Saturday, September 27, 2014

TSHWANE-HALLUSINASIES KOM TSHWANE-INWONERS DUUR TE STAAN


      (My brief in Donderdag se Beeld)                                                    

Leë retoriek verkry 'n nuwe betekenis met die Tshwane-burgemeester se amateuragtige skadebeheerpogings oor die gekanselleerde TribeOne Dinokeng-musiekfees. Volgens hom is geen geld vermors nie. Die R40 miljoen is bloot belê.

Nie net is die vermorsing van miljoene rande (die inwoners se belastinggeld) verraad teenoor belastingbetalers en arm gemeenskappe wat dringend infrastruktuurontwikkeling wil sien nie, maar die burgemeester se sotlike opmerkings is boonop 'n belediging vir die inwoners se intelligensie.

Die DA het herhaaldelik gewaarsku oor die tekortkominge van die beplande fees, moontlike vrugtelose uitgawes en die akute behoefte aan dienslewering. Die ANC geleide Tshwane metroraad se hallusinasies oor lugkasteelprojekte kom die stad baie duur te staan terwyl diensleweringbeloftes in die niet verdwyn.



No comments:

Post a Comment