Tuesday, January 18, 2011
ONS KORT MEER SOOS CARIN VISSER
(My brief in vandag se Beeld)
Wat Suid-Afrika kortkom is meer mense soos me Carin Visser van Noordwes. Sy verpersoonlik die twee keuses wat ons in hierdie land het.
Die een keuse is om te onttrek en jou heil te soek agter hoĆ« veiligheidsmure weg van jou buurt, jou stad en jou land se probleme, . Ook genoem interne immigrasie. Dis ‘n valse oplossing. Uiteindelik woon niemand op ‘n eiland nie. Die verval om jou gaan jou uiteindelik inhaal – niemand kan dit ontsnap nie.
Die ander opsie is om betrokke te raak soos Visser wat die verval van Sannieshof aan die groot klok gehang het, die gemeenskap gemobiliseer het en met sinvolle alternatiewe vorendag gekom het. Haar besluit om ‘n kandidaat vir die DA te wees in die komende plaaslike verkiesings sal haar nou bemagtig om met politieke oplossings vorendag te kom.
Almal se betrokkendheid kan verstaanbaar nie dieselfde wees nie. Aan die een kant van die kontinuum is daar Carin Visser wat inspring en die bul by die horings pak. Aan die ander kant is daar die kieser wat registreer en gaan stem. Dit is slegs betrokkenheid wat wanadministrasie en swak regering aan die kaak stel in die soeke na haalbare alternatiewe.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment