Thursday, December 9, 2010

SPUD


Spelers: Troye Sivan; John Cleese
Regie: Donovan Marsh


Die boek Spud deur John van der Ruit het die afgelope twee jaar kultusstatus bereik. ‘n Rolprent verwerking daarvan was onvermydelik. Vir mense soos ek wat nie die boek(e) gelees het nie - nie juis my voorkeur genre nie –het daar ‘n heerlike verrassing op die grootskerm gewag.
Wat aan die bod kom is seunskind dinge by ‘n elite kosskool in Natal. Was puberteit teen ‘n eg Suid-Afrikaanse agtergrond al ooit so kostelik, humoristies en getrou uitgebeeld? Van der Ruit het met Spud karakters geskep waarmee ons kan identifiseer. Die nuuskierigheid en onbeholpenheid van die jeug word met soveel deernis geskets.
‘n Persoon wat ‘n besondere invloed op veral Spud het, is die Engelse onderwyser, the Guv , so genoem deur die seuns. Hy maak staat op die lettere en sy eie lewenservarings om die seuns voor te berei vir die grootmenslewe.
Die kyker kan Spud op twee vlakke geniet. Ondeund, meermaal stuitig en uitbundig – ideale Slush Puppy vermaak vir ‘n Saterdagaand. Wat my egter opgeval het is die terloopse intertekstualiteit met letterkundige werke soos Samuel Beckett se Waiting for Godot. So beskou het Spud ‘n eksistensiĆ«le subteks vir die oplettende kyker wie dieper wil analiseer. Hoe ookal, Spud is rolprentvermaak uit die boonste rakke. Moet dit nie misloop nie. Spud kry 8 uit 10.

No comments:

Post a Comment