Friday, November 25, 2011
ANC SE GEBREKKIGE INSIG GEE OPPOSISIE 'N GULDE GELEENTHEID
(My brief in vanda se Beeld)
Die ANC het sy eerbare ideale finaal die rug toegekeer deur ten gunste van die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te stem.
’n Vrees vir die waarheid het die regerende party genoop om sy hegemonie te gebruik ten koste van redelikheid, deursigtigheid en verantwoordbaarheid. Soveel stemme vanuit uit¬- eenlopende oorde het opgegaan teen hierdie wetsontwerp. Om bloot sy meerderheidstem in die parlement te gebruik, druis in teen die gees van ’n werklik lewensvatbare demokrasie.
Wat hou die toekoms in? Myns insiens het die ANC die geveg gewen terwyl hy die oorlog verloor.
Die ANC besit nie meer die morele hoĆ« terrein nie. Gewone Suid-Afrikaners voel al hoe meer vervreemd van hierdie party, wat slegs in eiebelang regeer. Dis ’n sukkelende party wat gekortwiek word deur binnegevegte, korrupsie en die onvermoĆ« om basiese dienste van gehalte te lewer. En nou het die ANC die duidelikste sein nog gegee dat hy nie verbind is tot ware demokrasie nie.
Opposisiepolitiek het nog nooit so ’n gulde geleentheid gehad om munt te slaan uit die ANC se gebrekkige insig in die waarde wat Suid-Afrikaners aan ’n lewensvatbare demokrasie heg nie.
My voorspelling is dat die finale oordeel by die stembus gevel sal word en dat die regerende party baie spyt gaan wees omdat hy die geskiedenis verkeerd vertolk het.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment