenewende agtergrond nie.
Jacob (Shia LaBeouf) is die ambisieuse protégé wat ‘n waardevolle mentor verloor, een van die rolprent se aandoenlikse tonele, om daarna teen alle raad in, agter Gordon Gekko (Michael Doglas) aan te hardloop nadat hy so pas uit die tronk uitgestap het. Selfs Gordon se dogter, op wie Jacob verlief is, waarsku hom teen hierdie geldwolf.
Die deurlopende tema van die rolprent is die geldborrels wat spekulatiewe ekonomieë aanhou skep. Ook die ellende wat dit ten gevolg het. Sommiges kan hiervan wegstap, ander word magneties hiernatoe aangetrek. Dis die aard van die mens. En dis niks nuuts nie. ‘n Treffende annekdote wat Gordon Gekko met ons in hierdie verband deel is die tulpbolle eiendomslenter eeue gelede in Nederland..
Kragtige toneelspel, briljante fotografie wat simbolies gelaai is en ‘n regisseur wat weet hoe om sy storie te vertel, maak Wall Street ’n besondere rolprentervaring. Geld, sê hierdie rolprent, kraai nou maar eenmaal koning. Dit kry 8 uit 10. Francois Bekker

Sunday, September 19, 2010

NEDERLANDSE FILM ONTROER


OORLOGSWINTER

(7 UIT 10)

Dit is asof menslike deugde en swakhede meer akuut belig word tydens ‘n oorlog. In Oorlogswinter word lojaliteit, verraad en integriteit treffend aan die orde gestel. Ook die verlies aan onskuld is onafwendbaar gedurende oorloë. In hierdie rolprent sien ons die oorlog deur die oë van die tienerseun Michiel wie se pa ‘n burgemeester van ‘n klein Hollandse dorpie is. Michiel se eerste dilemma is of hy betrokke moet raak of wegkyk. Wanneer hy tot die redding van ‘n Britse vlieënier kom verander sy perspektief onherroepbaar met verreikende gevolge.
Oorlogswinter is knap verfilm en word gekomplimenteer met hoogstaande spel. Die jong akteur Martijn Lakemeier wat die rol van Michiel vertolk dra die film eiehandig met sy subtiele en gevoelvolle spel. Moenie ‘n gewone aksie belaaide oorlogprent verwag nie. Die regisseur Martin Koolhoven se aanslag is delikaat met ‘n spanningslyn wat eerder spruit uit menslike elemente as kordiet en grofgeskut. Emosioneel miskien te afgetrokke, maar nogtans ‘n treffende herinnering van die verwoestende aard van oorlog.

(Oorlogswinter is gebaseer op ‘n roman van Jan Terlouw. Baie Afrikaanssprekendes het reeds op skool met sy skryfwerk kennis gemaak met die voorgeskrewe boek Koning van Katoren)

Saturday, September 18, 2010

CASAC 'N WELKOME INISIATIEF

Niks is so kragtig soos ‘n idee waarvoor die tyd ryp is nie. Die stigting van die raad vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) is innoverend en akuut relevant. Die zeitgeist van Suid-Afrika noodsaak ‘n inisiatief van hierdie aard om tot die redding van ons jong en brose demokrasie te kom. Ofskoon Casac dit nie ten doel het om anti-ANC te wees nie, weet almal dat die wankelrige ANC-Cosatu-SAKP alliansie ‘n hoër premie op mag plaas as die beskerming en uitbouding van die demokrasie. Die party politieke landskap is die verhoog waarop politieke rolspelers hulself posisioneer om hulle ondersteuners se belange en aspirasies te artikuleer. Die grondwet is die teater waarbinne die politieke drama homself afspeel. Sonder ‘n trefseker Grondwet loop Suid-Afrika die gevaar om ‘n totalitere staat te word waarin legitieme rolspelers van die toneel af sal verdwyn. Anders gestel, Casac is ‘n insiatief wat allerweë verwelkom en ondersteun moet word om te verseker dat politieke mag
bly waar dit hoort – in die hande van die kiesers.

Saturday, September 11, 2010

BEWUSMAKING TEEN MEDIA INPERKING

MY BRIEF IN BEELD: 11 SEPTEMBER
Swart strikkie moet verset teen aanslag op vrye media uitbeeld
deur Francois Bekker van Lynnwood


Die regering se planne vir ’n mediatribunaal verteenwoordig die kreeftegang van ons demokrasie.

Sonder ’n vrye media is deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die gedrang en sal onbeperkte mag in die hande van die regerende party geplaas word.

’n Openbare bewusmakingsveldtog moet dringend begin word om die burgerlike samelewing te mobiliseer teen dié aanslag op ons demokrasie.

Ek stel voor dat ’n strikkie vir mediavryheid geskep word wat mense kan dra om hul verset teen die aanslag op vryheid van spraak uit te beeld.

Soos vigs- en kankerstrikkies moet so ’n strik ons elke dag daaraan herinner dat ’n vrye media noodsaaklik is.

’n Stigting vir ’n vrye media kan geld insamel met die verkoop van sulke strikkies vir hofsake waarin joernaliste in die toekoms gewikkel kan wees.

Die pen was nog altyd magtiger as die swaard.

’n Swart strik kan die ink wat nodig is vir die vrye vloei van inligting simboliseer.

Alle Suid-Afrikaners wat hierdie oortuiging deel, moet nou saamstaan om die regering se aanslag op ’n vrye media te stuit.

Monday, August 30, 2010

PROTESLETTERKUNDE

My Brief in By (Beeld) 4 September

Gebruik elke druppel ink - die nuwe protesletterkunde is hier

Die skrywer John Miles lamenteer tereg die de-ja-vu gevoel met die regering se beoogde Wet op die Beskerming van Inligting (By 28.8.2010). Miles bevind hom in die uitgelese geselskap van mense soos Andre P Brink, J.M Coetzee en Nadine Gordimer, wat hulle onlangs in die openbaar uitgespreek het teen die regering se voorneme om vryheid van spraak aan bande te lê. Hierdie skrywers beskik oor die morele hoëgrond omdat hulle juis deur middel van die geskrewe woord en aandrang om te weet wat van Jan Publiek weggehou word, ‘n onskatbare bydrae gemaak het om ‘n moreel onverdedigbare politieke stelsel omver te werp.
Die huidige aanslag op vryheid van spraak is die duidelikste boodskap nog dat die ANC nie werklik verbind is tot die demokrasie nie. Daarom is dit my vermoede dat ons op die drumpel van ‘n nuwe protesletterkunde staan. Sogenaamde betrokke letterkunde was mos juis die mantra van die Sestigers. Om weer betrokke te skryf en die huidige regering se magsvergrype bloot te lê, bied weereens oneindige uitdagings sowel as inspirasie aan die veterane en nuwe stemme van die Afrikaanse letterkunde. Kuns en die lettere is weereens alles behalwe ‘n luukse, dis ‘n noodsaaklikheid om ‘n regverdige samelewing te help skep. Die fascistiese ondertone van die huidige bewind is onmiskenbaar met planne vir ‘n media tribunaal en staatsbeheer oor inligting om so onbeperkte mag in die hande van die regering te plaas.
Sonder vryheid van spraak stuur ons op ‘n polities maatskaplike ramp af wat ons drome van ‘n vry en regverdige Suid-Afrika vir al sy mense vir eens en altyd in die wiele sal ry. Waar ‘n ondemokratiese minderheidsregering nie staande kon bly teen die aanslag teen hom nie, het swart nasionalisme ‘n dekmantel geword om ‘n soort legitimiteit aan ‘n ewe ondemokratiese meerderheidsregering te verleen. So beskou is vryheid van spraak die belangrikste skans teen ‘n outokrasie wat, alhoewel vroom voorkom as gevolg van ‘n geromantiseerde bevrydingstryd, dieselfde hubris as ‘n onwettige wit minderheidsregering vertoon.
Deur die eeue heen was die pen nog altyd magtiger as die swaard. Om ‘n ware grondwetlike demokrasie te bestendig moet nou die muse wees vir kunstenaars van alle genres, veral die geskrewe woord.
Nog ‘n magtige pen in die hande van gewone mense is die een waarmee kiesers aanstaande jaar ‘n kruis by die stembus trek. Skrywers en kiesers kan nie bekostig om ‘n druppel ink te vermors nie. Kritiese denke het weer nuwe betekenis verkry. Ons moet almal, terwyl ons nog die geleentheid het, outokrasie afskryf en uit stem.

Sunday, August 29, 2010

TSHWANE BUSDIENS FIASKO

DIE REDAKTEUR

REKORD


NOG 'N VERSPEELDE KANS VIR PRETORIA BUSDIENS

Die weiering van die Tswane raad om die amptelike opposisie se mosie oor ernstige probleme by die busdiens te laat dien vir bespreking by die pas afgelope maandelikse raadsvergadering was ‘n verspeelde kans om oor sinvolle oplossings te besin.
Sedert 1 Julie vanjaar heers daar groot verwarring en gepaardgaande ongelukkigheid onder pendelaars oor die nuwe kaartjiestelsel wat die Tshwane raad sonder vooraf konsultasie of kommunikasie met belanghebbendes geimplementeer het.
Die ongelukkige toedrag van sake benadeel nie alleen pendelaars wat afhanklik is van openbare vervoer nie, dit maak ook geen bydrae vanuit ‘n besigheidsoogpunt tot die busdiens nie.
Die stad se busdiens is ‘n brood-en-botter aangeleentheid wat nie ‘n party politieke kwessie behoort te wees nie. Die amptelike opposisie vind dit daarom onbegryplik waarom die Tshwane raad ‘n eensydige en hardvogtige benadering tot hierdie kwessie inneem.
Omdat alle pogings om met die Tshwane raad in gesprek te tree oor die busdiens op niks uit geloop het nie, oorweeg die amptelike opposisie sy opsies om die saak verder te neem met die oog daarop om die publiek se belange te bevorder. Soos hulle in engels se, watch the space.

Vriendelik, die uwe

Francois Bekker

Monday, August 16, 2010

BRIEF IN BEELD


As ANC stemme verloor, word sy verbintenis tot demokrasie getoets
Francois Bekker van Lynnwood skryf

Absolute mag is die ANC se mantra om swart nasionalisme te bevorder ten koste van ’n diverse gemeenskap met verskillende belange en aspirasies.

Dié toedrag van sake word vererger deurdat ’n elite in die regerende party swart nasionalisme vir eie gewin misbruik. Oorweeg die volgende in dié verband:
• Die huidige aanslag op ’n vrye media en beoogde wetgewing wat daarop gemik is om inligting te beheer, is simptomaties van ’n regerende party wat besef hy is besig om steun te verloor.
• Die skeiding tussen party en staat vervaag met politieke aanstellings om onafhanklike instellings te koöpteer ten einde diensbare instrumente vir die regerende party te wees.
• Die leuen wat die ANC/Cosatu/SAKP-alliansie is, word al hoe moeiliker om te bestuur weens onversoenbare ideologieë wat kunsmatig bymekaargehou word ter wille van mag. Dit vererger binnegevegte met ’n verlammende uitwerking op dienslewering.
• ’n Historiese geheueverlies ten opsigte van die Afrikaner se bydrae tot die land met moedswillige pleknaamveranderings werk vervreemding in die hand.
• Eurosentriese invloede word as uitheems afgemaak as sou dit nie versoenbaar met ’n demokratiese Suid-Afrika wees nie.
Wyle dr. Frederik Van Zyl Slabbert het daarop gewys dat die ANC se verbintenis tot die demokrasie getoets sal word as hy verkiesings begin verloor.

Die ANC het reeds ’n provinsie en talle munisipaliteite oor Suid-Afrika heen aan die amptelike opposisie afgestaan. Alles dui daarop dat die ANC betekenisvolle verkiesingsverliese in volgende jaar se munisipale verkiesing gaan ly.

Skielik pas demokratiese elemente soos ’n vrye media die regering nie meer nie.

Die ANC van vandag is nie die ANC van Nelson Mandela wat ’n hoë premie op vryheid, verdraagsaamheid en nasiebou gestel het nie.

Friday, August 13, 2010

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM




SPELERS: ANNA-MART VAN DER MERWE; GYS DE VILLIERS
REGIE: REGARDT VAN DEN BERGH
PUNTE: 7 UIT 10
Resensent: Francois Bekker


Gebaseer op Marita van der Vyver se gelyknamige roman vertel dit die verhaal van ‘n tienermeisie wie graag haar fantasievlugte op papier neerpen. Dit bied haar ideale ontvlugting van haar gesinslewe, nie ‘n vreemde versugting vir tieners nie. Wanneer die gesin, ‘n tipiese uitgebreide gesin, gaan vakansie hou op ‘n afgeleë plek, word Hanna gekonfronteer met haar gesin se onwaarskynlike sjarmes om uiteindelik met deernis na haarself en haar familie te kyk.
Hanna Hoekom is ‘n wonderlike fliek gebeurtenis. Die rolverdeling is nommerpas, die situasieskepping is geloofwaardig, en die storie se hart sit op die regte plek.
Van der Vyver se verhaal het wonderlike metafisiese nuanses. Die fantasie elemente is knap verfilm en ondersteun Hanna se geestelike reis oortuigend.
Die toneelspel is baie goed en regisseur Regardt van den Bergh bevestig waarom hy as een van ons land se beste rolprentregisseurs beskou word.
Dit is ‘n rolprent wat homself nooit te ernstig opneem nie. Hanna Hoekom is so Afrikaans soos snoek en soetpatats. Nie sentimenteel nie, nie over the top nie. Net ‘n lekker storie met verrassende motiewe wat bewys dat jy nie uitspattige stories met Hollywood begrotings nodig het om ‘n goeie fliek te maak nie.

Tuesday, August 3, 2010

BACK TO FINGER-WAGGING (My letter in Business Day)


The oppressive circumstances of the 1980s were well encapsulated by Pieter Dirk Uys’s satirical portrayal of PW Botha, a finger-waving autocrat declaring: “The army is here, the police are here, and the press is not here. Therefore we are in charge.”
Who thought we would return to those days?
The late Dr Frederik Van Zyl Slabbert warned that the African National Congress’s (ANC’s) commitment to democracy would be tested once they started losing elections. The ANC has already lost a province and municipalities throughout SA to the official opposition, and seen a decline in support during last year’s general election.
Placing a higher premium on power and control, the ANC feels uncomfortable with institutions such as opposition parties and the media calling it to account and insisting on effective and transparent government.
Failing the Slabbert test regarding its commitment to democracy, the ANC is now calling for totalitarian measures that remind one of a finger-waving PW Botha rejoicing at the absence of the media. Freedom of speech and a free media are the oxygen of a viable democracy. Any attempt to suppress it must be met with fierce resistance.
The introduction of a media tribunal and legislation for the protection of information will be a slide back to the dark days of apartheid. With the ANC reluctant to provide opposition parties in Parliament with adequate answers when asked about the way Cabinet ministers conduct their business, it is often only the press that stops at nothing to expose incompetence, corruption and skewed ideological objectives promoting hidden agendas.
Media restrictions must be declared the number one enemy of a free society and resisted at all costs. Let independent thinkers, opposition parties, etc offering alternative ideas to the ruling party’s policies be labelled and insulted as much as the ANC likes, but heaven forbid the erosion of our hard-earned freedom, underscored by a constitutional democracy. Never again must the people be delivered to the whims of a self-serving government. If the ANC waves its PW finger, it must be answered with the middle finger.
Francois Bekker
Via e-mail

Monday, July 26, 2010

DA FEDERALE KONGRES KAAPSTAD 2010







Die pas afgelope DA kongres wat in Kaapstad gehou is het bewys dat hierdie party gereed is om die party politieke landskap in Suid-Afrika betekenisvol te herskik. Die leier van die Onafhanklike Demokrate (OD), Patricia de Lille, het die kongres onder luide applous toegespreek. Bruilofreëlings tussen die DA en die OD is goed onder weg en sal 'n regte stap wees oppad na brood nodige politieke herskikking om die ANC suksesvol by die stembus uit te daag.

Wednesday, July 14, 2010

THE MAID (LA NANA)


SPELERS: CATALINA SAAVEDRA; CLAUDIA CELEDON
REGIE: SEBASTIAN SILVA
PUNTE: 9 UIT 10
Resensent: Francois Bekker
(Spaans met Engelse onderskrifte)

Om jouself op die periferie van die lewe te bevind, uitgesluit en afgesonder van ander. Die lewe van ‘n huishulp word hier as ideale metafoor ingespan om ‘n eensame lewe en ‘n gebrek aan selfwaarde te verbeeld.
Reeds etlike jare in die diens van ‘n Chileense gesin, stem Raquel se omstandighede ooreen met tipiese huishulp situasies. Alhoewel deel van haar werkgewers se lewens is sy ook uitgesluit, alleen en vasgevang in die daaglikse sleur van roetine. Haar fisiese leefruimte is klein en ingeperk binne die opset van ‘n huishouding wat hoë eise aan haar stel. Sy word die geduldige slagoffer van haar omstandighede. Enersyds word die huis haar tronk wat terselfdetyd haar koninkryk is waaroor sy jaloers waak. Wanneer haar werkgewers nog iemand aanstel om haar las ligter te maak hanteer sy hulle as indringers wat so gou moontlik uitgewerk moet word. So beskou is dit haar geestelike ruimte wat beperkings op haar plaas.
Sonder spesiale effekte en met ‘n spesifieke fokus, ontvou ‘n aangrypende persoonlike reis binne die ruimte van ‘n enkele huishouding. Dis juis hierdie gefokusde blik op wat andersins as alledaags beskou word waarin The Maid se trefkrag lê. Daar is nie musiek wat aan die kyker voorskryf hoe om oor die verhaalgegewe te voel nie. Die kamera betrek die kyker by die intieme binnekamers van ‘n huisgesin om jou soos ‘n voyeur te laat voel. Hier is nie sprake van geykte rolprent konvensies soos soetsappige musiek of slim kamera skote ter wille van effek nie. Karakterontwikkeling is by uitstek geloofwaardig en wanneer jy die teater verlaat, beskou jy die lewe in ‘n nuwe lig. Vasgevang in ons eie selfopgelegde ballingskappe lê daar binne ons die versugting om uit te reik na buite. Wanneer Raquel daardie eerste klein treë na persoonlike vryheid neem, ‘n katarsis wat moeisaam gebeur, beleef die kyker dit met ‘n bevrydende gevoel wat opnuut herinner aan die menslike vermoë om bo sy omstandighede uit te styg.
The Maid is ‘n strak rolprent met ‘n intense realistiese gevoelswaarde. ‘n Kunsfilm in die ware sin van die woord. Verpligte kykstof vir die ernstige fliekganger.

(Die rolprent vertoon tans by Cinema Nouveau, Brooklyn)

Saturday, July 10, 2010

GROWTH IN DA SUPPORT HERALDS NEW DAWN


By Francois Bekker

(Lead article in DA Pretoria East Gazette)

The growth in DA support from 1 % (2009) to 11% in a by-election held recently in Hammanskraal, an ANC stronghold, is a clear indication that voter patterns are slowly but surely changing. Any voter mobility adds value to a viable multiparty democracy.
Communities across the racial and cultural spectrum are bearing the brunt of the ANC’s inability to render effective service delivery. Adding insult to injury, the ruling party in Tshwane is paralysed by infighting and a self serving political agenda that is not putting the interests of the people first.
The DA is committed to offer voters across the board a clear choice between continued lack of service delivery as perpetuated by the ANC or the DA’s commitment to effective service delivery that is underlined by transparent and accountable governance.
True political leadership does not derive from misplaced arrogance with power vested in office bearers who abuse their positions to enrich themselves at the cost of the people. Politicians are elected to serve the community, a concept evidently foreign to the ANC.
The DA’s growing support at the expense of the ANC is in the best interests of our democracy. Since the ANC was elected to power in 1994 it saw no progressive transformation to align itself with the challenges of the new South Africa. The ANC failed dismally to transform itself from a liberation movement to a genuine political party subscribing to the spirit of the constitution. This resulted in a power hungry political entity that is unable to govern effectively. Resisting any attempt to constrain power abuse, the ANC is co-opting supposed independent institutions.
The Democratic Alliance offers South Africa a clear and better alternative, namely the Open Opportunity Society. This type of society promotes a constitutional democracy constraining power abuse. It recognises the Rule of Law to assure that everyone is equal before the law. Furthermore it enshrines the freedom of speech, a free press and promotes opportunities for every citizen, regardless of class, creed or orientation to realize his or her ideals and dreams in life.
Communities across the board should realise that protest marches and toy-toying will not bring about changes in their daily lives. Elections afford communities the opportunity to claim back their power by exercising their democratic right at the ballot box.
The significance of the DA’s performance in the Ward 74 by-election is that voters continuously realise that politics is about choice. Although political support patterns won’t change over night, this realisation must inspire voters to open up to alternative offerings that will change their quality of life for the better. Already in power in the Western Cape, Cape Town and many other municipalities, the DA is also a party in government. This trend will continue as more and more people come to realize that where the DA governs service delivery is not an empty promise.
Addressing the bread and butter issues on grassroots level will pave the way for the opposition to change the party political landscape with a bottom-up approach. As Prince Otto von Bismarck declared:” Politics is the doctrine of what is possible.”

SELEBI (My brief in Beeld)



Die voormalige polisiehoof, Mnr Jackie Selebi, se skuldigbevinding aan korrupsie het ontleders baie opgewonde gehad oor die onafhanklikheid van die regbank. Die opgewondenheid is natuurlik voortydig. Of Selebi ooit die binnekant van ‘n tronk sal sien sal die tyd leer. Ek waag ‘n voorspelling in hierdie verband. Selebi ly waarskynlik aan ‘n senusiekte wat die owerheid sal noop om hom na ‘n private kliniek te stuur waar hy behandel kan word. Daarna sal ons meegedeel word dat hy terminaal siek is en dat dit net menslik is dat hy by sy familie moet wees. Intussen sal sy gholf voorgee met rasse skrede verbeter.