Thursday, September 13, 2012

DIE WONDERWERKER

(My resensie oor  hierdie Afrikaanse rolprent)


Om die enigmatiese, veelsydige en briljante Eugene Marais se siel bloot te le. Dit was die uitdaging wat Katinka Heyns (regisseur) en Chris Barnard( draaiboek) op hulle geneem het. Wat op die grootskerm ontvou, is 'n liefdesdaad wat Marais en die ander karakters in hierdie episode van sy lewe met deernis uitbeeld.

Dit vertel die verhaal van 'n gesin wat Marais tydelik verblyf aanbied as hy op 'n dag met 'n hoe koors op hul plaas opdaag. Wat volg is 'n veelvlakkige manifestasie van Marais se leefwereld en wereldbeskouing wat sy tyd vooruit was. Ook die foltering van buitestaander wees en ' n ewige verlange na sy vrou wat hom vroeg ontval het. Teen die agtergrond van 'n patriagale gemeenskap verstaan 'n mens iets van Marais se posisie wat verskillende reaksies op sy swerwersbestaan, anders kyk na die lewe en diepe nuuskierigheid na 'n wye reeks verskynsels ten gevolg gehad het. Dit ontlok bewondering,spanning en diep menslike intrige wat die omtes van die hart verken.

Die sonderlinge liefdesverhaal tussen Marais en die jong Jane Bradshaw word op sober wyse aan die bod gestel.  Ook is die emosionele ontwaking wat Marais by die plaasvrou ontlok, verfrissend. Die blootle van die rigiede patriagie van destyds is egter nie 'n nuwe tema nie.  Marius  Weyers se karakter bied weinig nuut met die nuanse van hierdie verhaallyn.

Marais se morfienverslawing word met eerlikheid en deernis hanteer. Wat mynsinsiens te kort skiet is die feit dat Marais se fenominale skrywersgees, Marais het van die mooiste verse in Afrikaans neergepen, net in die verbygaan genoem word. Dit is soos om 'n fliek oor Shakespeare te maak en nie sy pennevrug of kunstenaarskap onder die loep te neem nie.

Goed gefotografeer, goeie toneelspel en stemmingvolle regie. Vraag is, sit die fliek se hart op die regte plek?   Andersins beslis die moeite-werd om die fliek te sien.

4 comments:

  1. Francois, ek stem. Pragtige film, maar ek was teleurgesteld in die afwesigheid van Eugene die digter... Amper asof sy digkuns 'n stappie terug moet staan vir sy wetenskaplike idees en eksperimente.

    ReplyDelete
  2. Niel Julie 2016
    Wat n fantastiese gevoel!! Wel gedaan.

    ReplyDelete
  3. Niel Julie 2016
    Wat n fantastiese gevoel!! Wel gedaan.

    ReplyDelete
  4. Dit na al die jare ontdek op ShowMax. Was baie goed.

    ReplyDelete